Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Solidariteit Kosteverslag 2017

In hul verslag oor bankkoste in SA pas gepubliseer, sê die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI): “Daar is bewys van voortdurende sterk mededinging in die transaksionele bankruimte en het die vier groot banke het weinig ruimte om fooie aan die onderpunt van die mark te verhoog, soos wat die markaanbieding van Capitec vereis. Die banke kan ook nie toelaat dat die gaping tussen die bondelrekening wat aan middelinkomstegroepe bemark word, en die goedkoper rekeninge te groot word nie, anders loop hulle die risiko dat kliënte na die goedkoper opsies sal skuif of eenvoudig na mededingers sal oorskakel. “Te oordeel aan fooie in die lae-inkomste- en basiese bankruimte, word Capitec vanjaar net-net geklop deur Absa se Transact-rekening, FNB se Easy Account en Nedbank se Pay-As-You-Use. As die rente wat Capitec betaal in ag geneem word, is Capitec egter steeds, maar net-net, die goedkoopste rekening. Met dit in ag geneem, is Absa se Transact-rekening nou ’n werklik dwingende proposisie vir kliënte wat selde indien ooit meer as R2 000 in hul rekening hou. “M.b.t. die vlagskiprekeninge van die vier groot banke wat aan kliënte met middelklasinkomste en gesofistikeerde bankbehoeftes bemark word, is Standard Bank se Elite Plus-rekening nie meer die goedkoopste opsie nie, maar word dit getroef deur Absa se Gold Value Bundle-rekening en Nedbank se Savvy Plus-rekening. Nadat Nedbank onttrekkingsgelde vir kontant by kleinhandelaars afgeskaf het, is sy Savvy Plus-rekening vanjaar op hierdie vlak mededingend vir kliënte wat om enige rede nie by Capitec wil bank nie. “Vir rekeninge wat aan hoërmiddelklaskliënte bemark word, klop Absa se Platinum Value Bundle die ander banke beduidend as net koste in ag geneem word, maar koste is egter nie die enigste rede waarom kliënte hierdie duurder rekeninge oorweeg nie en sluit dit gewoonlik bykomende voordele in.” Vir die volledige Bankkosteverslag, volg hierdie skakel: https://solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2017/08/Solidariteit_se_Bankkosteverslag_Finaal.pdf

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge