ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Zimbabwe skuld Eskom R1,078 miljard

Na berig word, skuld die Zimbabwiese energieverskaffer Zesa Holdings Eskom 'n totale bedrag van R1,078 miljard vir elektrisiteitsaankope, waarvan R603 miljoen ingevolge 'n terugbetalingsplan einde Maart 2017 betaalbaar was. Daarvan is slegs R484 miljoen betaal en nou dreig Eskom om kraglewering aan Zesa Holdings te sny indien die balans van R118 miljoen op die terugbetalingsplan nie voor 1 Junie 2017 betaal is nie. Die totale kragverbruik van Zimbabwe beloop 1 400 MW per dag, waarvan 'n gedeelte vanaf die Kariba hidroëlektriese kragstasie verkry word en die balans vanaf Eskom. Laasgenoemde dreig om sy voorsiening aan Zesa van 300 MW per dag te staak, wat skadelike gevolge vir die Nywerheids- en landbousektor van die land kan inhou.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge