ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Zuma, staatskaping en nuwe bedeling

Hoewel pres. Jacob Zuma die mees gediskrediteerde staatshoof in die SA geskiedenis is met die honderde korrupsie- en ander aanklagte teen hom, is daar duidelik 'n desperate poging onderweg om met hom in die tuig diktatoriale beheer oor SA as land oor te neem. Zuma as meesterontduiker van die gereg en 'n verbete blankehater, word ooglopend kunsmatig in die saal gehou deur 'n korrupte ANC-hiërargie en hul internasionale hanteerders, die Illuminati.

Vir laasgenoemde is Zuma 'n sleutelpion in hul strewe na wêreldoorheersing i.t.v. die sg. Nuwe Wêreldorde (NWO) en waarin SA met sy minerale rykdom en strategiese ligging 'n onontbeerlike element vorm. Dit is die agtergrond waarteen die huidige plan van Zuma gesien moet word om gediskrediteerde voormalige Eskom-hoof en Gupta-meeloper Brian Molefe in die Parlement in te bring en òf nuwe Minister van Finansies te maak of nuwe Adjunk-minister van Finansies. Sodoende is die plan om uiteindelik òf van Doring in die vlees Pravin Gordhan ontslae te raak, of hom ernstig te kniehalter.

Die prys ten alle koste vir hierdie diaboliese alliansie is om beheer oor die Tesourie – die SA geldbeurs – te kry en wat in effek niks anders is as 'n siviele staatsgreep nie. Die pogings van Zuma & kie in hierdie verband kom al 'n lang pad, maar hulle volhard teen alle teenslae in, want die prys i.t.v. mag en miljarde der miljarde rand is vir hulle net te onweerstaanbaar.

Terselfdertyd is Zuma die perd wat vir die Illuminati, die Guptas en 'n histeriese swart ekstremistiese blok finaal van die blanke rol in die SA samelewing ontslae moet raak. Hierdie strewe behels die uiterste – 'n gewelddadige bloedige rewolusie waarin SA op sy kop omgekeer en die blankes uitgeskud moet word. Die belangrikste wetlike instrument wat hulle hiervoor wil aanwend, is die Wetsontwerp op Onteiening, wat egter om tegniese redes nog nie deur die Parlement is nie. Daarom is dit vir alle regdenkende, eerbare en verdraagsame SA burgers noodsaaklik dat hierdie wetsontwerp wel nie deur die Parlement goedgekeur word nie. Dit is van kritieke belang.

Aan die positiewe kant is daar verskeie groeperinge in SA wat onverbiddelik teen die ANC en Zuma in besonder gekant is, soos die DA as amptelike opposisie, 'n aantal sterk burgerlike organisasies, besigheidskamers, ens. Hierby inbegrepe is uiteraard die meerderheid blankes, wat hoewel tans gefragmenteerd, die primêre teiken is van rassehaat, plaasmoorde en eskalerende “regstellende aksie.”

Ook aan die positiewe kant is dat die Zuma-blok tot in hul kern korrup is en eintlik lafaards is. Verseker behoort die eindoorwinning nie aan hulle nie, maar hulle kan geweldige skade aanrig. Daarom moet hulle met alle mag aangevat, teengestaan en verslaan word.

Daarvoor is daadwerklike aksie nou nodig, maar vir Christene lê die eerste middel “nie in krag of geweld nie, maar in my Gees, sê die Here van die leërskare.” Verootmoediging voor God Drie-enig en gebed en dan onder Sy leiding welke aksie ook al nodig mag wees.

Wat tans in SA aan die orde is, is basies die volgende vier dinge:
• Die land is oor 23 jaar deur die ANC-regering in politieke, ekonomiese en maatskaplike ellende gedompel, met 'n massa werklose en onoopgeleide swartes.
• Daar heers 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes.
• Die regering het sy klassieke mandaat versaak van 'n demokraties-verkose regering wat met belastingbetalergeld in beste belang van die burgers moet regeer. Die gevolg is dat die burgers geen keuse het as om te oorweeg om vir hul voortbestaan die reg in eie hande te neem nie.
• Die staatspresident en sy ondersteuners is buig of bars daarop ingestel om SA as land vir hulself te kaap en basta met die res.

Teen hierdie landsbedreiging op ongeëwenaarde skaal behoort 'n breë alliansie in die land op te staan en 'n strategie te ontwikkel en implementeer. Dit kan die volgende insluit:
• Eendragtige en volhardende teenstand in die Parlement.
• Media wat onbeskroomd en aanhoudend die waarheid uitdra.
• Politiese mobilisering vir die volgende stembus.
• Petisies op sosiale media.
• Weerhouding van belasting en eerder kanaliseer na alternatiewe burgerlike diensaksies.
• Burgerlike selfverdedigingstrukture skep.
• Blankes 'n politieke voorhoede stig vir noodsaaklike politieke leiding.
• Boikotaksies instel teen alle raskwotas – sport, skole, universiteite, die werkplek, ens.
• Effektief en waardig aan internasionale gesprekforums deelneem.
• Afrikaners as volk bymekaarkom en selfbeskikking verwesenlik.
• Militêre weerbaarheid vir reg en geregtigheid daarstel.
• Werk om 'n splinternuwe staatsbedeling in SA tot stand te bring gebaseer op vreedsame naasbestaan en vertikale ontwikkeling.

Die tyd vir speletjies is verby – dit is nou 'n geveg om lewe en dood.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge