ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Maimane vs. Zille: Implikasies vir DA

Dit is duidelik dat die formele klag binne die DA teen Helen Zille oor haar twiet dat alles van kolonialisme nie sleg is nie, grotendeels deur leier Mmusi Maimane persoonlik gedryf word. Dit is skynbaar vir swart politieke doeleindes, hoewel die verdere redes bevraagteken word, aangesien Zille in die oë van vriend en vyand uitstekende politieke baanrekord het, ook wat betref haar aandeel in die uitbou van die DA en haar sukses in die amp van Wes-Kaapse premier. Vir enige regsinnige kan alles van kolonialisme in SA nie sleg wees nie, want wat dan van demokrasie as sulks, die Parlement, Uniegebou, ens., ens., om nie eers te praat van die taal Engels waarin Maimane so lustig kommunikeer nie. Na ons mening gaan Maimane die eintlike verloorder in hierdie sage wees – 'n sage wat die potensiaal het om die DA uitmekaar te skiet.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge