ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek
Orania Groei Orania Groei wikipedia.com

Soos op hierdie blad gesien kan word, groei Orania besigheidsgewys sterk, met toenemende besighede wat nie net vir die dorp nie, maar ook vir die streek produkte en dienste lewer. Voorts is tans op Orania 119 wooneenhede in aanbou, terwyl sopas die Steenbok Herberg op die sportterrein voltooi is met die oog op huisvesting vir die AVS o/21-Bokkietoernooi wat vanaf 13-17 April 2017 aangebied word.

Ook op ander terreine is die vooruitgang van Orania en die aangrensende gebied sigbaar, soos nuwe instellings wat op die maatskaplike, ekonomiese en regsterreine ontwikkel word. Dit bring egter ook uitdagings en groeipyne mee, soos die vereistes van 'n doeltreffende verblyfregproses, onafhanklike regspraak, opleiding van vaardighede, ens.

Hoe dit ookal sy, Orania is kennelik op 'n opwaartse kurwe, terwyl Suid-Afrika sigself tans op 'n afwaartse spiraal bevind. Ten opsigte hiervan is Orania geposisioneer om 'n konstruktiewe bydrae te lewer in die Suid-Afrikaanse konteks.   

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge