Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

NGV kan 1,9 miljoen ontkoppel van mediese fondse

Volgens die konsultasiefirma Econex kan tot 1,9 miljoen mense hul mediese fondse verloor indien die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) van die regering binne afsienbare tyd geïmplementeer word. Dit is omdat die regering belastingkorting op medies fondsbydraes wil staak en die geld eerder aanwend vir die NGV. Die betrokke bedrag beloop sowat R20 miljard per jaar. Sowat 22% van mediese fondslede val in die kategorie wie se kortings in die slag sal bly volgens die bepalings van die NGV wat in 'n witskrif gepubliseer is. Vir lede in hierdie kategorie is daar tans vir 'n hooflid 'n belastingkorting van R270 per maand, asook R270 vir die eerste afhanklike en R181 vir alle ander afhanklikes. Dit beteken dat vir iemand met vier afhanklikes 'n belastingkorting van bykans R13 000 per jaar – wat dan moontlik daarmee heen kan wees. Intussen word berig dat mediese fondse tans onder geweldige druk is van bedrog wat gepleeg word, misbruik en vermorsing, soveel so dat van die fondse ineen kan stort indien die probleme nie dringend en daadwerklik aandag kry nie. Daarom word 'n beroep op die regering gedoen om hierdie situasie uit te sorteer voordat verder aandag aan die implementering van die NGV gegee word.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge