ditsem website banner no 1 2017

-►Adendorff Machinery Mart verhuis na groter perseel – nou h/v Harveyweg, Kerkstr. en Monumentweg -►Malu Pork open amptelik nuwe doelontwerpte aanleg in Kimdustria, Kimberley -►ANC wys diktatuur met heksejag teen LP’s wat teen staatskaping en korrupsie stem -►Mugabe, “Moordenaars van wit boere nie vervolg nie” -►Carro Private Skoolgroep nou 47 000 leerlinge in totaal en jaarlikse omset van R1 miljard -►Brandstofpryse styg 6 September, meeste nog vanjaar -►Buitelander – Otis Gibson – dalk nuwe Protea Krieketafrigter?

Die wyse waarop studente-onluste op oorwegend swart universiteitskampusse die afgelope twee weke handuit geruk het, toon duidelik dat dit die beginstadium van ‘n rewolusie in SA is. Sodanige tekens is o.m.: Die grootskaalse vernietiging van eiendom en infrastruktuur, nie net op kampusse nie maar ook in aangrensende stedelike gebiede / Die klakkelose verontagsaming van die gesag van universiteitsowerhede, asook die uiterse uittarting van die SA Polisiediens onder groot druk om wet en orde te handhaaf / Die aandrang van militante studente dat universiteite “gedekolonialiseer” moet word en omsekep moet word in Afrosentriese universiteite / Die eis dat nie net universiteite radikaal getransformeer moet word nie, maar ook alle skole vanaf kleuter tot matriek / Die aansluiting van Cosatu landswyd by die #FeesMustFall veldtog, wat op hul beurt ‘n beroep gedoen het op die Internasionale Vereniging van Vakbonde om die rewolusie te steun / Die goedgeorganiseerde en beplande aard van die betogings, bv. voorrade petrolbomme wat opgepot word / Vertrapping van die regte van studente wat met hul studies wil aangaan en wil kwalifiseer, asook van dosente wat wil voortgaan met klasse en van universiteitsbesture wat om finansiële redes die akademiese jaar vanjaar moet voltooi / Getuienis dat onder die voorbokke van die  betogings ook persone is wat nie ingeskrewe studente is nie / Duidelike tekens dat die betogende studente bykans 100% swart en gekleurd is, terwyl daar talle pront uitsprake is dat die veldtog primêr anti-wit gerig is. Ingeligte waarnemers meen dat daar wel ‘n derde mag en buitelandse agitasie, komende ook van Westerse intelligensiedienste, agter die studente-opstande sit.

Akademia, as die Afrikaanse universiteit deur Solidariteit gestig, is in die proses om nuwe studiesentrums te Bloemfontein, Paarl en George te vestig met die oog op implementering begin 2017. Dit kom naas die hoofkampus te Centurion en bestaande sentrums in Gauteng en te Kaapstad, wat die totale aantal sentrums vir 2017 op 11 te staan bring. Studente by Akademia studeer d.m.v. kontaksessies in hoëtegnologie-sentrums, met lesings regstreeks aangebied en danksy optiese veselnetwerke sien, hoor en kommunikeer studente en dosente in tot ses studiesentrums tegelyk met mekaar. Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia sê: “Ons studente moet die beste uit die wêreld na Afrikaans bring, maar ook die beste uit Afrikaans na die wêreld neem.” Akademia aanvaar tans inskrywings vir die volgende programme in 2017: B.Com Ondernemingsbestuur / B.Com Bestuursrekeningkunde / B.Com Ekonomie en Regte / B.Com Finansiële Beplanning / Gevorderde Diploma in Projekbestuur / Hoër sertifikaat in Rekeningkunde / Hoër sertifikaat in Kantooradministrasie. Vir meer inligting, besoek www.akademia.ac.za

 

In die #FeesMustFall-veldtog het studente - meer as 95% swart en gekleurd - vandeesweek ‘n aantal universiteitskampusse d.m.v. gewelddadige betogings laat sluit. Studente - meer as 85% blank - wat normaalweg met klasse en toetse wil aangaan, is met geweld verhoed om dit te doen. In talle gevalle is toetslokale binnegestorm, toetsskrywende studente uitgejaag en vraestelle opgeskeur. Sodanige gevalle het o.a. voorgekom te Universiteit van Pretoria (UP), Wits, Universiteit van die Vrystaat (UV) en Universiteit van Stellenbosch (US). Die kampus van Wits is vir alle praktiese doeleindes in ‘n staat van militêre beleg, terwyl groot skade aan geboue en infrastruktuur aangerig is. Dieselfde geld die Mahikeng-kampus van die NWU, die KZN Universiteit te Pietermaritzburg en sommige universiteite vir tegnologie. By die UP is die Hatfield-kampus gesluit ondanks versekerings deur rektor prof. Cheryl de la Rey dat betogings en geweld nie geduld sou word nie. ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê dat as hy die Minister van Hoër Opvoeding was, sou hy die universiteite vir ses maande gesluit het en die koshuise vir ‘n verdere ses maande, sodat studente tot hul sinne kan kom. Inmiddels kan interessante, growwe maar op die punt af video-kommentaar van ‘n jong bruin inwoner van Touwsrivier by hierdie skakel op Facebook gesien word. Intussen blyk dit volgens onbevestigde syfers dat skade van sowat R500 miljoen reeds aan universiteitskampusse aangerig is, terwyl nagenoeg die helfte van alle eerstejaarstudente in SA druip.  

Volgens die DG van Basiese Onderwys Hubert Mweli is die personeel van voormalige Model C-skole te wit en moet dit getransformeer word. Volgens hom het die leerlingbevolkings van hierdie skole werklik getransformeer tot 70%-80% swart leerlinge, maar dit reflekteer nie in die uitslae van skole nie, waar die toppresteerders meesal blank is. Mweli sê voorts dat hoewel basiese onderwys steeds die grootste deel van die nasionale begroting ontvang, weerspieël die gehalte van uitslae nie hierdie belegging nie. In reaksie op hierdie uitlatinge sê Chris Klopper van SAOU die beste dingf wat die departement kan doen is om presterende skole uit te los, want dit is ‘n feit dat wanfunksionele skole tussen 60% en 80% van die skole uitmaak. Hy sê “dele van die onderwysstelsel is van wêreldgehalte en as ‘n skool ‘n slaagsyfer van 98% het, wat wil jy hulle dan vertel van skoolhou?” Alana Bailey van AfriForum sê: “Die DG se aanval skep die indruk dat die departement gehalte-onderrig ondergeskik stel aan ʼn rasagenda. Die eerste prioriteit moet die prestasie van skole wees, nié die rassesamestelling van hulle personeel nie.”

Op 22 Junie 2016 is by die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch finaal besluit dat Afrikaans as volwaardige onderrigtaal gestaak gaan word, terwyl dit aan die lig gekom het dat Unisa besluit het Afrikaans word vir onderrig, navorsing en eksaminering gestaak. Diegene gekant teen die besluite, soos Afrikaanssprekende studente, AfriForum, die FAK en sekere universiteitsraadslede, het egter aangedui dat Afrikaans steeds met passie lewendig gehou sal word.

Vroeër het die Universiteit van die Vrystaat (UV) reeds dieselfde paadjie geloop, maar hul besluit word tans in die Vrystaatse Hooggeregshof deur AfriForum en bondgenote betwis op grond van onregmatigheid en ongrondwetlikheid. In die hofsaak tot dusver het die UV erken dat die taalbesluit geneem is in ‘n poging om verdere kampusgeweld te voorkom – ‘n feit wat kennelik ook geld t.o.v. Tukkies en Maties.

‘n Program wat deur die Verenigde Nasies ontwerp is, geborg word en wêreldwyd geïmplementeer word onder die dekmantel van sg. kinderopvoeding in seksualiteit, word tans gebruik om kinders wêreldwyd tussen die ouderdomme geboorte tot adolessensie te korrupteer op ‘n wyse te aaklig vir woorde. Die program staan bekend as Comprehensive Sexuality Education (CSE) en het sg. ten doel “to enable young people to make informed decisions about their sexuality and health”. Die program geskied onder die sambreel van die UN Population Fund (UNFPA).

CSE word gedryf onder die gevleuelde dekmantel van “to build life skills and increase responsible behaviour and because they are based on human rights principles, they help advance human rights, gender equality and the empowerment of young people. UNFPA works with governments to implement comprehensive sexuality education, both in schools and through community-based training and outreach. UNFPA also promotes policy for, and investment in sexuality education programmes that meet internationally agreed standards.”

In werklikheid bevorder CSE egter doelgerig en geïnfiltreerd eksplisiete seksuele bewusmaking van kinders letterlik vanaf geboorte tot adolessensie, asook vrye seks, dieselfde geslag verhoudings, aborsie, ens. CSE het onder die aandag van Ditsem Nuus gekom deur ‘n Christelike dokumentêr wat op DStv kanaal 343 op Sondagaand 3 Julie 2016 om 18:30 deur die Family Policy Institute van Errol Naidoo gebeeldsend is.

Op Google is baie inligting oor hoe regsinnige mense CSE in werklikheid sien en lesers – almal wat die belange van kinders op die hart dra, vanaf ouers, grootouers, onderwysers, opvoeders en dosente tot maatskaplike werkers, sielkundiges, ens. – word aangespoor om by die volgende skakels hulself eerstehands te vergewis van CSE: www.comprehensivesexualityeducation.org of www.stopcse.org of www.familypolicyinstitute.com.   

Wat CSE o.a. propageer, is die volgende:

  • Kinders is natuurlik seksueel vanaf geboorte en daarom skend enige beperkings op hul seksuele uitdrukking of seksuele aktiwiteit hul seksuele regte.
  • Om goeie gesondheid te geniet, behoort kinders en volwassenes gereelde seksuele ervaringe te hê, òf alleen of met persone van enige geslag.
  • Reg tot seksuele plesier, selfs vanaf die jongste ousderdom is ‘n primêre mensereg wat geld bokant ander regte.
  • Kinders het privaatheids- en vertroulikheidsregte wat die regte troef van hul ouers om hul te lei in opvoeding op die gebied van menslike seksualiteit.
  • Kinders het die reg tot aborsie en seksuele verhoudinge sonder die kennis en goedkeuring van hul ouers.
  • Die meeste samelewingsnorme, veral dié gebaseer op godsdienstige gronde, is onderdrukkend en ongesond en moet verander word.
  • Kinders het die reg om te eksperimenteer met diverse seksuele identiteite en oriëntasies en die gedragspatrone daarmee geassosieer ten einde hulle in staat te stel om ‘n gesonde seksualiteit te ontwikkel.
  • Die jeug moet aangespoor word om “homofobie”, “transfobie” en “heteroseksualisme” te beveg en op te staan vir hul seksuele regte.
  • Die jeug moet betrokke raak in die ontwerp en implementering van CSE-programme.
  • Kinders, onder internasionaal-erkende regte op gesondheid en opvoeding, het ‘n reg tot toegang tot alle seksuele inligting, ongesensor en sonder ouerlike goedkeuring. 

CSE word wêreldwyd in sowat 200 lande op een of ander wyse geïmplementeer, ook in Suid-Afrika. Dit word gedoen d.m.v. ‘n hele netwerk van verskillende VN-organisasies soos o.m. die World Health Organization (WHO), UNAIDS, UNESCO, UNICEF en UNFPA. Ander sleutelinstansies is die International Planned Parenthood Federation (IPPF) en die Sexuality Information and Education Council of the United States (SIECUS). Hulle word bygestaan deur ‘n verdere lys van meer as 100 gespesialiseerde organisasies – almal gelys op die Internet.

CSE het sy ontstaan gehad by die Kinsey Institute wat dr. Alfred Kinsey in 1947 by die Indiana Universteit in die VSA tot stand gebring het en wat tot vandag toe nog vol in bedryf is met Amerikaanse staatsgeld en private borgskappe. Kinsey was ‘n bewese pedofiel en pervert en sy aaklige navorsing en proewe is deur die jare verwerk tot die verskillende programme wat die CSE vandag uitmaak. Vir meer besonderhede, besoek www.StoptheKinseyInstitute.org en www.familywatchinternational.org/fwi/Kinsey_fraud.cfm

Ook in die Suid-Afrikaanse onderwysbedeling word velerlei spore van CSE gevind en lyk dit trouens of dit in die huidige Godlose regeringsbestel al meer veld wen.

Daar is egter aan die positiewe kant ook groot teenreaksie teen die onbeskryflike aakligheid van CSE en van die lande wat dit verbied het en daarin geslaag het om dit uit hul onderwysstelsels te hou, sluit in Kroasië, Jamaika, Nigerië en Nauru (die VN-lidland met die kleinste bevolking).

Dit is ook duidelik dat CSE aansluit by o.a. die groeiende pedofilie-, pornografie- en mensehandelbedrywe van miljarde der miljarde rand van globale omvang.

CSE is duidelik uit die Bose, terwyl dit deel vorm van die groter strategie van die internasionale geldmag om die koms van die antichris voor te berei. Dit is beslis egter nie almagtig nie en kan deur  gebed en teenstrategie deur die Heilige Gees verslaan word. Die woorde van Christus staan vas: “En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.” (Markus 9:42)

 

Die Bokkieweke vir Afrikanerskoliere wat deur die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) aangebied word, vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar met groeiende sukses en sportkodes wat steeds uitgebrei word.

Die tradisionele Winter Bokkieweek vir rugby, netbal, hokkie en redenaars word vanjaar 4-8 Julie te Kroonstad aangebied, met meer as 2 700 deelnemers en 500 beamptes wat verwag word. Vir die eerste keer is o/15 seunshokkie ook op die program.

Vir die res van die jaar is ‘n eerste die aanbieding van die o/21 Bokkieweek vir rugbyspelers wat tydens Paasnaweek in April op Orania aangebied word. Daarmee betree die Bokkieweke vir die eerste keer senior sport. By hierdie geleentheid, wat dieselfde formaat aanneem as die destydse gewilde Toyota rugbyklubkampioenskappe, word agt unies met sowat 200 rugbyspelers plus nog beamptes verwag.

Voorts word 6-8 Oktober vanjaar die Somer Bokkieweek aangebied met krieket, sewesrugby en “fast five” netbal op die program. Meer as 700 deelnemers word verwag, maar die plek word eers in April bepaal.

Vir meer besonderhede besoek www.bokkieweek.co.za.

Interessant nog uit die 2015 Matriekuitslae is dat dit uit ‘n navorsingsverslag van Helpende Hand Skole-ondersteuningsentrum (SOS ) blyk dat slegs 5,3% van alle skole in SA meer as 28% van die Wiskunde-onderskeidings behaal het.

Die verslag wys dat 358 Afrikaanse hoërskole (5,3%) ‘n total van 2 193 onderskeidings (28,2%) in Wiskunde behaal het. Dit toon dus dat die verhouding van die aantal onderskeidings per skool 500% beter is by Afrikaanse skole as by die res van skole in die land.

Die verdere slotsom is dat indien alle skole in die land soos Afrikaanse skole sou presteer het, sou daar meer as 40 000 Wiskunde-onderskeidings in die 2015-matriekeksamen gewees het – daar was egter slegs 7 791. Die bespresterende Afrikaanse skole in die 2015 Matriekuitslae het ingesluit Paul Roos Gimnasium (68 onderskeidings), Hoërskool Menlopark (64), Hoërskool DF Malan (58), Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (48), Hoërskool Paarl Vallei (48), Hoër Meisieskool Bloemhof (47), Hoërskool Waterkloof (41), Gimnasium Paarl (36) en Hoërskool Eldoraigne (36). 

Van al die skole in die land, Engelstalige ingesluit, was die vyf beste Wiskundeskole in 2015 Bishops (72 onderskeidings), Paul Roos Gimnasium (68), Hoërskool Menlopark (64), Westville Boys High School (61) en Pretoria Boys High School (59).

Vir meer besonderhede, kontak Marlien van der Westhuizen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Die eertydse en verguisde Pres. Reitz-kamerwonings wat in 2008 van die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) verban is na die omstrede skoonmakersvoorval, het pas herleef in die vorm van ‘n splinternuwe stylvolle koshuiskompleks 200 m vanaf die UV-kampus.

Ná die verbanning in 2008 het die koshuis onder die naam Heimat Mannerheim ‘n tuiste gevind in ‘n leë koshuisgebou van Dr. Böhmer Skool te Haldonweg, Universitas. Die naam Heimat Mannerheim is ontleen aan die koshuislied Möwe du fliegst in die Heimat en die lied tesame met die koshuiswapen en leuse Unitas in variis is behou as koshuisidentiteit.

Alle memorabilia en foto’s, as eiendom van die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR) het ook saam met die koshuis verskuif, terwyl die tradisies en bestuur van die koshuis volgens die struktuur koshuisvader, verkose huiskomitee, reëls en regulasies behou is. Aansoeke vir inwoning word op meriete van elke student gekeur, met die hoogste norm die gebalanseerde prestasies van ‘n student. Die een ononderhandelbare vereiste is dat die taalmedium in die koshuis en in besonder vir huisvergaderings slegs Afrikaans is.

Begin vanjaar het Heimat Mannerheim verskuif na die moderne en doelontwerpte koshuiskompleks te Arndtstaat, Universitas, binne gemaklike stapafstand vanaf die UV kampus. Hierdie kompleks is opgerig teen ‘n koste van R65 miljoen deur die maatskappy AffiKampus (Edms.) Bpk. wat tot stand gekom het deur bemiddeling van Christo Dippenaar en André du Plessis van Bloemfontein in samewerking met die Smit Groep van Maatskappye van Stellenbosch.

Die nuwe Heimat Mannerheim bestaan uit ‘n gebou met sewe vlakke met ses wooneenhede op vyf van die vlakke, terwyl daar ook ‘n eetsaal, gazellie, gimnasium en wassery is, alles onder 24/7 elektroniese sekuriteit en toegangsbeheer. Dt huisves tans 230 studente terwyl daar reeds ‘n verdere 200 op die waglys is.

Daar word beplan om nog drie identiese geboue op dieselfde perseel op te rig, bouwerk waaraan reeds begin het met beoogde voltooiingsdatum 2017. 

Met alle inwoners van Heimat Mannerheim wat bona fide ingeskrewe studente by die UV is, neem die koshuis in groepsverband ten volle deel aan buitemuurse aktiwiteite op kampus onderhewig aan die regulasies van die universiteit, maar wat betref die eienaarskap en bestuur van die nuwe gebouekompleks, asook die interne aangeleenthede van die koshuis, het die UV natuurlik geen seggenskap nie.

Sedert sy verbanning vanaf die kampus het die koshuis o.l.v. koshuisvader Christo Dippenaar puik bly presteer en bv. in 2014 die nasionale Steinhoff rugbykoshuisliga gewen. In 2015 is twee inwoners aangewys as beste studente in onderskeidelik twee landbouvakrigtings. Die koshuis onderneem ook jaarliks sport- en akademiese toere na die buiteland.

Die voormalige Pres. Reitz-kamerwonings, wat sedert 1947 bestaan, het ‘n trotse rekord van die studenteprodukte wat dit gelewer het – beroepslui regoor die spektrum van die land en in die buiteland wat hul kant in die samelewing op verskillende terreine met trots gebring het. Terwyl die koshuis deur die jare ook op ander lewensterreine bv. kultuur en verenigingslewe, sy plek volgestaan het, het dit ook ‘n trotse rugbyrekord en was Springbokke soos Chris de Wilzem, Nelie Smith, Sakkie van Zyl, Gert Cilliers, Joggie Jansen en talle ander almal Reitz-inwoners gewees.

Die nuus van die herleefde moderne formaat van die koshuis kom vir oud-Reitzmanne, soos georganiseer in die NUOR, as ‘n groot riem onder die hart.

Terloops, in 2010 is die Amelia dameskoshuis as ‘n vroulike eweknie van die Reitz-formaat in ‘n woonstelblok by Muddplein, ook in Universitas ná vertoë deur ouers en studente gevestig. Ook hierdie koshuis het van krag tot krag gegaan en is dit pas hervestig in ‘n soortgelyke koshuiskompleks as Heimat Mannerheim op ‘n perseel in Jim Fouchélaan, Universitas, tussen die persele van 'n sportklub en 'n aftree-oord.

  • Die artikelskrywer is ‘n trotse oud-Reitzman 1965-69.

Nadat die eerste studentebetogings op 21 Oktober 2015 by Wits en Ikeys losgebars het teen ‘n verhoging in studiegelde en dit in ‘n oogwink oorgespoel het onder die vaandel van #FeesMustFall na al die universiteits- en kollegekampusse in die land, is die land geruk deur die impak van die gebeure. Die betogings was dikwels gewelddadig, eiendom is verwoes en slegs gewapende onluspolisie het gestaan tussen ‘n horde stormende studente en die Parlement.
Die dag wat die betogings losgebars het, was ook die dag wat Minister van Finansies Nhlanhla Nene sy Mediumtermyn Begrotingstoespraak in die Parlement gelewer het - ‘n toespraak wat slegs gelewer kon word nadat die protesterende EFF Parlementêre groep ter ondersteuning van #FeesMustFall deur veiligheidspersoneel met geweld uit die Parlement verwyder is.
Die studente het ook gratis onderrig by tersiêre instellings, die afskaffing van registrasiefooie en beëindiging van uitkontraktering van dienste op kampusse geëis.
In reaksie op hierdie studentebetogings het pres. Jacob Zuma aangekondig dat daar geen verhoging in tersiêre studiegelde in 2016 sal wees nie, terwyl hy hom ook ten gunste verklaar het van gratis opleiding vir studente by tersiêre instellings.
Die studentebetogings het dus op ‘n manier ‘n waterskeiding in SA gebring, maar wat is die realiteite van die gebeure en hul nagevolge? Daarop kan geantwoord word dat die volgende realiteite soos ‘n paal bo water staan:
Die feitelike profiel van die betogende studente is dat hulle ongeveer 90% swart is, d.w.s. die grootste gros van blanke studente het nie aan die betogings deelgeneem nie en het eerder verkies om op die vooraand van die jaarlikse eksamens op hul studies te fokus en met klasse aan te gaan.
Die betogende studente het dit reggekry om te “bewys” dat as jy nie jou sin kan kry nie, jy dit wel d.m.v. geweld en anargie kan verkry. Dit beteken dat ‘n gees van “demand” en betoog totdat jy jou sin gekry het ongeag die res, gevestig is.
In die meeste gevalle op universiteitskampusse was dit ‘n gewelddadige minderheidsgroep wat spreekwoordelik die stert was wat die hond geswaai het en hul wil op ‘n swygende meerderheid afgedwing het. Trouens daar is sterk aanduidings dat die betogende studente aangevuur is deur rewolusionêre persone wat nie ingeskrewe studente was nie.
Die konnotasie tussen die rewolusionêre EFF en betogende studente is ook opvallend. Die landswye studenteprotes lyk inderwaarheid na ‘n georkestreerde situasie met “derde mag”-betrokkenheid, soos die Waarnemende Kommissaris van die SAPD Khomotso Phahlane pas voor ‘n Parlementêre Portefeuljekomitee uitgewys het en gesê het dat ‘n opvlam van die betogings in Februarie-Maart volgende jaar verwag kan word.
Die wetlike bevoegdheid oor tersiêre studiegelde berus by die Raad vir Hoër Onderwys in samewerking met die Dept. van Hoër Onderwys, wat beteken dat pres. Zuma buite sy regte en bevoegdhede opgetree het deur voortydig aan te kondig dat studiegelde nie verhoog gaan word nie. Hoekom dit so gedoen is en die korrekte prosedurele weg nie gevolg is nie, moet nog verduidelik word.
Een van die hardste realiteite is dat daar in die nasionale begroting, met sy groeiende skuld eenvoudig nie voldoende fondse is vir gratis tersiêre opleiding in SA nie, terwyl universiteite en kolleges nie kan bekostig om gratis studiegeleenthede te verskaf nie. Daar word gesê dat indien massale korrupsie in die land hokgeslaan kan word, kan die R37 miljard wel gevind word wat oor die volgende drie jaar vir gratis tersiêre opleiding in die land benodig word. Dit is egter ‘n aspek wat op ‘n ope vraag berus.
Met dié dat die regering die matriekslaagsyfer in die land verlaag het na 30%, is daar ‘n massa hoeveelheid matrikulante wat glad nie kwalifiseer vir eerstewêreldse tersiêre opleiding nie. Die gevolg is dat daar ‘n massa studente op SA kampusse is wat akademies nie daar hoort nie. Die totale studentegetal aan die 23 openbare universiteite in SA het vanaf 495 355 in 1994 verdubbel na 1 002 110 in 2014. Hiervan was die voorgraadse gradueringskoers in 2013 slegs 15%, vir M-studente 20% en vir doktorale studente 12%. 78% van studente by residensiële universiteite is swart. Dit beteken dat SA universiteite ‘n geweldige hoeveelheid studente akkommodeer wat uiteindelik nie gradueer nie.
Die #FeesMustFall veldtog word ooglopend terselfdertyd misbruik in die doelgerigte poging om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur by enkele universiteite en kolleges waar dit nog te vind is, ‘n nekslag toe te dien. Gebeure huidig by Maties, NWU Puk, Kovsies en Tuks getuig daarvan. So bv. het die US verskansing van Afrikaans as onderrigmedium laat vaar, die UP doen ‘n eierdans rondom Afrikaans as onderrigmedium, UV rektor prof. Jonathan Jansen het in beginsel besluit om weg te doen met die standbeelde van oud-presidente Steyn en Swart en by NWU Potchefstroom het rektor Dan Kgwadi militante swart studente aangemoedig om “te veg” teen studente wat Afrikaans en ‘n Afrikanerkultuur voorstaan.
Strukture vir finansiële hulp soos die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) was in plek met die bewindsoorname van die ANC in 1994, maar het disfunksioneel geraak en is tewens ook die terrein van korrupsie van miljoene rand wat tans forensies ondersoek word. In 2014/15 is R9 miljard i.t.v. die NSFAS aan 414 802 begunstigdes betaal, maar hiervan is tot op datum slegs R247 miljoen terugbetaal.Die teiken van die NSFAS is om 25% van tersiêre studente met beurslenings te ondersteun, maar tans staan die syfer op hoogstens 16%.
Die aanduidings is dus dat van die kampusse in die land besig is om in wat nie anders beskryf kan word nie as rewolusionêre neste omskep te word. Teen hierdie golf is daar egter studente wat vasskop en aandring op wet, orde en billikheid, soos bv. by NWU Puk te Potchefstroom waar die AfriForum Jeug-tak aan prof. Kgwadi formeel gesê het:
“Hiér trek ons nou die lyn. Ons gaan nie toelaat dat ʼn handjievol radikale ons kampus kom verwoes en verdeel nie. Studente ry nou verby ander kampusse wat histories Afrikaans was, soos die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Vrystaat, om ’n tuiste by die NWU-Puk se kampus te kom vind."
By die UV het studente plakkate om die standbeelde van oud-presidente Swart en Steyn gehang wat lees: “Ek het geveg teen kolonialisme, hoekom wil jy my verwyder?” Voorts het AfriForum Jeug se Kovsie-tak in ‘n mediaverklaring gesê: “In hierdie stadium word die universiteitsbestuur aan die neus rondgelei deur ʼn radikale groep studente wat ʼn politiese agenda dryf.”
In geheel gesien is die gevolgtrekking onafwendbaar dat die uitbarsting van studentebetogings by al die universiteite in die land deel vorm van ‘n georkestreerde agenda ook op ander lewensterreine om SA stelselmatig te druk in die rigting van ‘n Kommunistiese staat.

Bladsy 2 van 3

Barnard Bouers

wow kitsblits