Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Dit is 'n onverbiddelike stryd – die stryd van nasionalisme vs. eenwêreldstaat. Die mensdom is deur God geskape in verskillende maar gelykwaardige volks- en nasionale identiteite, maar die Bose wil die mensdom saamdruk in 'n grys identiteitlose massa sodat hy die wêreld kan beheer.

Dit is dus die stryd tussen 'n natuurlike nasionale identiteit en die kunsmatige sg. Nuwe Wêreldorde (NWO) oftewel Illuminati oftewel Internasionale Geldmag. Hieruit spruit huidig in die wêreld die stryde van die Kataloniërs, die Koerde, die Britte, die Tibetane, die Vlaminge, nasionalistiese Amerikaners, ens., ja, ook van regsinnige Afrikaners.

Tans is Katalonië 'n prima voorbeeld: Die vreedsame versugting van 'n homogene nasionalistiese volksgroep om net hulself te regeer, word met geweld en teen beskaafde norme vir reg en geregtigheid onderdruk, sê die NWO reguit hulle gaan onafhanklikheid nie erken nie en dreig hulle selfs om die Kataloniese leier te vermoor.

Nog 'n voorbeeld is pres. Donald Trump – sonder om al sy optredes te probeer vergoeilik, is dit duidelik dat hy met sy beleid van “America first” reëlreg ingaan teen die NWO met hul bose planne. Daar is derhalwe 'n verbete aanslag om van hom ontslae te raak – kyk gerus hoe NWO-media soos die TV-kanale CNN en BBC gif spoeg teen hom.

Die lyne is dus getrek en ook Afrikaners sal vir hulself persoonlik moet besluit aan watter kant hulle hulself skaar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge