ditsem website banner no 1 2017

-►ANN7 DStv en New Age koerant deur Manyi vir R450 miljoen verkoop aan blanke hater -►DA sê kernooreenkoms is sopas bewys as deel van Zuma staatskaping -►NWU Fakulteit van Ingenieurswese lewer unieke sonaangedrewe motor -►R30,4 million people in South Africa of 55% live in poverty – Stats SA -►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Angus-projek: Verblyfkrisis opgelos

Die verwagte 1 miljoen mense wat Angus Buchan hoop om op 22 April op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein byeen te bring om vir Suid-Afrika en sy probleme te bid, sal moontlik ‘n groot tekort aan verblyf in die Rosestad meebring. Volgens Isabel Nel, voorsitter van die Bloemfonteinse Verblyfvereniging (BAA), is feitlik alle gastehuise reeds bespreek en waglyste word al opgestel. Toe kom ‘n briljante voorstel van gastehuiseienaar Gerda-Marie van Zyl: As mense in Bloemfontein hul huis, woonstel of ‘n kamer beskikbaar sal stel vir diegene wat wil kom saambid, kan dié probleem opgelos word. Daar word beplan om soveel moontlik gastehuise te betrek om te help met verwysings. Bloemfonteiners wat wil deelneem aan die Angus-projek kan enige van dié gastehuise bel en hul kontakdetail gee. “Ons Bloemfonteiners wat wil gaan bid, is bevoorreg om nie enige verblyfskoste te hê nie. Dis ‘n gulde geleentheid om met ‘n klein opoffering ‘n boodskap van opregte omgee en eensgesindheid na die res van Suid-Afrika uit te dra,” sê Van Zyl.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits