ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl
Die internasionale lughawe Bram Fischer by Bloemfontein het twee gesogte toekennings van Airports Council International (ACI) gewen. Dit is aangewys as die beste lughawe in Afrika in die afdeling vir lughawens wat minder as 2 miljoen passasiers per jaar hanteer asook die lughawe in Afrika wat die grootste verbetering ondergaan het. Esmeralda Barnes, bestuurder van die lughawe, sê: “Ek is baie trots op die erkenning. Alle erkenning gaan aan al die passasiers wat deur ons lughawe gaan, want dit is hul persepsie van hul ondervinding en hul gevoel met al die verskillende prosesse wat hulle moet volg om by die eindbestemming uit te kom, wat saak maak. Beoordeling word deur eksterne partye gedoen en deur ouditeure nagegaan, sonder om deur enige personeellid van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) beïnvloed te kan word.” Sy sal die trofeë in Oktober in Mauritius op ‘n prysuitdelingsgeleentheid in ontvangs neem. Die beste lughawens in Afrika wat meer as 2 miljoen passasiers hanteer, die Mauritius-lughawe, die Internasionale Lughawe King Shaka in Durban en die Kaapstadse. Internasionale Lughawe in onderskeidelik die eerste, tweede en derde plek. In Europa was die wenner die Sochi-lughawe in Rusland.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge