Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Ekonomiese toestande stresgevolge

Luidens ʼn onlangse artikel in Biznews wat gegrond is op navorsing gedoen deur Discovery Health, het die behandeling van mense met geestesverwante siektes die afgelope vyf jaar met sowat 80% gestyg en die oorsake hiervan word grootliks toegeskryf aan hoë stresvlakke a.g.v. die huidige ekonomiese toestande. Daar is voorts bevind dat geestesgesondheid vinnig besig is om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika.

Volgens die VF Plus word die krisis vererger deur die uiters gebrekkige geriewe in die onderskeie provinsies om mense met geestesiektes te behandel. Dit blyk dat depressie en ander verwante toestande die grootste deel van die probleem uitmaak en daar word bereken dat die ekonomiese impak hiervan in terme van produktiwiteit, tans tussen R12- en R16 miljard per jaar beloop.

Navorsing van die London School of Economics oor die verskillende faktore wat ʼn effek op mense se lewensgenietinge het, toon dat dit veel makliker is om ʼn liefdesteleurstelling of die dood van ʼn geliefde te verwerk as werkverlies. Die gemiddelde werkloosheidsyfer van die land staan juis tans op sowat 27% van die totale bevolking, aldus Stats SA, terwyl Stanlib die werkloosheidskoers onder mense jonger as 25 op bykans 64% stel.

Dit klop met syfers van die Wêreldekonomiese Forum wat sê meer as 50% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 is werkloos - op twee na die grootste werkloosheidsyfer ter wêreld. Derhalwe kan die hoë stresvlakke in die land vanweë die ekonomiese krisis in werklikheid onberekenbare gevolge inhou.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Coenie Hanekom - Donderdag, 10 Augustus 2017

    Die grootste probleem om werk te kry is as jy blank is.Ek is afgele by my werk was 'n elektriese superintenant het oor die 32 jaar ondervinding is 54 jaar ou en kry nerens werk nie.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge