adendorff bannier

Ek lees tans die boek Wanneer julle vas van die Amerikaanse pastoor Jentezen Franklin en dit is nogal ‘n oogoopmaker oor die konsep van vas. Franklin sê Jesus het basies drie opdragte gegee: Bid, gee en vas – soos hy sê, ‘n driedubbele tou wat nie maklik verbreek word nie.
Voordat Jesus met sy bediening begin het, het Hy 40 dae en nagte gevas en daartydens die Satan verslaan, waarna Hy met sy rits wonderwerke begin het (Matt. 4:1-11). In Mark. 9:28-29 het Jesus gesê ‘n bepaalde hardnekkigheid van die Satan kan net oorwin word deur gebed en vas.
Vas speel ‘n groot rol regdeur die Bybel vir geestelike verdieping en oorwinnings – slaan maar self na. Iemand het dit só opgesom: Dit was deur te eet dat Adam die Paradys vir ons verloor het en dit was deur nie te eet nie, dat Jesus dit teruggewen het.
Daar is iets geweldigs Geestelik daarin om jouself ‘n tyd van kos te onthou en jou aan God te wy. Franklin sê daar is verskillende maniere van vas – geheel van vaste kos en net water drink, van net sekere kosse, ens. Vas kan ‘n dag of meer wees, ens.
Dit is die basiese boodskap – die Woord en die boek van Franklin het meer besonderhede. Lees dit gerus, dit het die potensiaal om lewens positief om te keer.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits