adendorff bannier

Wat is 'n wedergebore Christen?

Die Bybel gee vir ons 'n antwoord op hierdie vraag in Johannes 3:1-21. Die Here Jesus Christus praat met Nikodémus, 'n belangrike Fariseër en 'n lid van die Sanhedrin ('n owerste van die Jode). Nikodémus het in die nag na Jesus toe gekom. Nikodémus het vrae gehad vir Jesus.
In sy gesprek met Nikodémus sê Jesus, “...Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (Johannes 3:3-6).
Die term “wedergebore” beteken letterlik “geboorte van bo”. Nikodémus het werklik ‘n behoefte gehad. Hy het ‘n hartsverandering nodig gehad—‘n geestelike transformasie. Die nuwe geboorte, om wedergebore te word, is ‘n Godsdaad waar die persoon wat glo die ewige lewe geskenk word (2 Korinthiërs 5:17; Titus 3:5; 1 Petrus 1:3; 1 Johannes 2:29; 3:9; 4:7; 5:1-4, 18). In Johannes 1:12,13 lees ons dat wedergeboorte ook beteken dat ons kinders van God word deur te glo in die naam van Jesus Christus.
As jy nog nooit jou vertroue in die Here Jesus Christus geplaas het as jou Verlosser nie, sal jy die Heilige Gees se klop aan die deur van jou hart oorweeg? Jy het nodig om weer gebore te word. Sal jy hierdie gebed van belydenis vandag bid en 'n nuwe skepsel in Christus word:
“Here, ek weet ek het teen U gesondig en dat ek U straf daarvoor verdien. Maar Jesus Christus het hierdie straf, wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek deur geloof in Hom vergewe mag word. Ek plaas my vertroue op U vir my redding. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis en die gawe van die ewige lewe! Amen!”
Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, is dit die belangrikste besluit van jou lewe – deur die Heilige Gees sal jy in hierdie lewe ‘n kind van God bly en wanneer jy sterf, sal jy op die soenverdienste van Jesus oorgaan in die ewige lewe.
Getuig teenoor mense van jou redding, lees die Bybel elke dag, sluit aan by ‘n Gereformeerde Christelike kerk en loop saam met die Here jou pad.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits