Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Honderde ontstelde Transnet-pensioenarisse het verlede Woensdag op Kerkplein in Pretoria bymekaargekom en meer inligting geëis oor hul hofsaak teen Transnet en om uit te vind wat deur die Parlement gedoen word om hul haglike finansiële situasie te beredder. Die byeenkoms is toegespreek deur adv. Anton Alberts, Parlementêre woordvoerder van die VF Plus oor Vervoer en het gesê dat nie Transnet of die regering enige simpatie met die pensioenarisse het nie, ondanks tekens van ʼn skikkingsooreenkoms.

Vroeër het die Parlement ná openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, nl. die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF) met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal kan word. Die totale bedrag betrokke kan tot R3,2 miljard beloop.

Sedertdien het dit die afgelope naweek aan die lig gekom dat die Gupta maatskappye Regiments Capital en Trillian alreeds op 'n manier geskep het uit die Transnet pensioenfondse – 'n totale bedrag op hierdie stadium van sowat R500 miljoen word genoem.

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge