Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

SA se strategiese brandstofvoorraad verkoop

vorige Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson vorige Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson www.dailymaverick.co.za

Nuwe Minister van Energie Mmamoloko Kubayi het voor die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Energie erken dat 10 miljoen vate ruolie as die strategiese brandstof wat in voorraad vir Suid-Afrika gehou word vir geval 'n internasionale energiekrisis sou opduik, in Desember 2015 verkoop is vir slegs $28 per vat - $10 onder die destydse markprys. Die voorraad is verkoop deur die Strategiese Brandstoffonds (SFF). 'n filiaal van die Sentrale Energiefonds (SEF). Die vorige Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson het verlede jaar in die Parlement ontken dat die strategiese olievoorraad verkoop is en dat dit net sg. “geroteer” is. Nou blyk dit dat sy gelieg het. Intussen het die waarnemende uitvoerende hoof van die SFF bedank. Nou met ondersoeke deur opposisiepartye in die Parlement en die Ouditeur-generaal word geskarrel om die sondebokke van hierdie uiters skokkende diefstal en korrupsie aan die man te bring. Aan die positiewe kant het Kubayi beïndruk met haar openhartige openbaring van die ware feite en die kundige wyse waarop sy vrae beantwoord. Hoe dit ook al sy, dit wil voorkom dat hier 'n enorme skandaal besig is om ontbloot te word.  

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Plan met staatsdienspensioene vir SAL... http://fb.me/204dbBDY0     Raubex gee honderde miljoene vir SEB... http://fb.me/27JlwMQ62     Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind... http://fb.me/1v6TBHWIW     Stryd teen Trump en Putin... http://fb.me/1qPQAXM2Z     Trump op eerste buitelandse besoek... http://fb.me/29uFJWorW     Beoordeling van huidige situasie in SA... http://fb.me/1mziRmcXx     Energieprogram kan ontwikkeling in Bo-Karoo bepaal... http://fb.me/1md92br6Y     Reuse Christen-kerk in China gebou... http://fb.me/6CbG18UeH     Harde woorde van SARK vir Zuma... http://fb.me/26Csh1mjx     Sowat R36 miljoen vrugteloos op nuwe Vrystaatse Wetgewergebou... http://fb.me/3dQ5VLAF4        Reusevergoeding oor regstellende aksie... http://fb.me/1oH5zCik6     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8K0LjgaQm     Dohne Merinos produksieveiling... http://fb.me/5AXDqt4F4     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8Yv7VuYYg     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8EceuW9s8     Kursus in Pekan verbouing... http://fb.me/1XPGKXl1x     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/1kpQEiQEq     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/7X058faaC     Stryd om Afrikaans as hoftaal... http://fb.me/8scZR8kMs 

ATKV