Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Verkeerd eet - dié siekte van ons tyd

Ditsem Nuus het nog altyd `n gevoel gehad vir `n stylvolle leefstyl - om styl te hê in jou lewensgang sonder om opgeblase of kunsmatig te wees. Dit is as`t ware deel van ons psige.
Daarmee saam is ons baie bewus van gesonde leefstyl, wat begin by `n Christelike uitgangspunt en wat insluit gesond eet en gereeld oefen.
In die jongste tyd het ons des te meer bewus geraak van hoe verreikend gesond eet inderdaad is - dat ons “normale” kosse en eetgewoontes eintlik baie ongesond is. Op die teenkant is die groot riglyn om jou kos in so `n natuurlike vorm as moontlik te eet
Teen hierdie agtergrond gaan Ditsem Nuus vanaf hierdie uitgawe maandeliks `n rubriek publiseer onder die opskrif Verkeerd eet - die siekte van ons tyd. Die reeks artikels word geskryf deur Eugene Daamen van Perfect Pulse Gimnasium in Bloemfontein en daarin sal elke keer `n ander relevante aspek onder die loep geneem word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge