adendorff bannier

In die tragiese stap-vir-stap uitskakeling van Afrikaans as onderrigmedium op universiteitsvlak het die Appèlhof op 28 Maart 2017 ten gunste van die nuwe taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat uitspraak gegee teen AfriForum en Solidariteit as appellante. Daarmee is die veldtog van laasgenoemde vir behoud van Afrikaans by die UV en indirek ook by die UP 'n ernstige terugslag toegedien. Daar word tans oorweeg om die Grondwethof te nader, veral aangesien daar uit die uitspraak van die Appèlhof uiteenlopende standpunte gehuldig word oor die betekenis van Artikel 29 van die Grondwet, wat handel oor o.m. die reg tot onderrig in die taal van keuse van die student, onderhewig aan praktiese uitvoerbaarheid. In hul uitspraak het die appèlregters erken dat die uitfasering van ‘n taal soos Afrikaans uit ‘n tersiêre taalbeleid die taal en diegene in die land wat dit besig, tot nadeel strek. Die enigste ander universiteit in die land waar Afrikaans nog 'n regmatige plek het, is die Noordwes Potch-kampus. Op die mediumtermyn sal dit interessant wees om te sien of die doemprofesie van dr. Theuns Eloff van die FW de Klerk Stigting gaan realiseer dat “die langste wat Afrikaans nog vir moedertaalonderrig by universiteite sal bestaan, is agt jaar.”

In 'n mediaverklaring sê Solidariteit Helpende Hand dit gaan vanjaar “die onderwysers van behoeftige skole regoor die land bystaan met die implementering van ’n spesiale kis vol onderwyshulpmiddels. Die projek, bekend as Juffrou se Skatkis, is daarop gemik om al die grondslagfase-klasse van skole te bevorder.
Die tekort aan die nodige Afrikaanse hulpmiddels is ’n groot probleem vir baie onderwysers in staatskole en daarom is onderwysers dikwels genoodsaak om hulpmiddels uit eie sak aan te skaf. Die Juffrou se Skatkis wil graag hierdie probleem uit die weg ruim deur toe te sien dat die regte hulpmiddels beskikbaar is vir elke klaskamer in die land. Die skatkis bevat skryfbehoeftes, pragtige Afrikaanse plakkate, legkaarte, blokkies en ’n springtou, asook ’n verskeidenheid handleidings.
Die hoogtepunt van die skatkis is egter die opvoedkundige hulpmiddels soos die Skillie Skilpad-reeks, ’n hulpprogram vir Afrikaans wat op KABV-kurrikulum gerig is.
Die reeks ontwikkel die leerders se ouditiewe taalontwikkeling deur rympies, liedjies, stories, vrae en geluide. Die WriteRight-reeks is ook in die kis om met behulp van helderkleurige houtprodukte die skryfvaardighede van die leerders te verbeter. Vir meer inligting oor die projek, kontak Marianda Schlebusch by 012 644 4390 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Met die afskaffing en afskaling van Afrikaans by universiteite en die streng toepassing van raskwotas teen blanke student as dit by kursustoelatings en beurse kom, wend al meer voornemende Afrikaanse studente hulle tot die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum vir beurse en studiegeleenthede.Laasgenoemde berig dat hulle vanjaar oorval is met ʼn rekordgetal aansoeke vir studiehulp, in so ʼn mate dat tot 5 000 voornemende studente nie met befondsing gehelp kon word nie.
Hierdie situasie het ontstaan ten spyte van die feit dat die studiefonds ’n rekordgetal van 1 500 studente in 2017 met studies gaan help ten totale beursbedrag van R40 miljoen - die grootste bedrag wat hierdie studiefonds nog uitbetaal het. Duisende oproepe van voornemende studente stroom steeds in en van dié wat nie gehelp kan word nie, word rekord van gehou met die oog op moontlike hulp later op ’n individuele grondslag.
Van die aansoeke wat ontvang is, is van studente wat talle onderskeidings behaal het, soos van twee susters wat saam 15 onderskeidings behaal het, maar finansiële ondersteuning nodig het om hulself onderskeidelik as ’n dokter en arbeidsterapeut te kan bekwaam. Maatskappye en individue wat skenkings aan die Helpende Hand Studiefondse maak, ontvang ’n groot belastingvoordeel en wil borg of ’n bydrae wil maak, kan dit doen deur te epos aan Stefan Pieterse by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of die Studiefondssentrum by 012 644 4428 te kontak of www.helpendehand.co.za/studiefonds/ te besoek.
Een van die tallose voorbeelde van hoe daar teen blanke studente gediskrimineer word as dit kom by studiebeurse, blyk uit die beskikbaarstelling deur die SA Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) van meer as 300 beurse vir Matrieks wat vir geoktrooieerde rekenmeester wil gaan studeer. Aansoeke vir die Thuthuka Bursary Fund is oop tot 30 April 2017, maar dit geld slegs vir swart en bruin aansoekers.

Veel stof en rook word opgeskop rondom die kampusrewolusie in SA en die aandrang van anargistiese swart studente dat universiteite in die land “gedekolonialiseer” moet word en vervang word met sg. Afrosentriese universiteite. Wat egter is die worteloorsaak van hierdie rewolusionêre aandrang?

In ‘n onderhoud gepubliseer in Volksblad het skrywer en dosent in Afrikaans aan die UV, Francois Smith, dit só raakgevat: “Dit begin by die studente wat glad nie toegerus is om op universiteit te wees nie. Dit begin by skoolonderrig. Kinders kry plein swak onderrig, met swak onderwysers en swak strukture.

“Voorts is daar die aandrang om so gou moontlik moedertaalonderrig te verlaat. Dit verswak ‘n hele generasie skoolkinders vir wie hul onderrig daarna ‘n stryd met taal is – hulle kry nooit die geleentheid om vakinhoud konseptueel baas te raak nie, want dis ‘n stryd om in Engels te verstaan.

“My ervaring op die Kovsie-kampus is dat op universiteit veels te veel studente is wat nie daar hoort nie. Dis ook as gevolg van die afskaffing van kolleges. Ons sit by ons departement met onderwysstudente wat nie op universteit hoort nie. Dis vir hulle net so frustrerend.

“Politici, SR-lede en politici van buite buit arm, sukkelende studente se frustrasie op ‘n absoluut siniese manier uit. Dan brand biblioteke en geboue.

“Daar is egter ook die teenpool van die biblioteekafbranders. Studente wat in groepies die biblioteek vol sit omdat hulle nie by hul huis, of waar ookal hulle loseer, geskikte studieruimtes het nie. Hulle sit en leer en met boeke voor hulle oop, tree hulle in debat met mekaar. Hulle werk hard.”

By hierdie siening kan aangesluit word deur te sê daar is ‘n geslag swart jongmense wat vanuit ‘n swak skoolstelsel en dikwels uit ‘n verbrokkelde gesinstruktuur geen gesag kan aanvaar nie en reken dat hulle op alles geregtig is en dit boonop gratis moet kry. Dit is dus ‘n diepgewortelde maatskaplike probleem, wat gespesialiseerde en langdurige remediëring of berading benodig – ‘n kapasiteit waaroor die land tans ooglopend nie beskik nie.

Daarteenoor wys die feite eenvoudig dat met goedfunksionerende voormalige sogenaamde Model C-skole met toegewyde blanke onderwysers blanke kinders veel beter toegerus word vir loopbaangerigte tersiêre opleiding. Dit is ook so dat die blanke gesinstruktuur tot ‘n groot mate meer stabiel is en ‘n beter grondslag daarstel vir emosioneel-gebalanseerde kinders. Dit kom dus neer op dikwels twee verskillende leefwêrelde of kulture – ‘n dilemma waarvoor daar ‘n oplossing gevind moet word.   

Die diepgewortelde maatskaplike probleem word tans verder gekompliseer deurdat die anargie op die kampusse goedbedoelende en vreedsame studente verhoed om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi en sodoende ‘n terugslag ervaar – loopbaangewys, finansieel en emosioneel. Daarby dien in gedagte gehou te word dat die nie-amptelike druipsyfer vir eerstejaarstudente in SA op 49% gestel word.

Dit is dan wat betref die jong geslag wat veronderstel is om die leiers van môre van hierdie land te wees.   

‘n “Onafhanklike ondersoekspan” van die Universiteit van die Vrystaat het ‘n verslag uitgebring oor die “Shimlapark-voorval en verwante gebeure op die kampus in Februarie 2016” waarin die skuld feitlik vierkantig op die skouers van blanke studente geplaas word. Tydens die betrokke gebeure is o.a. die standbeeld van oud pres. CR Swart afgebreek en in ‘n visdam gegooi, terwyl gewelddadige botsings tussen wit en swart studente plaasgevind het. Die ondersoekspan is gelei deur regter Johann van der Westhuizen bygestaan deur ‘n paneel van drie, waarvan twee swart is. In die verslag, getiteld “People not stones”, word die optrede van blanke toeskouers teenoor swart betogers wat die Varsity Cup wedstryd op Shimlapark gewelddadig ontwrig het, as “rassisties en barbaars” beskryf, terwyl die optrede van die swart studente wat die CR Swart-standbeeld gevandaliseer het, as verskoonbaar bestempel word, omdat dit “hulle die geleentheid gegee het om af te koel”. Uitlatings deur SR-voorsitter Lindokuhle Ntuli soos “white bastards” op Facebook was in die konteks aanvaarbaar, maar die optrede van vroulike studentelede van AfriForum word as verdag voorgestel. Die omstrede Reitz-voorval van jare gelede word ook weer bygesleep en word die opvolgerkoshuis Heimat, wat nou buite die kampus is, aan “volkstaat en Nazïsme” gekoppel. In reaksie op die verslag het die UV Raad dit as “’n goeie aanduiding” bevind en die UV-bestuur versoek om ‘n bloudruk vir transformasie en uitwissing van rassisme op te stel.

Veel stof en rook word opgeskop rondom die kampusrewolusie in SA en die aandrang van anargistiese swart studente dat universiteite in die land “gedekolonialiseer” moet word en vervang word met sg. Afrosentriese universiteite. Wat egter is die worteloorsaak van hierdie rewolusionêre aandrang?

In ‘n onderhoud gepubliseer in Volksblad het skrywer en dosent in Afrikaans aan die UV, Francois Smith, dit só raakgevat: “Dit begin by die studente wat glad nie toegerus is om op universiteit te wees nie. Dit begin by skoolonderrig. Kinders kry plein swak onderrig, met swak onderwysers en swak strukture.

“Voorts is daar die aandrang om so gou moontlik moedertaalonderrig te verlaat. Dit verswak ‘n hele generasie skoolkinders vir wie hul onderrig daarna ‘n stryd met taal is – hulle kry nooit die geleentheid om vakinhoud konseptueel baas te raak nie, want dis ‘n stryd om in Engels te verstaan.

“My ervaring op die Kovsie-kampus is dat op universiteit veels te veel studente is wat nie daar hoort nie. Dis ook as gevolg van die afskaffing van kolleges. Ons sit by ons departement met onderwysstudente wat nie op universteit hoort nie. Dis vir hulle net so frustrerend.

“Politici, SR-lede en politici van buite buit arm, sukkelende studente se frustrasie op ‘n absoluut siniese manier uit. Dan brand biblioteke en geboue.

“Daar is egter ook die teenpool van die biblioteekafbranders. Studente wat in groepies die biblioteek vol sit omdat hulle nie by hul huis, of waar ookal hulle loseer, geskikte studieruimtes het nie. Hulle sit en leer en met boeke voor hulle oop, tree hulle in debat met mekaar. Hulle werk hard.”

By hierdie siening kan aangesluit word deur te sê daar is ‘n geslag swart jongmense wat vanuit ‘n swak skoolstelsel en dikwels uit ‘n verbrokkelde gesinstruktuur geen gesag kan aanvaar nie en reken dat hulle op alles geregtig is en dit boonop gratis moet kry. Dit is dus ‘n diepgewortelde maatskaplike probleem, wat gespesialiseerde en langdurige remediëring of berading benodig – ‘n kapasiteit waaroor die land tans ooglopend nie beskik nie.

Daarteenoor wys die feite eenvoudig dat met goedfunksionerende voormalige sogenaamde Model C-skole met toegewyde blanke onderwysers blanke kinders veel beter toegerus word vir loopbaangerigte tersiêre opleiding. Dit is ook so dat die blanke gesinstruktuur tot ‘n groot mate meer stabiel is en ‘n beter grondslag daarstel vir emosioneel-gebalanseerde kinders. Dit kom dus neer op dikwels twee verskillende leefwêrelde of kulture – ‘n dilemma waarvoor daar ‘n oplossing gevind moet word.   

Die diepgewortelde maatskaplike probleem word tans verder gekompliseer deurdat die anargie op die kampusse goedbedoelende en vreedsame studente verhoed om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi en sodoende ‘n terugslag ervaar – loopbaangewys, finansieel en emosioneel. Daarby dien in gedagte gehou te word dat die nie-amptelike druipsyfer vir eerstejaarstudente in SA op 49% gestel word.

Dit is dan wat betref die jong geslag wat veronderstel is om die leiers van môre van hierdie land te wees.   

Volgens die jongste verslag van die Ouditeur-generaal oor die Vrystaatse Dept. van Onderwys vir 2015/16 is die departement R640 miljoen oortrokke op sy bankrekening, terwyl die departement terselfdertyd R139,4 miljoen nie gespandeer het nie en wat terugbetaal sal moet word aan die Nasionale Tesourie. Voorts het die departement R380 miljoen in toevallings, terwyl dit aan die ander kant daartoe verbind is om meer as R1 miljard uit te betaal. Ongemagtigde uitgawes in die departement vir die onderhawige jaar beloop sowat R157 miljoen, R163 miljoen vir onreëlmatige uitgawes en vrugtelose uitgawes R2,2 miljoen.  

Dit is ‘n praktiese waarneming dat die landswye #FeesMustFall-veldtog lank nie meer bloot oor klasgelde gaan nie. Veral op Wits, maar ook by die KZN-kampusse, Ikeys en historiese swart universiteite gaan dit oor omverwerping van die bestaande wet, orde en beproefde wetenskap. Dit gaan spesifiek oor sg. “dekolonalisering” wat die mooi term is vir “Weg met wittes.”Retoriek oor luidsprekers en op plakate en T-hemde is openlik anti-blank.

Dit gaan voorts oor maksimale uittarting van die Polisie, sodat, in die woorde van die anargiste, “’n tweede Marikana” geskep kan word, ten einde te dien as verdere vonk in die kruitvat. Tekenend is ook ‘n brief van Kovsie-opstokers op sosiale media (onder vals name) dat betogende studente die geweld verder moet voer na skole soos Grey Kollege en HTS Louis Botha, terwyl die Waterfront en Mimosa winkelsentra “gevandaliseer”moet word. Hierdie is nuusgebeure dat dit gaan oor veel meer as gratis universiteitsonderrig.

Volgens syfers pas deur StatsSA vrygestel, is sowat 1 uit 3 jongmense in die land tussen die ouderdomme van 15 en 24 jaar sonder werk en ontvang ook nie enige opleiding nie. Dit verteenwoordig ‘n totaal van sowat 3,1 miljoen mense

Bladsy 1 van 3

Tridor Banier web

wow kitsblits