Report comment

Dit is jammer dat ons hier op Warmbad nie weet van hierdie kalender nie. Hier is die feeste in ons kontrei vir 2015:

Warmbad Geloftefees 2015
16 Desember 2015 om 08:45 by die NG Wesgemeente.
Almal wat eer aan die Here wil gee vir Sy genade en wonderwerke is welkom.
Na samesang word die tema "Wonderwerke van Bloedrivier" om 09:00 deur afgetrede geskiedenisonderwyser Gert Bouwer van Naboomspruit aangebied.
Dan volg tee en verversings en die erediens om ongeveer 10:15, gelei deur Ds Theuns Kriek.
Daar sal ook 'n boekuitstalling met interessante leesstof oor ons geskiedenis wees.
Navrae: Jan Greeff, 014 736 6676 of 084 548 3890 of e-pos na jan@verslank.net

Mabula Geloftefees 2015
16 Desember 2015 by die Mabula Boeresaal.
Die verrigtinge begin om 09:00 met 'n verwelkoming en die lees van die Gelofte, gevolg deur 'n erediens om ongeveer 09:10, gelei deur Ds Marli Potgieter.
Om 09:45 is daar 'n pouse, en die Feesrede om 10:00 deur Henry Combrinck.
Feesgangers word versoek om hul eie eet- en drinkgoed en eetgerei saam te bring sodat ons na die verrigtinge saam kan eet en kuier.
Navrae: Theo Ahlers, 082 824 7321

Berlyn Geloftefees
16 Desember by die plaas Berlyn naby Settlers
08:30 Verwelkoming, vlaghuising en lees van die gelofte
09:00 Erediens - Ds Chris Botha
10:00 Uitstalling en demonstrasie van oudhede
Bring julle teemandjies saam en kom geniet die dag.
Kampers is welkom om te kom oorslaap.
Navrae: Hannes van Heerden, 082 651 2885