Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Proaktiewe gemeenskapsveiligheid

Tydens 'n onlangse vergadering te Orania is die omvattende veiligheidsplan en gepaardgaande strategie bekendgestel wat OVD Veiligheid as geregistreerde veiligheidsmaatskappy die afgelope agt maande vir Orania en sy omliggende gebied ontwikkel het. Dit sluit in proaktiewe gebeurlikheidsbeplanning, 'n AfriForum-gekoppelde buurtwagstelsel en 24/7 kamera monitering van die dorp en sy toegange.

Op die vergadering het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, ook gedetailleerde terugvoering gegee oor eerstehandse waarneming en navorsing van die onlangse Coligny-onluste en watter lesse daaruit te leer is. Hy het ook aan die hand gedoen hoe Orania lesse uit Coligny met vrug kan toepas.

In 'n onderhoud later met Ditsem Nuus het André Coetsee, direkteur van OVD Veiligheid, gesê omdat 'n gemeenskap vandag so wyd versprei is, word hulle deur misdaad geraak, ongeag waar dit ook al plaasvind. Daarom volg OVD Veiligheid, gesetel te Orania maar met streeksreikwydte en selfs nasionale skakeling, 'n holistiese benadering wat die totale omringende gemeenskap insluit.

Volgens Coetsee kan misdaad net suksesvol bekamp word indien proaktief eerder as reaktief opgetree word. Dit vereis dat potensiële misdaad sover doenlik geïdentifiseer word voordat dit uitgevoer word en dat dit dan voorkomend bekamp word.

Dit is egter slegs moontlik indien daar, enersyds, positiewe samewerking is van al die segmente van die wyer gemeenskap en, andersyds, doeltreffende kommunikasielyne is tussen die gemeenskap, die SA Polisiediens en die betrokke private veiligheidsinstansies. Dit word bewerkstellig deur die sg. “goue driehoek” bestaande uit die SAPD, die gemeenskap en private veiligheidsinstansies.

Coetsee kan gekontak word by (053) 207 0069 of 082 464 1786 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

2 opmerkings

  • Danielirrab - Saterdag, 11 November 2017

    Обратите внимание!!!
    Реально полезная штука.
    С помощью этого средства можно восстанавливать любые кожаные изделия.
    Всегда пригодится в хозяйстве.
    [url="https://small-smile.ru/?p=10"]жидкая кожа[/URL]

    Report
  • ClaraImpot - Woensdag, 08 November 2017

    Hello friends!
    I am an official representative of private company which deals with all kinds of written work (essay, coursework, dissertation, presentation, report, etc) in short time.
    We are ready to offer a free accomplishment of written work hoping for further cooperation and honest feedback about our service.
    This offer has limited quantities!!!
    Details on our website:
    https://essay-top.biz/?p=3745

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge