adendorff bannier

Aanvaar jou opdrag

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. - Efesiërs 2:10


Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U my gegee het om te doen.
- Johannes 17: 4

Jy is op aarde geplaas om 'n bydrae te lewer.

Jy is nie geskep net om hulpbronne te verbruik nie – om te eet, asem te haal, en ruimte in beslag te neem nie. God het jou ontwerp om 'n verskil te maak met jou lewe.

Jy gaan jou lewe gee vir iets. Sal dit 'n loopbaan, sport, 'n stokperdjie, roem of
rykdom wees? Nie een van hierdie sal blywende betekenis hê nie. Diens is die pad na ware betekenis. Dit is deur bediening dat ons die betekenis van ons lewens ontdek.

As jy nie betrokke is by enige diens of bediening nie, watter verskoning het jy tot nou toe gebruik? Abraham was oud, Jakob was onseker, Lea was onaantreklik, Josef was misbruik, Moses het gestotter.

Gideon was arm, Simson was afhanklik (co-dependent), Ragab was immoreel, Dawid het 'n buite-egtelike verhouding en allerhande gesinsprobleme gehad, Elia het selfmoordneigings gehad, Jeremia was depressief, Jona was huiwerig, Naomi was 'n weduwee, Johannes die Doper was eksentriek om die minste te sê.

Petrus was impulsief en het ‘n slegte humeur gehad, Marta het haar baie bekommer, die Samaritaanse vrou het verskeie mislukte huwelike gehad, Saggeus was ongewild, Thomas het getwyfel, Paulus se gesondheid was swak en Timoteus was skugter.

Dit is nogal 'n verskeidenheid van wanaangepastes, maar God het elkeen van hulle gebruik in sy diens. Hy sal jou ook gebruik, as jy ophou om verskonings te maak.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits