adendorff bannier

Deur die drukpers

Toe kom Jesus by julle in ‘n plek met die naam Getsémané (Matt 26:36a)

Daar is tans van julle wat in hierdie seisoen ‘n geweldige hoeveelheid druk ervaar op grond van verskeie beproewings.

As dit is wat jy tans ervaar, dan is hierdie bemoedigende woord van die Vader vir jou. Die suiwerste en varsste olie kom van daardie olywe wat onde rdie mees intense druk geplaas word,

Netso gaan dit in ons lewens. Al mag jy nou ‘n groot hoeveelheid pyn en druk ervaar gaan die Vader hierdie dinge gebruik om ‘n vars vloei van sy Gees in jou lewe na vore te laat kom.

Besin saam met my oor die veeleisende taak om olyfolie te maak. Die hele proses sluit die maalproses in, die vermenging, selfs die skeiding van die water van die olie om die beste en suiwerste vorm van olyfolie te kry. Hoe meer kosbaar en suiwer die olie is, hoe meer veeleisend is die proses wat dit ondergaan om die onsuiwerhede te verwyder.

Klink dit bekend en praat dit van die seisoen waar jy tans is. Sommige van julle mag op die oomblik voel julle is in ‘n seisoen waar julle gemaal word, geestelik gesproke. Dit mag wel vir sommige van julle voel dat elke draai wat julle maak, ‘n hele stel probleme en pyn meebring.

Dit kan die vorm aanneem van siekte of gesondheidsprobleme Miskien is dit ‘n moeilike beproewing tuis of selfs met jou kinders. Sommige van julle mag onder erenstige finansiële druk verkeer.

Maar word bemoedig deur hierdie woord van die Here: Dit is onder die swaarste beproewings wat die vars olie van Sy Gees in jou lewe sal voortvloei.

Met die doel om dit te laat gebeur, verlang die Here dat ons sekere dinge van ons lewe moet SKEI en STROOP om ‘n STERKER VLOEI van Sy Gees voort te bring. Moenie die Here se skeiding- en stropingsproses verwens nie. Dit berei jou voor om in ‘n groter mate God se salwing en teenwoordigheid te dra en daarin te wandel.

Getsémané was die plek wat as oliedrukpers vir Jesus Christus gedien het. Die woord Getsémané beteken letterlik in Grieks  “oliedrukpers.” Dit is die eintlike plek wat Jesus onder die uiterse druk was oor die lyding wat op Hom gewag het, Hy het selfs begin om druppels bloed te sweet. Christus se Getsémané het gelei tot die kruis waar sonde en dood vir altyd vernietig is.

God se Gees is tans besig om “vars olie” op God se kinders te giet.

Hou moed, broers en susters, en as dit lyk asof jy in daardie plek van druk en verdrukking is, weet dat VARS OLIE oppad is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits