ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Die diep water

Van dr. Robert Schuller se stokperdjies was die teel van koi-visse. Toe hy gevra is waarom party groot word terwyl ander klein bly, het hy geantwoord: “As 'n koi-vis in 'n klein tenk bly, sal dit nooit langer as 5 tot 8 cm word nie. In 'n groter poel kan hulle tot 25 cm lank word - in 'n dammetjie soos myne sal hulle 45 cm lank word - maar as hulle in 'n groot dam bly waar hulle vrylik kan rondswem, kan hulle tot 'n meter lank word.
“Die grootte van die dam bepaal die grootte van die vis. Net so lewer klein idees in kleinlik-denkende breins klein prestasietjies. Maar klein idees wat deur groot-denkende breins aangegryp word, lewer enorme prestasies.”
Jesus het gesê: “Wat julle glo, sal gebeur” (Matt 9:29 NV). Die grootte van jou geloof en jou visie bepaal die uitkoms van jou idee.
Edison het elektriese ligte gratis in 'n kantoorgebou geinstalleer vóórdat enigeen selfs daarna kom kyk het. Die eerste naaimasjien wat ontwerp is, is deur 'n gepeupel in Frankryk vernietig. Morse het tien jaar gewag voordat die wéreld in sy telegraaf belang gestel het. En toe die gedagte om per trein te reis voorgestel is, het mense dit afgelag, want daar is wyd geglo dat 'n rit teen 30 km per uur die bloedsomloop in 'n mens se liggaam sou onderbreek.
Ronald E. Osborn het gesé: “Onderneem iets moeiliks; dit sal jou goed doen. Tensy jy iets doen wat moeiliker is as wat jy reeds baasgeraak het, sal jy nooit groei nie.” Jy bereik in direkte verhouding tot wat jy probeer.
Dis waarom Jesus vir Sy dissipels beveel het: “Vaar uit na die diep water toe.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits