Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Só herstel jou liggaam van sigarette

As jy 'n tipiese 20 x sigarette-per-dag-roker is en jou gewoonte staak, sal jou liggaam waarskynlik soos volg reageer:
Twee uur nadat jy opgehou rook het, is daar nie meer nikotien in jou bloedstroom nie. Dit neem 'n verdere twee dae vir al die nikotienbyprodukte om jou liggaam te verlaat.
Binne ses uur sal jou hart stadiger klop en jou bloeddruk effens val. Dit neem 3 tot 30 dae vir jou bloeddruk om na normaal terug te keer.
Binne 12 tot 24 uur sal die koolstofmonoksied uit jou liggaam wees. Jou longfunksie sal verbeter, jy sal minder kortasem wees en jou stamina sal verbeter.
Binne 'n paar dae sal jy varser voel en ruik. Jou smaaksintuig sal herstel en jou reuksintuig verbeter.
Binne dae sal die slym wat in jou longe opgebou het, loskom en jy sal dit oor die volgende paar weke uithoes. Die liggaam sal skoner word deurdat die fyn haartjies in die longweë herstel.
Dit kan tot drie maande neem voor dié haartjies heeltemal herstel het en die longe heeltemal skoonmaak.
Binne drie weke sal jou longe beter werk en oefening sal makliker wees.
Binne twee maande sal die bloedvloei na jou limfvaatstelsel verbeter.
Jy sal meer energie hê en 'n gevoel van trots en oorwinning ervaar.
Jou tande sal witter wees. Die bloed en ander selle wat jou longe uitvoer, sal na normaal terugkeer, hoewel dit lank neem.
Ná 12 maande is die risiko vir koronêre hartsiektes byna die helfte as toe jy nog gerook het en ná vyf jaar is die risiko vir longkanker die helfte as toe jy nog gerook het en ná 15 jaar is die risiko vir koronêre hartsiekte amper dieselfde as vir nie-rokers.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge