Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Massa-aflegging by Sibanye Gold

Daar is sprake dat die mynmaatskappy Sibanye Gold 'n totaal van 10 200 poste in die slag gaan laat bly. Hoewel die amptelike syfer van geaffekteerde werkers 7 400 is, is daar ook nagenoeg 2 400 kontrakteurs, 365 werknemers wat as deel van ʼn vorige afskalingsproses nog nie geplaas is nie en ook nagenoeg 50 bestuurslede wat geraak word. Die strukturele aanpassing is omdat Sibanye sy Suid-Afrikaanse bedrywighede afskaal ten einde sy VSA-belange te bevorder.

In reaksie hierop sê Solidariteit: “Inaggenome dat ʼn mynwerker nagenoeg 10 afhanklikes het om te versorg en daar afstroom nog vele poste verlore gaan vir elke voltydse mynwerkerspos wat afgeskaf word, gaan die afleggings ʼn wye impak op onskuldige mense hê. Na ons mening volg die myne wat nou geaffekteer is, oneffektiewe mynbouprosesse, wat weer ʼn produksiebottelnek veroorsaak en verhoed dat goudstof doeltreffend onttrek word. Voorts was daar ook onlangse bestuurskommelinge by van die skagte wat eens winsgewend was, waar bekwame bestuurspanne met onervare bestuurspanne vervang is en dit onmiddellik tot verliese gelei het.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge