adendorff bannier

God gebruik alle ervarings

sRomeine 8:28: En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, hulle wat na Sy voorneme geroep is.

Geen ervaring is 'n vermorsing as jy dit slim gebruik nie. God kan dit waardeur jy gaan, gebruik om jou te ontwikkel tot die persoon wat jy moet wees.

Moses het in pleegsorg grootgeword. As die aangenome seun van die Farao se dogter, het hy 40 jaar lank die taal en die lewenswyse van die Egiptenare aangeleer, maar hy moes egter ook 'n paar persoonlike lesse leer. God het hom toe 40 jaar in die woestyn laat bly om na skape om te sien. Die kleinseun van die Farao het 'n nederige skaapwagter geword.

Niks sal jou so nederig maak soos om 'n werk te moet doen waarvoor jy oorgekwalifiseer is nie, veral wanneer dit jou eie mislukking is wat dit veroorsaak het. Gedurende daardie jare in die arm deel van die dorp, het God vir Moses egter geleer om met mense wat swaarkry te identifiseer.

Uiteindelik, toe hy 80 was, was Moses gereed om sy roeping te vervul. Die punt is: Moses se 80 jaar van opleiding was nie vermors nie. 40 jaar in 'n paleis het hom voorberei om die Farao te hanteer, en 40 jaar in die woestyn het hom voorberei om God se mense deur die wildernis na hulle bestemming te lei.

Alhoewel jy eerder enige plek anders wil wees as waar jy nou is, onthou: God gebruik alle ervarings. Hy sal dit tot jou voordeel gebruik en tot Sy eer alleen.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits