ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Die eertydse en verguisde Pres. Reitz-kamerwonings wat in 2008 van die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) verban is na die omstrede skoonmakersvoorval, het pas herleef in die vorm van ‘n splinternuwe stylvolle koshuiskompleks 200 m vanaf die UV-kampus.

Ná die verbanning in 2008 het die koshuis onder die naam Heimat Mannerheim ‘n tuiste gevind in ‘n leë koshuisgebou van Dr. Böhmer Skool te Haldonweg, Universitas. Die naam Heimat Mannerheim is ontleen aan die koshuislied Möwe du fliegst in die Heimat en die lied tesame met die koshuiswapen en leuse Unitas in variis is behou as koshuisidentiteit.

Alle memorabilia en foto’s, as eiendom van die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR) het ook saam met die koshuis verskuif, terwyl die tradisies en bestuur van die koshuis volgens die struktuur koshuisvader, verkose huiskomitee, reëls en regulasies behou is. Aansoeke vir inwoning word op meriete van elke student gekeur, met die hoogste norm die gebalanseerde prestasies van ‘n student. Die een ononderhandelbare vereiste is dat die taalmedium in die koshuis en in besonder vir huisvergaderings slegs Afrikaans is.

Begin vanjaar het Heimat Mannerheim verskuif na die moderne en doelontwerpte koshuiskompleks te Arndtstaat, Universitas, binne gemaklike stapafstand vanaf die UV kampus. Hierdie kompleks is opgerig teen ‘n koste van R65 miljoen deur die maatskappy AffiKampus (Edms.) Bpk. wat tot stand gekom het deur bemiddeling van Christo Dippenaar en André du Plessis van Bloemfontein in samewerking met die Smit Groep van Maatskappye van Stellenbosch.

Die nuwe Heimat Mannerheim bestaan uit ‘n gebou met sewe vlakke met ses wooneenhede op vyf van die vlakke, terwyl daar ook ‘n eetsaal, gazellie, gimnasium en wassery is, alles onder 24/7 elektroniese sekuriteit en toegangsbeheer. Dt huisves tans 230 studente terwyl daar reeds ‘n verdere 200 op die waglys is.

Daar word beplan om nog drie identiese geboue op dieselfde perseel op te rig, bouwerk waaraan reeds begin het met beoogde voltooiingsdatum 2017. 

Met alle inwoners van Heimat Mannerheim wat bona fide ingeskrewe studente by die UV is, neem die koshuis in groepsverband ten volle deel aan buitemuurse aktiwiteite op kampus onderhewig aan die regulasies van die universiteit, maar wat betref die eienaarskap en bestuur van die nuwe gebouekompleks, asook die interne aangeleenthede van die koshuis, het die UV natuurlik geen seggenskap nie.

Sedert sy verbanning vanaf die kampus het die koshuis o.l.v. koshuisvader Christo Dippenaar puik bly presteer en bv. in 2014 die nasionale Steinhoff rugbykoshuisliga gewen. In 2015 is twee inwoners aangewys as beste studente in onderskeidelik twee landbouvakrigtings. Die koshuis onderneem ook jaarliks sport- en akademiese toere na die buiteland.

Die voormalige Pres. Reitz-kamerwonings, wat sedert 1947 bestaan, het ‘n trotse rekord van die studenteprodukte wat dit gelewer het – beroepslui regoor die spektrum van die land en in die buiteland wat hul kant in die samelewing op verskillende terreine met trots gebring het. Terwyl die koshuis deur die jare ook op ander lewensterreine bv. kultuur en verenigingslewe, sy plek volgestaan het, het dit ook ‘n trotse rugbyrekord en was Springbokke soos Chris de Wilzem, Nelie Smith, Sakkie van Zyl, Gert Cilliers, Joggie Jansen en talle ander almal Reitz-inwoners gewees.

Die nuus van die herleefde moderne formaat van die koshuis kom vir oud-Reitzmanne, soos georganiseer in die NUOR, as ‘n groot riem onder die hart.

Terloops, in 2010 is die Amelia dameskoshuis as ‘n vroulike eweknie van die Reitz-formaat in ‘n woonstelblok by Muddplein, ook in Universitas ná vertoë deur ouers en studente gevestig. Ook hierdie koshuis het van krag tot krag gegaan en is dit pas hervestig in ‘n soortgelyke koshuiskompleks as Heimat Mannerheim op ‘n perseel in Jim Fouchélaan, Universitas, tussen die persele van 'n sportklub en 'n aftree-oord.

  • Die artikelskrywer is ‘n trotse oud-Reitzman 1965-69.

Nadat die eerste studentebetogings op 21 Oktober 2015 by Wits en Ikeys losgebars het teen ‘n verhoging in studiegelde en dit in ‘n oogwink oorgespoel het onder die vaandel van #FeesMustFall na al die universiteits- en kollegekampusse in die land, is die land geruk deur die impak van die gebeure. Die betogings was dikwels gewelddadig, eiendom is verwoes en slegs gewapende onluspolisie het gestaan tussen ‘n horde stormende studente en die Parlement.
Die dag wat die betogings losgebars het, was ook die dag wat Minister van Finansies Nhlanhla Nene sy Mediumtermyn Begrotingstoespraak in die Parlement gelewer het - ‘n toespraak wat slegs gelewer kon word nadat die protesterende EFF Parlementêre groep ter ondersteuning van #FeesMustFall deur veiligheidspersoneel met geweld uit die Parlement verwyder is.
Die studente het ook gratis onderrig by tersiêre instellings, die afskaffing van registrasiefooie en beëindiging van uitkontraktering van dienste op kampusse geëis.
In reaksie op hierdie studentebetogings het pres. Jacob Zuma aangekondig dat daar geen verhoging in tersiêre studiegelde in 2016 sal wees nie, terwyl hy hom ook ten gunste verklaar het van gratis opleiding vir studente by tersiêre instellings.
Die studentebetogings het dus op ‘n manier ‘n waterskeiding in SA gebring, maar wat is die realiteite van die gebeure en hul nagevolge? Daarop kan geantwoord word dat die volgende realiteite soos ‘n paal bo water staan:
Die feitelike profiel van die betogende studente is dat hulle ongeveer 90% swart is, d.w.s. die grootste gros van blanke studente het nie aan die betogings deelgeneem nie en het eerder verkies om op die vooraand van die jaarlikse eksamens op hul studies te fokus en met klasse aan te gaan.
Die betogende studente het dit reggekry om te “bewys” dat as jy nie jou sin kan kry nie, jy dit wel d.m.v. geweld en anargie kan verkry. Dit beteken dat ‘n gees van “demand” en betoog totdat jy jou sin gekry het ongeag die res, gevestig is.
In die meeste gevalle op universiteitskampusse was dit ‘n gewelddadige minderheidsgroep wat spreekwoordelik die stert was wat die hond geswaai het en hul wil op ‘n swygende meerderheid afgedwing het. Trouens daar is sterk aanduidings dat die betogende studente aangevuur is deur rewolusionêre persone wat nie ingeskrewe studente was nie.
Die konnotasie tussen die rewolusionêre EFF en betogende studente is ook opvallend. Die landswye studenteprotes lyk inderwaarheid na ‘n georkestreerde situasie met “derde mag”-betrokkenheid, soos die Waarnemende Kommissaris van die SAPD Khomotso Phahlane pas voor ‘n Parlementêre Portefeuljekomitee uitgewys het en gesê het dat ‘n opvlam van die betogings in Februarie-Maart volgende jaar verwag kan word.
Die wetlike bevoegdheid oor tersiêre studiegelde berus by die Raad vir Hoër Onderwys in samewerking met die Dept. van Hoër Onderwys, wat beteken dat pres. Zuma buite sy regte en bevoegdhede opgetree het deur voortydig aan te kondig dat studiegelde nie verhoog gaan word nie. Hoekom dit so gedoen is en die korrekte prosedurele weg nie gevolg is nie, moet nog verduidelik word.
Een van die hardste realiteite is dat daar in die nasionale begroting, met sy groeiende skuld eenvoudig nie voldoende fondse is vir gratis tersiêre opleiding in SA nie, terwyl universiteite en kolleges nie kan bekostig om gratis studiegeleenthede te verskaf nie. Daar word gesê dat indien massale korrupsie in die land hokgeslaan kan word, kan die R37 miljard wel gevind word wat oor die volgende drie jaar vir gratis tersiêre opleiding in die land benodig word. Dit is egter ‘n aspek wat op ‘n ope vraag berus.
Met dié dat die regering die matriekslaagsyfer in die land verlaag het na 30%, is daar ‘n massa hoeveelheid matrikulante wat glad nie kwalifiseer vir eerstewêreldse tersiêre opleiding nie. Die gevolg is dat daar ‘n massa studente op SA kampusse is wat akademies nie daar hoort nie. Die totale studentegetal aan die 23 openbare universiteite in SA het vanaf 495 355 in 1994 verdubbel na 1 002 110 in 2014. Hiervan was die voorgraadse gradueringskoers in 2013 slegs 15%, vir M-studente 20% en vir doktorale studente 12%. 78% van studente by residensiële universiteite is swart. Dit beteken dat SA universiteite ‘n geweldige hoeveelheid studente akkommodeer wat uiteindelik nie gradueer nie.
Die #FeesMustFall veldtog word ooglopend terselfdertyd misbruik in die doelgerigte poging om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur by enkele universiteite en kolleges waar dit nog te vind is, ‘n nekslag toe te dien. Gebeure huidig by Maties, NWU Puk, Kovsies en Tuks getuig daarvan. So bv. het die US verskansing van Afrikaans as onderrigmedium laat vaar, die UP doen ‘n eierdans rondom Afrikaans as onderrigmedium, UV rektor prof. Jonathan Jansen het in beginsel besluit om weg te doen met die standbeelde van oud-presidente Steyn en Swart en by NWU Potchefstroom het rektor Dan Kgwadi militante swart studente aangemoedig om “te veg” teen studente wat Afrikaans en ‘n Afrikanerkultuur voorstaan.
Strukture vir finansiële hulp soos die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) was in plek met die bewindsoorname van die ANC in 1994, maar het disfunksioneel geraak en is tewens ook die terrein van korrupsie van miljoene rand wat tans forensies ondersoek word. In 2014/15 is R9 miljard i.t.v. die NSFAS aan 414 802 begunstigdes betaal, maar hiervan is tot op datum slegs R247 miljoen terugbetaal.Die teiken van die NSFAS is om 25% van tersiêre studente met beurslenings te ondersteun, maar tans staan die syfer op hoogstens 16%.
Die aanduidings is dus dat van die kampusse in die land besig is om in wat nie anders beskryf kan word nie as rewolusionêre neste omskep te word. Teen hierdie golf is daar egter studente wat vasskop en aandring op wet, orde en billikheid, soos bv. by NWU Puk te Potchefstroom waar die AfriForum Jeug-tak aan prof. Kgwadi formeel gesê het:
“Hiér trek ons nou die lyn. Ons gaan nie toelaat dat ʼn handjievol radikale ons kampus kom verwoes en verdeel nie. Studente ry nou verby ander kampusse wat histories Afrikaans was, soos die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Vrystaat, om ’n tuiste by die NWU-Puk se kampus te kom vind."
By die UV het studente plakkate om die standbeelde van oud-presidente Swart en Steyn gehang wat lees: “Ek het geveg teen kolonialisme, hoekom wil jy my verwyder?” Voorts het AfriForum Jeug se Kovsie-tak in ‘n mediaverklaring gesê: “In hierdie stadium word die universiteitsbestuur aan die neus rondgelei deur ʼn radikale groep studente wat ʼn politiese agenda dryf.”
In geheel gesien is die gevolgtrekking onafwendbaar dat die uitbarsting van studentebetogings by al die universiteite in die land deel vorm van ‘n georkestreerde agenda ook op ander lewensterreine om SA stelselmatig te druk in die rigting van ‘n Kommunistiese staat.

Die onlangse uitspraak van die Grondwethof dat die finale besluit oor die toelatingsbeleid van openbare skole by die staat berus, het afgesien van ’n verbreking van die 1994-skikking by Kemptonpark, Afrikaans voor een van sy grootste uitdagings tot nog toe gebring.

Volgens Solidariteit kan dit in die praktyk behels dat die paar oorblywende topskole in die land nou uitgelewer word aan ’n departement wat daarvoor verantwoordelik is dat die oorgrote meerderheid skole disfunksioneel is. Die uiteindelike uitkoms van ’n stelsel van voedingsareas vir skole kan moontlik voorts die einde beteken van Afrikaanse skole met hul unieke etos en kultuur.

Die VF Plus sê in ‘n mediaverklaring: “Die ANC se planne met SA herinner aan die futuristiese rolprent War of the Worlds waar die eerstepersoon-verteller ons inlig oor die indringers se planne met die aarde met die volgende stelling: ‘(they) regarded this Earth with envious eyes, and slowly, and surely, they drew their plans against us…’. Net so is die ANC besig om deur sy sg. Nasionale Demokratiese Revolusie SA te omvorm tot ʼn kommunistiese staat waar hy alle mag en beheer het sonder enige plek vir minderhede en die kodenaam hiervoor is ‘transformasie’”.

Op hul beurt sê AfriForum in reaksie op die Parlementêre aanvaarding van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys dat die noodsaaklikheid vir die stig en bedryf van privaat onderriginstellings van hoë gehalte hierdeur beklemtoon word ten einde akademiese vryheid as ʼn ononderhandelbaar te waarborg.”

Van hierdie onderwysaangeleenthede sal waarskynlik onder die loep kom by die jaarlikse kongresse van die Helpende Hand Skole-ondersteuningsentrum (SOS) vanaf 27–29 Junie by die ATKV Buffelspoort-vakansieoord en vanaf 4–6 Julie 2016 by die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool in Bellville.  Meer inligting by www.skoolwiskunde.co.za en www.gerat.co.za

Chairman, I cannot begin to describe my sorrow and bitterness to you because,  because..? You see, since we are not allowed to braai anymore and the butcheries are out of boerewors and biltong and since you get two types of donuts- the sweet one with the hole in the middle and the one with mince that tastes like a vetkoek, and since Afrikaans fell – I don’t know who I am anymore.

Dames en here, dit gaan die gevolg wees van ’n ry domino’s wat opgestel is om te val. Ons gaan sit met ’n identiteitskrisis. Gaan ons wag totdat alles verby is voordat ons besef dat ons die wrede kinderhande moes keer wat die eerste domino in die ry omgestoot het? En omdat ons nie het nie, het Afrikaans in die werksplek, op tersiêre gebied en in skole ... geval.

Kom ons kyk na die domino’s in die ry.

Die eerste domino is klaar omgestoot.  Afrikaans is uit in die besigheidswêreld en werkplek. Wanneer laas was daar ‘n Afrikaanse stem aan die ander kant van die gehoorbuis, toe u Vodacom, Multichoice of die plaaslike hospitaal geskakel het? Die “grootmenswêreld”, die besigheidswêreld het al lankal verengels.


Naomi Meyer, skrywer van jeugromans en voltydse lid van LitNET se Taalsekretariaat, het ‘n artikel, “Taallandskap en taalpolitieke karakter”, geskryf vir LitNET oor die sensus van 2011.  Sy sê dat Suid-Afrika gekenmerk word deur linguistiese ongelykhede. Engels, wat toe die 4de grootste taal was, en deur 9.6% van die land se bevolking, oftewel 4,9 miljoen burgers, as eerste taal gebruik word, was die taal van mag: opvoedkundig, ekonomies, polities en sosiaal.  Dit is nou die stert wat die hond swaai!


Ek verstaan dit nie! Die land het tog nie honger gely toe Afrikaans as besigheidstaal gebruik was nie, en ek dink die regte mense het tronk toe gegaan toe dit nog in die howe gebruik is. My oupa, ‘n voormalige dosent aan die Universiteit van Fort Hare, sê dat Afrikaans ‘n unieke inheemse kennissisteem opgebou het met dieselfde innoverende wetenskaplike vermoë as ander Europese lande, maar die verskil is dat Afrikaans Afrika se probleme verstaan en kan oplos.  En nou is hierdie vermoë in die werksplek en besigheidswêreld prysgegee.

Die volgende domino in die ry is tans besig om erg te wankel, dit bibber en beef en is op die randjie om te tuimel.  Ons moet hier keer dat dit klap.


Die taalstryd woed by ons universiteite.  Op 3 Desember 2015 skryf Tom McLachlan, lid van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, in ’n essay “Oor Afrikaans en die toekoms daarvan”, dat daar net skaduwees oorbly van die histories Afrikaanse universiteite.  Nog net drie bly oor wat voorgee dat hulle ’n wesenlike Afrikaanse aanbod het – Pukke, Kovsies en Maties.  (Niemand weet meer van die bestaan van die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit nie, en Tukkies het net ’n tikkie Afrikaans wat gebruik word.)


Nou, agt maande na hierdie artikel, vra ons hoe lank daardie aanbod nog staande gaan bly?  As dit nie vir AfriForum se dringende hofbevele was wat ’n verandering in die taalbeleid by die Universiteit van Stellenbosch en  die Universiteit van die Vrystaat tydelik gekeer het nie, was Afrikaans daar ook al na die maan. Wat my verstand te bowe gaan is hoekom jy jou uitverkore universiteite se taalbeleid aanvaar as jy inskryf, en dan ewe skielik ál die eende op die water met jóú brood wil doodgooi? 

’n Mens gaan soek mos na iets wat ten volle aan jou behoeftes voldoen; as jy dit nie kry nie, skep dit vir jouself.  Maar nee, in Suid-Afrika breek jy eerder iemand anders se goed af, totdat almal ewe ongelukkig is...

Van die laaste domino’s in die ry, is Afrikaanse skole. Adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys van die VF Plus, sê  in Gauteng is daar net 168 Afrikaanse skole teenoor 1 539 Engels.  Net in Gauteng is ’n kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander.  En soos ’n luislang wikkel die owerhede hulself om die oorblywende Afrikaanse skole.  Met elke draai word hulle gedwing om dubbel- of parallelmediumskole te word en die proses van verengelsing lei na die stadige, martelende dood van Afrikaans.


Die Franssprekende taalkenner en taalsosioloog, Jean Laponce, waarsku dat ’n tweetalige skool of universiteit bloot die skyn van taalgelykheid skep.  Verder sê hy dat tweetaligheid in ’n opvoedkundige instelling in die praktyk ’n oorgangsproses na taalinlywing is en uiteindelik na eentaligheid in die wêreldtaal lei.

Voorsitter, dames en here, gaan ons luister na hierdie waarskuwing?  Of gaan ons ons taal en toekoms in die hande van wrede owerheidshande oorgee en toelaat dat hulle ons taal vermoor? 


Wat kan ons doen om Afrikaanse se voortbestaan te verseker?


Wees lief vir Afrikaans.  Praat jou taal, bid in jou taal, sing in jou taal.  Praat Afrikaans.  Ons is nie Amerikaners, Britte of Aussies nie.  Afrikaans is uit Afrika, ons tuiste.    Afrikaans is die bloed van ons kultuur.  Watter een van die land se 11 tale is die beste vir jou?  Jou moedertaal!  Jou moedertaal vorm die grein van jou persoonlikheid, dit is die bus na jou toekoms.  Moenie dié bus verpas nie!

                                                                            

Uit opeenvolgende gebeure die afgelope paar jaar blyk dit dat ‘n fel en oplaaiende stryd woed om die siel van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die jongste skote in hierdie stryd is pas geskiet met die veldtog wat Solidariteit van stapel gestuur het vir die behoud van Afrikaans as onderrigmedium aan die universiteit, asook met die vergoedingseis van meer as R6 miljoen deur twee voormalige studente teen rektor prof. Jonathan Jansen en die UV. Hoewel dit op die oppervlakte gaan oor Afrikaans en die beweerde verontregting van twee studente, gaan dit in diepere verband oor behoud van Afrikaner-identiteit op die UV-kampus en selfs ten diepste oor Christelike inslag aan die universiteit. Die veldtog van Solidariteit vir die behoud van Afrikaans is in reaksie op die verklaarde voorneme van rektor prof. Jansen om weg te doen met Afrikaans as onderrigtaal by dié universiteit. Jansen het sy voorstel gemotiveer deur na die nadele van ’n dubbelmedium-onderrigtaal vir beide studente en dosente te verwys. Daar is ook tydens ʼn raadsvergadering voorgestel dat die universiteit voortaan van ʼn enkelmedium-onderrigtaal (Engels) gebruik moet maak. Solidariteit meen die verwydering van Afrikaans op Kovsies sal nie net Afrikaans as akademiese taal marginaliseer nie, maar ook ʼn kultuur van stoomroller-transformasie t.o.v. die universiteitspersoneel aanwakker. Jansen is formeel deur Solidariteit in kennis gestel van ‘n voorneme om insette aan die universiteit se taalkomitee voor te lê vir sy wye oorlegpleging en verslag aan die universiteitsraad in November vanjaar. In die lig hiervan het Solidariteit ’n platform geskep waar pro-Afrikaanse mense hul stem kan uitbring oor die taalbeleid deur o.m. die skakel https://solidariteit.co.za/kovsies/ te volg. Inmiddels het prokureursfirma Hurter & Spies van Pretoria in opdrag van AfriForum Jeug namens twee oud-studente van die UV, Charl Blom van Hertzogville en Cobus Muller van Pongola, ‘n skadevergoedingseis van meer as R6 miljoen teen die UV, Jansen en prof. Teuns Verschoor as tugbeampte ingestel. Dit volg nadat Muller en Blom nog as studente verlede jaar van poging tot moord aangekla is nadat hulle byna ʼn swart medestudent met hul voertuig op die kampus raakgery het en destyds deur Jansen openlik as misdadigers gebrandmerk is. Sowel die landdroshof as die Menseregtekommissie het hulle egter onskuldig bevind. Die skadevergoedingeis gaan o.m. oor verkwiste uitgawes en vertraagde toetrede tot die arbeidsmark, asook ʼn lastereis vir naamskending. In die lastereis word o.m. verwys na terminologie wat Jansen na bewering gebruik het soos “misdadigers”, “gewetenloos”, en “gewelddadige en haatlike mense” en wat ook op sosiale media versprei is. Die vergoedingseis word deur die UV, Jansen en Verschoor teengestaan. Uit die annale van die UV met sy meer as eeulange geskiedenis blyk dit dat die universiteit gestig en ontwikkel is as ‘n tersiêre opleidingsinstansie met Christelik-nasionale karakter. As sulks het die universiteit veral gedurende die laaste 30 jaar van die vorige eeu ontwikkel tot ‘n hoër opvoedkundige en navorsingsinstansie van uitnemendheid, met kwalifikasies wat wêreldwyd erkenning gekry het. ‘n Veranderde Suid-Afrika en veranderde internasionale omgewing het met die draai van die eeu nuwe uitdagings en eise gebring en moes uiteraard aanpassings gemaak word. In 2009 met die aanwysing van ‘n nuwe rektor, was prof. Herman van Schalkwyk, destydse dekaan van Landbou- en Natuurwetenskappe, die keuse van die universiteitsenaat, maar die universiteitsraad het prof. Jonathan Jansen aangestel. Onder sy bewind is ingrypende veranderinge aan die wese van die UV aangebring, soos: • Daar is weggedoen met die woord God in die leuse van die universiteit In Deo Sapientae Lux (In God is lig) met In Veritate Sapientae Lux (In waarheid is die lig van wysheid). • Skriflesing en gebed by alle amptelike universiteitsgeleenthede, soos gradeplegtighede, is afgeskaf. • ‘n Intensiewe beleid van rasse-integrasie in universiteitskoshuise is geïmplementeer. • ‘n Verpligte indoktrinerende kursus UFS 101 is vir alle eerstejaarstudente ingestel. • Ná ‘n voorval by Pres. Reitz Kamerwonings tussen vier blanke inwoners en swart skoonmaakpersoneel is die studente summier geskors en is die koshuis op kampus permanent gesluit. • Rassekwotas vir studente-inname in die Fakulteit Geneeskunde is ingestel. • Ná stryd en selfs gewelddadige botsings tussen die ANCJL, Sasco en Jong Kommuniste aan die een kant en die VF Plus en AfriForum Jeug aan die ander kant, is partypolitiek op die kampus verbied en vervang met voorskriftelike studenteraadsverkiesings. Tot toe het die VF Plus telkens bo uitgekom in vrye studenteraadsverkiesings. • Die blanke en Afrikaanssprekende profiel van doserende en ander personeel is stelselmatig verminder en vervang met ‘n profiel van kleur. Jansen is tot dusver in sy ampstermyn gekenmerk deur omstrede, meesal anti-blanke en anti-Afrikaner, uitlatinge. So bv. het hy ná die afsterwe van prof. Russel Bothman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, in Julie 2014, o.m. gesê: “Kampusse wat hoofsaaklik wit is, is in die lig van ons onlangse aaklige rassistiese verlede moreel onaanvaarbaar, demografies onregverdigbaar en opvoedkundig gevaarlik.” Hoewel dit duidelik is dat Jansen ‘n leidende protagonis is om ‘n splinternuwe atmosfeer aan die UV te skep, staan hy nie alleen nie en moet aanvaar word dat hy gesteun word deur ‘n verskeidenheid van magte. Die raad van die UV onder voorsitterskap van regter Ian van der Merwe het Jansen tot dusver nog konsekwent gesteun. In April 2014 is tydens ‘n sonderlinge vergadering van die konvokasie van gegradueerde UV-studente skerp kritiek op tendense by die UV uitgespreek, maar daarvan het dadels gekom. Die konvokasie beskik oor geen grondwet of regskrag nie. Daar is aan die positiewe kant egter ook verskeie positiewe verwikkelinge rakende die UV, bv. in amptelike verklarings van die UV word gewys op nuwe hoogtepunte in navorsing, uitstaande akademiese prestasies van studente en internasionale onderskeidings deur doserende personeel behaal. Op sportgebied presteer die UV voorts puik, met o.a. atletieksterre, UV-studente in die nasionale Protea-netbalspan en die Shimlas wat die Varsitybeker vanjaar gebuit het. Die groot dryf wat die UV betref, is egter op stilswyende politieke gebied, waar hard probeer word om die UV ‘n wêreldse universiteit te maak waar amptelik kultuur, ras en taal behalwe Engels geen rol speel nie. Daarteenoor staan die opvatting dat geen opvoedkundige instansie van werklike waarde sonder sy Christelike en kulturele waardes, gebaseer op vrye assosiasie, kan wees nie. Die stryd om die UV moet verder in wyer verband gesien word waar Afrikaans aan die sg. historiese Afrikaanse universiteite ook erg in die spervuur is – RAU wat nou die Engelse UJ is, Pretoria wat grootliks “getransformeer” is, Stellenbosch waar die laaste reste van Afrikaans as onderrigmedium aangeval word en NWU Potchefstroom waar prof. Herman van Schalkwyk met effek Januarie 2016 die trekpas gekry het. Alles dui daarop dat die versweë mikpunt is om die Afrikaner op tersiêre vlak te ontneem van onderrig en navorsing in sy moedertaal en volgens sy kultuur. Dit alles maak die stryd omtrent die siel van die UV van meer as kritieke belang. • Die skrywer is die redakteur van Ditsem Nuus en het in 1975 die graad D.Phil. in Staatsleer aan die UV behaal.

Die onlangse uitspraak van die Grondwethof dat die finale besluit oor die toelatingsbeleid van openbare skole by die staat berus, het afgesien van ’n verbreking van die 1994-skikking by Kemptonpark, Afrikaans voor een van sy grootste uitdagings tot nog toe gebring.

Volgens Solidariteit kan dit in die praktyk behels dat die paar oorblywende topskole in die land nou uitgelewer word aan ’n departement wat daarvoor verantwoordelik is dat die oorgrote meerderheid skole disfunksioneel is. Die uiteindelike uitkoms van ’n stelsel van voedingsareas vir skole kan moontlik voorts die einde beteken van Afrikaanse skole met hul unieke etos en kultuur.

Die VF Plus sê in ‘n mediaverklaring: “Die ANC se planne met SA herinner aan die futuristiese rolprent War of the Worlds waar die eerstepersoon-verteller ons inlig oor die indringers se planne met die aarde met die volgende stelling: ‘(they) regarded this Earth with envious eyes, and slowly, and surely, they drew their plans against us…’. Net so is die ANC besig om deur sy sg. Nasionale Demokratiese Revolusie SA te omvorm tot ʼn kommunistiese staat waar hy alle mag en beheer het sonder enige plek vir minderhede en die kodenaam hiervoor is ‘transformasie’”.

Op hul beurt sê AfriForum in reaksie op die Parlementêre aanvaarding van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys dat die noodsaaklikheid vir die stig en bedryf van privaat onderriginstellings van hoë gehalte hierdeur beklemtoon word ten einde akademiese vryheid as ʼn ononderhandelbaar te waarborg.”

Van hierdie onderwysaangeleenthede sal waarskynlik onder die loep kom by die jaarlikse kongresse van die Helpende Hand Skole-ondersteuningsentrum (SOS) vanaf 27–29 Junie by die ATKV Buffelspoort-vakansieoord en vanaf 4–6 Julie 2016 by die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool in Bellville.  Meer inligting by www.skoolwiskunde.co.za en www.gerat.co.za

Die Christelike Onderwyskongres, aangebied deur die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) op 3 en 4 Maart 2016 te Pretoria, het kritieke tendense aan die lig gestel, terwyl belangwekkende besluite geneem is.

In die eerste plek is bevestig dat Christelike Onderwys midde in die huidige hoofstroom humanistiese sekulêre onderwysbeleid in SA steeds springlewendig is. In talle staatskole word Christelike onderwys bedryf, terwyl ‘n nuwe generasie Christelike privaatskole funksioneer. Handhawing van Christelike onderwys oor drie en ‘n halwe eeue was egter geen maklike saak nie en word ‘n opdraande stryd steeds gevoer.

Op die afgelope kongres is die kritieke rol van die Christelik-belydende onderwyser sterk beklemtoon.  Hierdie belydenis behoort die onderwyser dag na dag voor die vraag te stel: Wat is die implikasies van Christus se beslag op my lewe?

Die onderwysfilosofie toon egter duidelik groot “gletserskeure”. Dit moet as radikaal bestempel word, aangesien dit ʼn algehele skeiding tussen geloof en wete tot gevolg het. Die kenmerke van hierdie nuwe tydperk is o.m. die opkoms van radikalisme, fundamentalisme en religieuse fanatisme. Dit is te wyte aan die vakuum wat gelaat word a.g.v. ʼn onderwysfilosofiese verskuiwing weg van die Christelike beskouing.

Daarenteen hou belangrike kenmerke van Christelike onderwys die volgende in: Skrifgebondenheid, ʼn Christelike onderwysfilosofie, Christelike opvoedings-/opleidingsdoel en Christelike vakonderrig.

Voorts is op die kongres die gesin as kultuurgemeenskap in die kleine beklemtoon. Taal, gewoontes, tradisies, ens., vorm alles deel hiervan. Kinders/jongmense aan hulself oorgelaat, sonder doelgerigte geleide ondersteuning en vorming in konsekwente Christenskap, is so sleg as om nie-Christelikes te nooi om die vormingswerk oor te neem, met dan katastrofiese gevolge vir sowel kerk as samelewing.  

Daar is ook bevind dat die geleidelike aftakeling van die vak Lewensoriëntering soos in die NVK voorgeskryf, ’n wesentlike bedreiging inhou. Wié God vir die kind is, hoe sy/haar identiteit en selfbeeld oor opklimmende grade heen vernietig word en die uiters verwarrende lewensbeskouing wat uiteindelik as gevolg hiervan gevorm word, is in gedrang. Implisiet word die kind van die wesenlike begrippe van Christelike identiteit beroof en uiteindelik van geloof self.

ʼn Uiters belangrike verwikkeling uit die kongres is dat kennis geneem is van die stigting van ʼn onafhanklike onderwysliggaam, bekend as die Instituut vir Privaat Onderwys (IPO). Dit is gebore uit die nood wat ontstaan het om die Christelike alternatief sonder inmenging van buite te kan bedryf en behels die daarstelling van ʼn volledige onafhanklike onderwysstelsel op alle vlakke van onderwys.

Die IPO sal inklusief wees, is op Christelike waardes geskoei en sal streef na ‘n standaard van uitnemende onderwys. Dit sal ʼn eie onafhanklike kurrikulum daarstel wat met differensiasie rekening hou. Dit sal voorts sy eie eksaminering behartig as ʼn instituut vir waardegedrewe onderwys. 

Die stigting van die IPO het reeds die nodige binnelandse sowel as buitelandse akkreditasie en erkenning ontvang. Dit sal as ʼn maatskappy sonder winsoogmerk funksioneer.

Enige navrae oor die Onderwyskongres kan gerig word aan Hugo Hayes by tel 051-525 2341/2267 of 076 817 6269 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. 

In mediaverklarings rig AfriForum veral twee waarskuwings insake toekomstige skoolstrukturerings. Die eerste gaan oor die gesag van skoolbeheerliggame en word daarop gewys dat die Dept. van Onderwys beplan om binnekort  ʼn wysigingswetsontwerp te publiseer waarin hulle skoolbeheerliggame van huidige belangrike seggenskap wil ontneem.

Dit sou meebring dat skoolbeheerliggame nie meer besluite mag neem oor aspekte soos toelatingsbeleid, taalbeleid en beheerliggaamaanstellings nie. Die departement sal ook daarop kan aandring dat ʼn skool meer as een onderrigtaal het. AfriForum sê hulle is voorstaanders daarvan dat ouers inspraak moet hê oor aanstellings, taalbeleid, toelating en klasgroottes.”

In die tweede waarskuwing word ʼn dringende beroep gedoen op ouers om hul kinders betyds by die skool van hul keuse in te skryf vir 2017. Volgens AfriForum was daar vanjaar reeds duisende kinders wat nie plekke in skole gekry het nie weens laat aansoeke en dit dwing skole om meer kinders in te neem as wat hulle kan akkommodeer. 

Dit veroorsaak gevolglik dat daar tot 58 leerlinge per klas is. Talle skole hou nou reeds hul ope dae en ouers behoort voorbereid na ‘n ope dag te gaan en moet die nodige dokumentasie hê om hul kinders daar en dan in te skryf.  Ouers moet dit ook oorweeg om hul kinders by meer as een skool te registreer ten einde teleurstelling vir 2017 te voorkom.

Laat inskrywings kan meebring dat kinders volgens provinsiale departemente van onderwys se keuse in ʼn skool geplaas word en dit kan ook moedertaalonderrig in die gedrang bring. Vir meer besonderhede, kan Carien Bloem by 082 332 5051 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gekontak word.

Inmiddels het Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SA Onderwysersunie (SAOU), op ‘n onlangse spitsberaad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, daarop gewys dat daar vandag 355 minder Afrikaanse skole in die land is, ten spyte daarvan dat die slaagsyfer in verlede jaar se nasionale senior sertifikaateksamen vir Afrikaanse skole op 93,4% gestaan het, in vergelyking met die res van die land se 70,7% slaagsyfer.

Klopper het gesê die realiteit van die demografie is geheel teen Afrikaans en dan is daar ander ontvouende verwikkelinge wat uiters negatief beleef word. In 2010 was daar altesaam 2 371 Afrikaanse skole in die openbare skolestelsel teenoor 2 016 Afrikaanse skole vandag. Daar is altesaam 24 136 skole landwyd.

‘n Mediaverklaring vandag van prof. Jonathan Jansen lui o.a. soos volg: “Op 31 Augustus 2016 sal ek as Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uittree. Sedert my aanvanklike aanstelling in die middel van 2009, het ek my senior kollegas ingelig dat ek nie vir langer as sewe jaar sal aanbly nie. Ek het altyd verwag dat hierdie oomblik gemengde gevoelens sou meebring. Ek kan nie begin om die wydte en diepte van die talle en waaghalsige veranderinge op te noem wat deur my ongelooflike span onderneem is nie. Ek was baie, baie bevoorreg om vir so lank op so ’n spesiale plek te wees. Ek vertrek op my eie voorwaardes en sonder enige verwyte, maar met grenslose dankbaarheid teenoor almal wat my gehelp het om elke dag ’n beter leier in hierdie pos te word. Ek sal in September 2016 ’n uitnodiging as genoot aan die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragswetenskappe aan die Stanford-Universiteit aanvaar. Ek sal my navorsing, skryfwerk en studieleidingspligte aan die UV voortsit en sal die projek lei om die teikenbedrag vir die Studentebeursfonds-veldtog in te samel. Ten slotte, sal die UV-Raad binnekort die pos vir ’n nuwe Rektor deur middel van ’n nasionale en internasionale soektog adverteer.”

In ‘n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: “Die regering se pogings om universiteite se outonomie totaal deur wetgewing te vernietig, herinner aan die gebeure in China in onlangse jare waar die staat beheer oor universiteite geneem het en waar dit in lyn met regeringsbeleid moes kom om te oorleef. Universiteite is vir alle praktiese doeleindes gedwing om verlegstukke van die regering te raak en onderrig word deur regeringsbeleid gerig.  Dit is presies wat tans besig is om in SA te gebeur. Hierdie week het die Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys ’n wetsontwerp aanvaar ingevolge waarvan die Minister van Hoër Onderwys transformasiedoelwitte vir universiteite se inskrywings mag vasstel. Staatsubsidies kan weerhou word indien dié rasseteikens of kwotas nie nagekom word nie. Die wetsontwerp gee aan die minister magte om beleid te bepaal wat toepaslik is op hoër onderwysinstellings. Dit sluit taalbeleid en transformasiedoelwitte in. Wat hier besig is om te gebeur, is uiters kommerwekkend.”

Bladsy 3 van 3

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge