adendorff bannier

R157 miljoen staatsgeld vir swart nyweraars

'n Bedrag van R157 miljoen uit belastingbetalergeld word gegee vir twee vervaardigingsprojekte van swart nyweraars in die Oos-Kaap. Die een is Kenako Medical wat sê dat hulle ‘n aanleg vir die vervaardiging van mediese toerusting in die Coega Industrial Development Zone in Port Elizabeth gaan vestig en in die proses 1 000 volhoubare poste gaan skep en R800 miljoen in die provinsiale ekonomie gaan inpomp. Hierdie projek kry R50 miljoen by die sg. Black Industrialists Incentive Scheme en R75 miljoen by die National Empowerment Fund. Die tweede projek is 'n mieliemeule wat die Nciba Grain Group in Qokolweni Village in Mthatha beplan en wat R8.5m van die Black Industrialists Incentive Scheme ontvang en R24,5 miljoen van die Landbank. Lees verder: https://www.thedti.gov.za/editmedia.jsp?id=4036
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits