ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

TV debat oor “radical economic transformation”

Ekonoom Chris Hart Ekonoom Chris Hart

'n Insiggewende debat oor “radical economic transformation” is op 26 April 2017 op die program Morning Live op DStv kanaal 404 gebeeldsend. Die paneelbespreking is gelei deur SABC TV3 nuusleser Peter Ndoro met as paneellede Mzwanele Manyi van die Decolonisation Foundation, ekonoom Chris Hart en 'n blanke wat in die bestuur van 'n swart bemagtigingsinstansie dien, maar wie se naam ongelukkig nie nou beskikbaar is nie. Terwyl Manyi en die blanke vir SEB radikaal ten gunste was van “radical economic transformation” en gesê het dit beteken dat o.a. die beweerde 3% aandeelhouding van swartes in die JSE drasties verander moet word en dat baie meer swartes in bestuursposisies in die privaatsektor moet kom, het Hart daarop gewys dat volgens hom die grootste enkele probleem in SA is dat 12 miljoen nuwe werksgeleenthede geskep moet word ten einde 'n kritieke sosio-ekonomiese krisis effektief aan te spreek. Volgens hom kan dit slegs gebeur indien nuwe kapitaal geskep word en die volume van die ekonomie gegroei word, m.a.w. die koek moet groter gemaak word en beteken dit niks om binne die huidige klein koek eenvoudig van 'n blanke weg te neem en dit vir 'n swarte te gee nie.    

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits