ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Wat as SA sedert 1994 anders geloop het

Wat verby is, is verby, maar tog geld die advies: Neem uit die verlede wat goed is en bou daarop vir die toekoms.

Wat as SA sedert 1994 'n ander pad geloop het? Wat indien daar algemene verdraagsaamheid van die kant van swartes jeens blankes was soos Nelson Mandela met voorbeeld gelei het?

Wat indien wet en orde streng gehandhaaf is? Wat indien reg en geregtigheid streng toegepas is sonder begunstiging?

Wat indien meriete as enigste maatstaf vir die werksplek, sportspanne en studiegeleenthede gegeld het? Wat indien die Grondwet van SA en selfs die Vryheidsmanifes konsekwent toegepas is?

Wat indien “apartheid” nie die skuld vir alles gegee is nie en enige teken van onverklaarde burgeroorlog teen blankes vroegtydig in die kiem gesmoor is? Wat indien 'n taal soos Afrikaans met sy wêreldstandaard toegelaat is om sy vrye natuurlike gang te gaan?

Wat indien hierdie pragtige en ryklikbedeelde land gegun sou wees vir al sy plaaslik-gebore inwoners / burgers en dit nie oopgegooi sou wees vir derdewêreldse aasvoëls en internasionale rampokkers nie? Wat indien sowat 2 miljoen opgeleide en ekonomies-aktiewe Suid-Afrikaners nie die afgelope twee dekades geëmigreer het nie?

Wat indien die kwessie van grondhervorming eerder nugter en realisties benader was en dit op 'n grondslag van produktiwiteit uitgesorteer is? Wat indien sowat 2 000 van die beste boere in die wêreld nog lewend en aktief op hul plase was?

Wat indien entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling doeltreffend aangepak was en daar nou 10 miljoen meer werkende mense in SA was, daar net 3 miljoen welsynsbegunstigdes was i.p.v.18 miljoen, daar 12 miljoen meer belastingbetalers en 4 miljoen meer klein- tot mediumgrootte ondernemings was?

Wat indien beskikbare kundigheid aangewend was en munisipale infrastruktuur effektief in stand gehou is sodat alle inwoners op dorpe en in stede altyd skoon drinkwater het en riolering iets is wat net ondergronds mee gehandel word? Wat indien die opwaartse kurwe van infrastruktuurontwikkeling in die land oor die afgelope twee dekades volgehou is?      

Wat indien weens sterk sakevertroue buitelandse beleggings in die land net 20-voudig die huidige volume was? Wat indien die buitelandse bona fide toerismestroom na SA net 500% die huidige aantal was?

Uit hierdie “asse” is tog veel te leer. Geen regdenkende wil die res van sy lewe in 'n moeras leef nie. Daarom moet, vir enige tyd wat oor is, uit die lesse van die verlede geleer word sodat in die toekoms die regte afdraaipaaie gekies kan word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits