Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

'n Insiggewende debat oor “radical economic transformation” is op 26 April 2017 op die program Morning Live op DStv kanaal 404 gebeeldsend. Die paneelbespreking is gelei deur SABC TV3 nuusleser Peter Ndoro met as paneellede Mzwanele Manyi van die Decolonisation Foundation, ekonoom Chris Hart en 'n blanke wat in die bestuur van 'n swart bemagtigingsinstansie dien, maar wie se naam ongelukkig nie nou beskikbaar is nie. Terwyl Manyi en die blanke vir SEB radikaal ten gunste was van “radical economic transformation” en gesê het dit beteken dat o.a. die beweerde 3% aandeelhouding van swartes in die JSE drasties verander moet word en dat baie meer swartes in bestuursposisies in die privaatsektor moet kom, het Hart daarop gewys dat volgens hom die grootste enkele probleem in SA is dat 12 miljoen nuwe werksgeleenthede geskep moet word ten einde 'n kritieke sosio-ekonomiese krisis effektief aan te spreek. Volgens hom kan dit slegs gebeur indien nuwe kapitaal geskep word en die volume van die ekonomie gegroei word, m.a.w. die koek moet groter gemaak word en beteken dit niks om binne die huidige klein koek eenvoudig van 'n blanke weg te neem en dit vir 'n swarte te gee nie.    

Die volgende drie mega nasionale en internasionale ekspo’s is op die korttermyn geprogrammeer:

  • MachineTools Africa 2017: 9-12 Mei – Nasrec Expo Centre, Johannesburg. Die grootste van sy soort in Afrika. Vir meer besonderhede en om te registreer, besoek www.machinetoolsafrica.co.za
  • Indutec 2017: 17-19 Mei - Gallagher Konvensiesentrum, Midrand. Toonaangewende nywerheids-, tegnologie- en verskaffingsekspo op die vasteland. Vir meer besonderhede en om te registreer, besoek www.indutecafrica.com
  • Securex 2017: 30 Mei – 1 Junie - Gallagher Konvensiesentrum, Midrand. Markleier in uitstalling van veiligheids- en brandbestrydingsbedryf. Vir meer besonderhede en om te registreer, besoek www.securex.co.za.  

Die NP van Wyk Louw Sentrum van die FAK bied op 4 Mei 2017 ‘n konferensie aan oor Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms vanaf 08:30 in die De Kroon Kamer van die Voortrekkermonument, Pretoria. In aanloop tot die konferensie word daarop gewys dat sowat 52% van gesinne in SA is vaderloos, in 2014 was daar by 13 676 (55.4%) van die 24 689 egskeidings wat gerapporteer is, kinders jonger as 18 jaar oud betrokke, die totale aantal kinders wat deur egskeidings geraak is in 2014 word gereken op 22 218, die werkende komponent van ouers in SA is tans oorwerk en die meer bevoorregte komponent van SA kinders kry tans soms te veel fokus. Die vraag word gevra watter rol kan ouers, kerke, skole en kultuurorganisasies speel om die morele vesel in die land op te tel en in stand te hou. Vir meer besonderhede oor die konferensie, volg hierdie skakel of kontak Samantha Muller by 012 301 1777 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..  

'n Groot slag teen die kernkragplanne van die regering en in besonder van pres. Jacob Zuma is geslaan toe die Hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat die ooreenkomste van die regering met Rusland, die VSA en Suid-Korea “ongrondwetlik” en “onwettig” is en dit tersyde gestel het. Die hofaansoek is in 2015 gebring deur Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe Omgewingsinstituut (SAFCEI) en het gevolg op berigte dat die regering 'n ooreenkoms met die Russiese kernkragmaatskappy Rosatom onderteken het met die oog op die implementering van 'n kernkragplan vir SA wat tot R1 000 miljard kan kos. Die Dept. van Energie het ook die verantwoordelikheid vir 'n kernkragtender vir SA na Eskom oorgeplaas. In al hierdie stappe het die hof bevind dat die korrekte prosedures nie gevolg is nie en dat daar nie aan die nodige wetlike voorskrifte voldoen is nie. Die hofuitspraak word wyd verwelkom deur energiekenners, omgewingsaktiviste en politici, wat dit eens is dat die land met die huidige kapasiteit van Eskom en met die potensiaal van hernubare energie op die langtermyn selfvoorsienend kan wees en dat die eintlike rede vir die kernkragplanne deel vorm van die poging tot staatskaping en die verryking van die betrokkenes.   

Die oë van die wêreld is tans op die Franse presidentsverkiesing gerig, veral omdat een van die voorlopers Marine Le Pen van die Front National ten gunste is van Frexit vir Frankryk en sou dit realiseer, sal dit 'n slag vir die Europese Unie en die planne van die Nuwe Wêreldorde (NWO) wees. Dit is so veral in die lig van die implikasies van Brexit en daarom werp die voorstaanders van NWO agter die skerms alles in die stryd om Le Pen van die finale nominasie te ontsê. Aanvanklik was daar 11 kandidate vir die Franse presidensiële verkiesing, maar uiteindelik het slegs vyf kandidate nog gestaan in die eerste rondte van die verkiesing op 23 April. Hieruit het die 29-jarige Emmanuel Macron van die party En Marche! (“Voorwaarts!”) 23,9% van die stemme gekry en Le Pen 21,4% en sal hulle sake uitspook in die tweede rondte komende Sondag. Macron het vanjaar van feitlik nêrens op die politieke toneel verskyn en homself sentristies geposisioneer – gematig, liberaal-kapitalisties en pro-EU. Le Pen aan die ander kant wil Frankryk so ver moontlik skoonmaak van Moslems en is vriendelik teenoor pres. Vladimir Putin van Rusland.  

Dit word beweer deur die publikasie Daily Maverick dat 'n Britse openbare betrekkingefirma Bell Pottinger verantwoordelik is vir die formulering van propaganda teen blankes in Suid-Afrika. Volgens die beweringe is Bell Pottinger deur die Guptas en die ANC / pres. Jacob Zuma gekry om 'n effektiewe strategie te ontwerp vir rasseverdeeldheid in SA en het in hierdie verband Duduzane Zuma, seun van die president en Fana Hlongwane, omstrede internasionale wapenagent, as tussengangers gedien, met die fooi vir Bell Pottinger na bewering sowat R24 miljoen. Dit wil voorkom of die firma terminologie soos “anti-colonialism”, “radical economic transformation” en “white monopoly capital” gemunt het en wat gonswoorde in die SA politieke debat geword het. Met die teenkanting in SA teen staatskaping en die Guptas het die temperatuur na bewering vir Bell Pottinger te warm geraak en is die dienskontrak met die Guptas beëindig. Die beweringe in hierdie verband geskied teen 'n baie grys politieke agtergrond en is dit moeilik om altyd feite van fiksie te onderskei, maar nietemin lyk dit of geloofwaardigheid aan die ondersoeke en beriggewing van Daily Maverick geheg kan word. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel. 

Veel kan gesê word oor hierdie nuutste gonsuitdrukking wat so kwistig aangewend word in die meedoënlose aanslag teen die blanke in SA, “radical economic transformation”, tesame met sy maatjie “white monopolistic capital”, maar dit moet duidelik besef word dat dit eenvoudig net beteken “vat by die blanke sonder vergoeding en gee vir swartes”.

Laat daar hieroor geen twyfel wees nie.

'n “Keelvolbrief” oor plaasmoorde is op 26 April 2017 deur AfriForum aan 'n verteenwoordiger van die kantoor van pres. Jacob Zuma by die Uniegebou oorhandig. In die brief word gemeld dat daar die afgelope boekjaar 357 plaasaanvalle in SA was waarin 74 mense gedood is en waar gemiddeld vier aanvallers per aanval betrokke was. Die brief van AfriForum is deur 175 000 mense onderteken, terwyl Steve Hofmeyr ook teenwoordig was met die oorhandiging. In die brief is ook genoem dat in 62% van die aanvalle was die slagoffers 51 jaar en ouer, terwyl die meeste aanvalle (17,6%) op 'n Saterdag plaasgevind het, gevolg deur Sondae (15,9%). 36% van die aanvalle was tussen 18:00 en middernag met 34% tussen middernag en 06:00.  

'n Interessante diagram is bekom waarin grafies die netwerk van sakebelange van die omstrede Gupta-familie uiteengesit word en hoewel die outentiekheid daarvan nie bevestig word nie, bied dit 'n insiggewende kykie in 'n netwerk wat kwalik anders beskryf kan word as 'n spinnerak. Vir die diagram volg hierdie skakel.

Die nuutaangestelde raadgewer van nuwe Minister van Finansies Malusi Gigaba, prof Chris Malikane, het in 'n artikel in die Sunday Times hom uitgespreek ten gunste van die nasionalisering van banke, myne en versekeringsmaatskappye. Hy stel ook voor dat 'n staatsbank gestig word wat alle finansiële instellings in staatsbesit kombineer en dat die Reserwebank met sy private aandeelhouers ook genasionaliseer word, terwyl hy ook 'n voorstaander is van onteiening van grond sonder vergoeding. Later het Gigaba op die vooraand van sy besoek aan die VSA Malikane gerepudieer en gesê Malikane is “oningelig”.

Bladsy 1 van 16

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

            Cosatu kies Ramaphosa bo Zuma as spreker by Werkerdag 1 2017    Zelda la Grange ook by Freedom Movement byeenkoms in Pretoria    Microsoft 28% styging in wins eerste kwartaal 2017    Groot belangstelling vir Nampo Oesdag 16 - 19 Mei    Kontroversie oor Maria Sharapova weer tennis speel na opkikkerskorsing    Swartwitpenskoei op veiling bu Mattanu Wildereservaat by Barkley-Wes verkoop vir R1,5 miljoen    Vier renosters in Bloemfontein Dieretuin gestroop - Munisipaliteit trek skouers op                   Volg ons ook op fb of besoek ons webwerf http://www.ditsem.net  vir aktuele nuus wat saak maak!    VSA het $19 triljard staatskuld plus ongeveer $300 triljard private skuld    Teken petisie van Ditsem Nuus teen grondonteiening! https://www.ipetitions.com/petition/weg-met-grondonteienings-wet …    SA benodig dringend 12 miljoen nuwe permanente werksgeleenthede om grootste probleem in land aan te spreek – ekonoom Chris Hart

ATKV