Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Sakegeleenthede (7)

'n Pekanneut-kursus vir gevestigde sowel as beginnerboere word 11-12 Julie 2017 te Orania aangebied, met lesings wat o.a. handel oor grondvoorbereiding, plantmetodes, beste kultivars, besproeiingstelsels, snoei van klein bome en organiese boerdery. Plaaslike boordbesoeke word ook gebring. Die kursus word ook toegespreek deur die wêreldbekende kundige prof. Esteban Herrera-Aguirre. Die pekanbedryf is tans in 'n bloeifase en die medium- sowel as langtermynvooruitsigte vir die bedryf is uiters belowend. Om die kursus by te woon of vir meer besonderhede, kontak dr. Ben de Klerk by 082 469 6880 of Faan Erasmus by 082 879 1433.

Uitstekende beleggingsgeleenthede is beskikbaar in die Gannabos Behuisingsprojek wat tans te Orania ontwikkel word ten einde die reuse plaaslike behoefte vir bekostigbare behuising aan te spreek. Die eerste fase met 18 wooneenhede is feitlik voltooi, met 'n verdere vyf fases en uiteindelik sowat 120 wooneenhede in die onmiddellike pyplyn. Die doel van die behuising is uitsluitlik verhuring en beleggers kan nie 'n spesifieke wooneenheid koop nie, maar wel aandele koop in Gannabos Behuising (Edms) Bpk, waarop 'n bo-gemiddelde opbrengs verdien kan word. Vir meer besonderhede, skakel Appie Pienaar by 083 454 4252 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Om die beste te kry van die Dohne Merinos as 'n SA-geteelde en dubbeldoelige skaapras, kan die jaarlikse produksieveiling van Schietfontein Boerdery in die distrik Philippolis bygewoon word op 22 Augustus 2017 om 11:00 by die Philippolis Skougronde. Vir meer besonderhede, kontak Niël Krüger by 071 570 0638 of 082 497 7794 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die herstel van verweerde en stukkende boeke en enige papierdokumente en publikasies is deesdae 'n rare vaardigheid en diens, maar dit is presies wat Bibliophilia gebaseer te Philippolis doen. Vir meer besonderhede, kontak Ina by 084 491 5098 of Lena by 072 299 3078 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Klok Inn, ‘n nuwe vakansie-oord net buite Hopetown op die R12 na Kimberley, voor die brug oor die Oranjerivier, op linkerhand, word tans ontwikkel en is in die eerste fase reeds oop vir die publiek. Chalets, kampeerplek, bootvaart, ens. Vir meer besonderhede skakel Rikus by 064 687 5522 of besoek die Facebookblad.
Die grootste enkele projek vir die ontwikkeling van ligte nywerheidspersele in Orania vind tans plaas in die vorm van die Horison Nywerheidskorf te Kareeboomlaan in die Nywerheidsgebied. Die totale grondoppervlakte van die perseel is 8 906 m2 en die ontwikkeling teen 'n totale projekkoste van nagenoeg R13 miljoen, bestaan uit die volgende komponente: 'n Nuwe ligte nywerheidsgebou van 540 m2 met 3-fase elektrisiteit op koopkrag en te huur @ R30/ m2 / Drie identiese geboue, elk 360 m2 verhuurbare persele elk met werkswinkellokaal, kantoor, kombuis en toilet @ R22,50/ m2 / 14 x selfstooreenhede onder een dak, elk 25 m2 en met eie toesluittoegang te huur @ R875 per maand / Binne 'n bestaande gebou reeds geokkupeer 'n afsonderlike lokaal van 170 m2 te huur as 'n ingerigte vleisverwerkingsperseel @ R30/ m2 / Aangrensend aan Kareeboomlaan vier winkelpersele elk 100 m2 en oopplan te huur vanaf Januarie 2018 @ R30/ m2. Vir meer besonderhede kontak Rikus van Staden by 082 894 5053 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Eerste DIY winkelsentrum in sentraal SA! 15 megawinkels in een kompleks met nog slegs twee winkelpersele beskikbaar – een van 485 m2 en een van 105 m2, laasgenoemde met ingeboude kluis. Persele kan doelontwerp ingerig word. Slegs vir huurders in sektore DIY, buitelewe, motorpas en onderdele. Word deel van 'n dinamiese wenspan! Kontak Johan de Beer by 082 690 2695 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Eerste DIY winkelsentrum in sentraal SA! 15 megawinkels in een kompleks met nog slegs twee winkelpersele beskikbaar – een van 485 m2 en een van 105 m2, laasgenoemde met ingeboude kluis. Persele kan doelontwerp ingerig word. Slegs vir huurders in sektore DIY, buitelewe, motorpas en onderdele. Word deel van 'n dinamiese wenspan! Kontak Johan de Beer by 082 690 2695 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV