wordpress visitor



Hoofberig - Augustus 2010 uitgawe

Reitz 4 saga skrei ten hemele

Hoe langer die saga van die sg. Reitz 4 duur, hoe erger skrei dit ten hemele. Vier bona fide blanke studente, midde-in studentepret en hoogspanning oor gedwonge koshuisintegrasie en raskwotas, tas in 'n video vir interne doeleindes die waardigheid van vier swart universiteitswerknemers in 'n ligte graad aan.
Lees meer...

Boertjiesports!
Oorspronklike boeresport, oftewel Boertjiesports op sy beste, is een van die talle items op die jaarlikse Boertjie Kontreifees wat 2 - 5 September 2010 te Bultfontein aangebied word.

Foto: Joline van Rooyen
Jongste nuus
Geskiedkundige ooreenkoms tussen Vrystaat besigheid en regering - 30/08/2010
'n Geskiedkundige ooreenkoms is op 20 Augustus 2010 in Bloemfontein onderteken tussen die AHI Vrystaat en die Vrystaatse Provinsiale Regering ten einde dienslewering op verskillende vlakke te verbeter. Dit volg op intensiewe onderhandelinge tussen die twee kante en 'n beraad op 20 Augustus by die Protea Hotel Bloemfontein. Ingevolge die ooreenkoms gaan samewerkings-komitees gestig word op dorpe bestaande uit twee lede elk van die AHI, die plaaslike munisipaliteit en die provinsiale regering ten einde saam te besin oor beplanning, begroting, prioriteite en dienslewering. Die ooreenkoms is onderteken deur mnre. Ben Deysel, president van VS AHI en Deon Huysamer, nasionale president van die AHI aan die een kant en mnre. Mxolisi Dukwana, LUR vir Ekonom iese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake en Seiso Mohai, LUR vir Finansies, aan die ander kant. As sulks is die ooreenkoms 'n eerste nie net vir die Vrystaat nie, maar in die land. Vir meer besonderhede, skakel Jannie Kruger van die AHI by 072 6269569 of janniek@ahi.co.za.
SANW vuurwapens, mortiere en vuurpyllanseerders gesteel - 30/08/2010
Minister van Verdediging en Militêre Veterane Lindiwe Sisulu het skriftelik bevestig dat 183 vuurwapens, 5 mortiere en ses vuurpyllanseerders in die SANW gesteel en verlore geraak het sedert 2007. In reaksie hierop sê die VF Plus: “Dit is uiters kommerwekkend dat outomatiese aanvalsgewere soos R5 en R1 vuurwapens gesteel word in die Weermag. Dit is juis hierdie tipe wapens wat veral in transitorooftogte gebruik word, maar ook nou in rooftogte by winkelsentrums en selfs plaasaanvalle. Wat meer kommerwekkend is, is die feit dat vuurpyllanseerders en mortiere ook gesteel en/of verlore geraak het. Daar kan met reg gevra word hoekom word vuurpyllanseerders gesteel, want dit word gebruik teen tenks en voertuie. Hoe lank voor die ammunisie ook gesteel word?&rdqu o; Volgens die antwoord van die minister is daar sedert 2007 24 x 9mm pistole, 47x R5 (5,56mm), 87x R1 (7,62mm) en 1x 7,70mm gewere gesteel en of verlore. Vier 60mm en een 81mm mortiere is gesteel en drie 88mm, twee 40mm en een 70mm vuurpyllanseerders is gesteel en of verlore.