ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►11 000 Polisiebeamptes het nie bevoegdheid om vuurwapen te dra nie -►Hernude betogings op UV-kampusse verwag -►Reddersburg het nie water, maar inwoners kry rekeninge van R2 000 -►Vanderkloof en Hopetown ly swaar onder Eskom-beurtkrag a.g.v. bankrot munisipaliteite -►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Brian Dames skud Eskom-sakpatats uit -►Zuma verstewig staatskaping met greep op Energie, Staatsveiligheid en SABC -►Koerdiese selfbeskikking gewelddadig teengestaan deur Irak, Sirië en Iran -►Legendariese Juan Smith hang stewels finaal op -►19-jarige Wiaan Mulder vir Protea krieket gekies

Wonderbaarlike massabekerings in China

ʼn Pulitzer-pryswenner en skrywer van die boek The Souls of China: The Return of Religion after Mao, Ian Johnson, glo dat wat tans in China plaasvind, niks minder is as “een van die grootste geestelike herlewings in die wêreld” nie. Hy sê: “Mense in China is op soek na ‘n nuwe morele kompas vir die samelewing.” Johnson het ses jaar lank die “waardes en gelowe van moderne China” ondersoek en bevind dat die dryfveer van hierdie “godsdiensrevolusie” is ongeregistreerde kerke of sg. huis- of ondergrondse kerke, wat verbasend goed georganiseer is. Dit het daartoe gelei dat die getal Protestantse Christene in China van ongeveer 1 miljoen tot die huidige 60 miljoen toegeneem het. CBN News het ook hierdie ongekende herlewing gedokumenteer en bevind dat van die platteland tot die groot stede is daar ‘n nuwe geslag gelowiges wat die aangesig van die Christendom verander. In sommige gevalle raak hierdie herlewing selfs China se staatsbeheerde kerke wat bekend staan as die Drie-Self-Kerk. 'n Getuienis deur die Amerikaanse sendingpastoor Wayne Cordeiro oor die verstommende toegewydheid van Chinese Christene kan gesien word op die kort videogreep hieronder. Sien ook op die tweede videogreep met watter waardering Chinese Christene 'n eerste eie Bybel bejeën. Bekyk die videogrepe hier: Video 1 en Video 2

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge