Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Getuienis van redding

Ek het die voorreg gehad om ʼn oud-kollega oor baie jare te groet. Op die begrafnis van Jimmy Barnard, Gideon van Randfontein-laer in Oktober 2013, het Johan aan my gesê dat ons ouens wat aan “hierdie goed” glo, seker reg is. Hy glo nie daaraan nie. My mond het oopgeval van verbasing. Voor my het ʼn uiters intelligente en begaafde mynbestuurder gestaan, wat op ʼn stadium saam met Jimmy as Inspekteur van Myne groot naam gemaak het vir homself. Ek kan nie my antwoord onthou nie. Sedert daardie dag het ek voortgegaan om hom op sy verjaarsdag te skakel en geluk te wens, soos dit die laaste 25 jaar die geval was. Verlede week het ek ʼn oproep gekry wat sy naam op die selfoonskerm vertoon het. Die stem was skaars hoorbaar en heeltemal onbekend. Hy moes drie keer sy naam sê voordat ek besef het dat dit wel Johan is. Hy noem dat hy terminaal aan keelkanker in die hospitaal lê, en dat hy so swak is dat hy nie die groot Bybel kan vashou nie. Sy versoek was egter verrassend: “Kan jy asseblief een van daardie 12 Apostels Bybeltjies vir my saambring?” Moet erken dat ek al baie benamingsweergawes van ons Gideons Testament gehoor het, maar hierdie een was uniek. As ek nie geweet het dat hy in saal 3D se bed lê nie, sou ek hom nie herken het nie. Wanneer mens 40 kg verloor en skaars kan praat, met pype en naalde oral in jou arms en nek gedruk, lyk mens bietjie anders as wanneer jy gesond is. Na ons gegroet het, het ek gevra of hy sy lewe met die Here reggemaak het. Weer verras hy met sy antwoord: “Drie jaar gelede het jy vir my op Jimmy se begrafnis gesê dat ek my lewe aan die Here moet oorgee, want eendag sal ek voor Hom moet staan. Wel, daardie woorde het vir ʼn jaar by my gespook, en uiteindelik het ek die kerk naby ons se leraar gaan besoek. Hy het my na Jesus gelei, en tot onlangs was ek deel van ʼn selgroep. My vrou het ook tot bekering gekom, en daar is baie mense wat vir my bid.” Ek weet ek sal hom nie weer in lewende lywe sien nie, maar hy sal daar voor God se troon wees dié dag wanneer ook ek huiswaarts keer. Aan God al die eer.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge