adendorff bannier

Grond (9)

In 'n mediaverklaring sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus: “Die ANC en EFF misbruik die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper as rookskerm vir die ware redes waarom grondhervorming misluk - dit is eintlik die onbevoegdheid en korrupsie onder amptenare in die grondhervormingsproses. Dit is uiters gevaarlik en onverantwoordelik is om te dreig dat grond sonder vergoeding van wettige eienaars afgevat kan word, aangesien so ʼn situasie selfs tot ʼn burgeroorlog kan lei. Hierdie retoriek oor grondgryp sonder vergoeding maak dit duidelik dat daar ʼn verkiesing op pad is in Suid-Afrika en dat die tema grond gaan wees. Dit wil voorkom of daar ʼn kompetisie is tussen die ANC en die EFF oor wie die meeste beloftes oor grond aan voornemende kiesers kan maak. Dit is nie waar dat wittes die grond in die land net deur oorlog van swartes afgeneem het nie, bv. in baie gevalle is grond aan Voortrekkers gegee en geruil. Daar is tans meer as 20 000 plase in die ope mark, waar die prys tot 20% goedkoper is as markwaarde weens die droogte en dit bewys dat klagtes teen die gewillige koper/gewillige verkoper-beginsel bloot misbruik word as verskoning.”

In 'n mediaverklaring sê VF Plus-leier, Pieter Groenewald: “Die ANC-regering sloer opsetlik en vir eie politieke gewin met grondhervorming. ʼn Bewys hiervan is dat daar in byna 20 jaar steeds eise is wat nog nie afgehandel is nie. Dit is vir die ANC belangrik dat sy president moet rondgaan en vir die mense sê hulle kan nie grond kry nie want die witmense het dit gesteel en daarom moet dit eers onteien word sonder vergoeding. Dit is ʼn gevaarlike politieke speletjie want dit plaas voedselsekerheid en sekuriteit op die spel. Dit is maklik om te sê wittes besit 80 % van grond in Suid-Afrika. Die minister moet sê of dit waar is. Ek vra reeds sedert 2004 vir ʼn oudit oor grondbesit. In 2015 het die ANC in sy eie beleidsdokumente gesê die tweede fase van die oudit sal beskikbaar wees teen September 2015. Hierdie tweede fase is baie belangrik, want dit sal die ras en geslag van grondeienaars aantoon. Nou is ons reeds in 2017. Waarom word dit nie bekend gemaak nie? Die antwoord is dat dit die ANC pas. Die regering kan nou aan mense sê die beloftes wat oor grond gemaak is, sal nagekom word sodra die struikelblokke uit die weg geruim is. Die regering moet nou die grond in sy besit aan die mense gee. Tot nou toe is net 1 uit elke 10 titelaktes van grond wat deur grondhervorming oorgedra is, aan die nuwe eienaars oorhandig. 90% van die titelaktes is by die regering en besit die staat steeds die grond. Waarom dra die regering nie die titelaktes aan die nuwe eienaars oor nie? Dit word nie gedoen nie omdat dit die ANC se politieke agenda pas. Die minister het gesê hy het van Zimbabwe geleer om grond nie net te gryp nie en dat dit wettiglik gedoen sal word. Maar die ANC is tans besig om grondgryp deur die staat te wettig. Die regulasies wat die Waardeerder Generaal (WG) hieroor gepubliseer het, maak dit duidelik dat eienaars minder as die markwaarde, en selfs tot net die helfte daarvan, kan kry. Ek wil aan die mense van Suid-Afrika sê om na hierdie regulasies te kyk. Hulle moenie dink dit is net landbougrond wat ter sprake is nie. Dit raak alle eiendom in Suid-Afrika. As die nuwe Onteieningswet in plek is, gaan die regulasies van die WG op almal se eiendom van toepassing wees. Dit sluit ook ontroerende eiendom in. Hierdie regulasies is die rooi vlag wat vir grondeienaars sê om wakker te skrik en hul besware teen die wet in te dien,” aldus Groenewald.

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n mediaverklaring deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), soos volg uiteengesit: “Die omstrede wetsontwerp is 'n poging deur die regering om beheer oor die landbou te verkry d.m.v. ʼn reeks regulatoriese intervensies. Hierdie intervensies poog om onder andere die volgende in te stel: ʼn grondkommissie, ʼn register van landbougrondeienaarskap waarin ras, geslag en nasionaliteit aangedui moet word, ʼn verbod op die verkryging van landbougrond deur buitelanders, kategorieë van plafonne wat die besit van landbougrond beperk, en om sekere grondgedeeltes wat die aangewese plafonne oorskry as landbougrond vir hertoewysing te oormerk. Daar heers tans onsekerheid in die landboubedryf oor die presiese uitwerking van die wetsontwerp, maar dit sal waarskynlik skadelik vir die ekonomie wees. Solidariteit se aanbeveling is dat die wetsontwerp teruggehou moet word totdat ʼn deursigtige sosio-ekonomiese koste-voordeel-analise uitgevoer is en dit aan ʼn openbare ondersoek onderwerp word. ʼn Verdere problematiese aspek is dat dit moeilik is om die presiese ekonomiese impak te bepaal omdat daar onsekerheid bestaan oor die werklike aard van die genoemde plafonne.” Vir meer besonderhede, kontak Gerhard van Onselen by 079 522 5764 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n mediaverklaring deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), soos volg uiteengesit: “Die omstrede wetsontwerp is 'n poging deur die regering om beheer oor die landbou te verkry d.m.v. ʼn reeks regulatoriese intervensies. Hierdie intervensies poog om onder andere die volgende in te stel: ʼn grondkommissie, ʼn register van landbougrondeienaarskap waarin ras, geslag en nasionaliteit aangedui moet word, ʼn verbod op die verkryging van landbougrond deur buitelanders, kategorieë van plafonne wat die besit van landbougrond beperk, en om sekere grondgedeeltes wat die aangewese plafonne oorskry as landbougrond vir hertoewysing te oormerk. Daar heers tans onsekerheid in die landboubedryf oor die presiese uitwerking van die wetsontwerp, maar dit sal waarskynlik skadelik vir die ekonomie wees. Solidariteit se aanbeveling is dat die wetsontwerp teruggehou moet word totdat ʼn deursigtige sosio-ekonomiese koste-voordeel-analise uitgevoer is en dit aan ʼn openbare ondersoek onderwerp word. ʼn Verdere problematiese aspek is dat dit moeilik is om die presiese ekonomiese impak te bepaal omdat daar onsekerheid bestaan oor die werklike aard van die genoemde plafonne.” Vir meer besonderhede, kontak Gerhard van Onselen by 079 522 5764 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

TLU SA het 'n beloning van R100 000 aangebied vir enige een wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiële boer of lid van TLU SA sy grond wederregtelik bekom het en dus neerkom op diefstal van grond. In 'n mediaverklaring sê TLU SA dat dit “behoorlik moeg is vir beskuldigings dat boere die land se grond gesteel het en dat dit die rede is waarom al meer stemme opgaan vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Daar word alewig allerhande vae beskuldigings gemaak in die verband, maar nog niemand kon met enige konkrete bewyse van gronddiefstal vorendag kom nie. Daarom het TLU SA besluit om ‘n beloning van R100 000 aan te bied vir enige bewys van hierdie beskuldigings. Almal wat glo in ekonomiese groei, werkskepping en armoede verligting, moet daadwerklik nou saamstaan en die ernstige bedreiging van populêre leuens weerstaan. Moet nie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”

'n Nuwe wetsontwerp, die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit en wat verlede maand deur Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti in die Staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar slegs tot en met 17 April 2017, het duidelik ten doel om grond van blankes op 'n skelm manier te verkry. Volgens die wetsontwerp sal, indien dit aangeneem word, geen blanke meer eerste die keuse hê om grond te koop nie en sal blanke boere eers wanneer die minister en moontlike swart grondkopers nie belangstel nie, landbougrond kan koop. Selfs landbougrond uit bestorwe boedels word ook aan die beoogde wet onderwerp en moet dit eerste aan die minister en potensiële swart kopers aangebied word voordat dit deur blanke erfgename of ander blankes uit die boedel aangekoop kan word. Die minister sal ook ingevolge die wetsontwerp landbougrond kan onteien in gevalle waar nie op 'n bedrag tussen die departement en die grondeienaar ooreengekom kan word nie. Vir die volle teks van die wetsontwerp, in Engels, lees verder hier: http://www.gov.za/documents/regulation-agricultural-land-holdings-bill-draft-17-mar-2017-0000

Beide die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit spruit uit die bekruipende sug van radikale swartmense om grond en die besittings van blankes sonder vergoeding te mag ontneem. Dit het in Zimbabwe gebeur, maar ANC politici het jare gelede gesê dit sal nooit in Suid-Afrika gebeur nie.

In 2013 het pres. Jacob Zuma egter tydens die verjaardagviering van die ANC gesê dat 'n wet nodig is om grond en eiendom te mag vervreem sonder vergoeding. Hy het ook gesinspeel daarop dat blankes die grond van swartmense in SA “gesteel” het.

Mettertyd het hierdie wekroep al sterker geword en het Zuma openlik begin verklaar “dat blankes die grond van swartmense in die land gesteel het en dat dit sonder vergoeding aan die regmatige eienaars terugbesorg moet word.” Hy het ook gesê dat al die moeilikheid in SA het begin die dag in 1652 toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het.

Spoedig het 'n koor van radikale swart aktiviste vir Zuma al sterker begin steun, met Julius Malema en sy EFF die voorsangers. Vir laasgenoemde het blatante grondgryp sonder vergoeding formele beleid geword en sê hulle “blankes is besoekers wat op hul plek gesit moet word.”

Die gevolg was dat die Wetsontwerp op Onteiening in 2013 die lig gesien het as monsterwet wat die Wet op Onteiening van 1975 moes vervang. Laasgenoemde wet was bedoel om te help om openbare infrastruktuur te bestuur en het markverwante vergoeding in die geval van onteiening voorgeskryf.

Die nuwe wetsontwerp verander die bepaling van vergoeding volgens markwaarde na “billike en regverdige” vergoeding soos dit in artikel 25 van die Grondwet uiteengesit word. Verder bekragtig die huidige wetsontwerp ook die vermoë van die staat om in die “openbare belang” te onteien. In dié opsig sluit die openbare belang grondhervorming en gelyke toegang tot die land se hulpbronne in – dus duidelik polities-gedrewe.

Die reg op private besit van grond en eiendom, regmatig verkry op die basis van gewillige-verkoper-gewillige-koper en gedokumenteer in die aktekantoor, vorm sedert die vroegste beskaafde tye in SA en in die res van die vrye wêreld die hoeksteen van 'n vrye markekonomie. Dit is dan ook uitdruklik verskans in die huidige Grondwet van SA, 108/1996, artikel 25, wat soos volg lui: “25 (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. (2) Eiendom mag slegs ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word – (a) vir 'n openbare doel of in die openbare belang; en (b) onderworpe aan vergoeding, waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling òf deur diegene wat geraak word aanvaar is of deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.”

Die wetsontwerp van 2015 is dus in stryd met die Grondwet en boonop word in die wetsontwerp gesê: “Property is not limited to land and includes a right to such property.” Die Wetsontwerp op Onteiening bevat dus 'n sluwe, verreikende voorsiening dat enige eiendom – ook persoonlike besittings, huisinhoud, voertuie, aandele, ens. – sonder vergoeding ontneem kan word.

Daarenteen voer die regering aan dat die nuwe wet nodig is om onteiening landwyd op 'n eenvormige, prosedureel korrekte en nie-arbitrêre wyse te bestuur. Daar word voorts aangevoer die doelwitte van grondhervorming en gelyke toegang tot hulpbronne, as deel van die sogenaamde openbare belang, word ook sterk nagestreef. Die regering ag dus die regverdiging om te onteien breër as bloot net die bou van openbare infrastruktuur.

Volgens kritici van die wetsontwerp, soos verskeie opposisiepartye, Agri SA, Solidariteit, die Instituut vir Rasseverhoudinge, ens., is die bewoording van die teks so wyd dat dit inderdaad 'n Trojaanse perd vir onteiening van eiendom is sonder vergoeding. Hulle sê 'n gevolglike verswakking van private besitregte van ekonomiese hulpbronne en bates sal katastrofale gevolge vir die ekonomie inhou.

Sonder eiendomsekerheid sal plaaslike belegging en kapitaalaanwending ernstig gestrem word en kan kapitaalwaardes van eiendom intuimel. Verder bestaan die moontlikheid natuurlik ook dat die onteiening met korrupsie vervleg sal word.

Inmiddels word die gedreun uit radikale politieke geledere al harder dat “blankes die grond gesteel het en dat dit sonder vergoeding teruggevat moet word. "Dit word gestel as sleutel tot “radikale ekonomiese transformasie, volvoering van die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) en kitsoplossing vir grootskaalse swart armoede in die land.”

Zuma is die voorbok in hierdie verband en wil nou hê dat 'n splinternuwe wet aanvaar moet word wat grondonteiening sonder vergoeding maklik maak en dat die Grondwet dienooreenkomstig gewysig word. Hierin word hy gesteun deur die feitlik 24/7 stroom propaganda uit DStv kanaal 405 van ANN7 van die Guptas.

Inmiddels is die Wetsontwerp op Onteiening in 2016 deur die Parlement goedgekeur en na pres. Zuma verwys vir ondertekening en bekragtiging as wet. Zuma het dit egter, eienaardig genoeg, nie geteken nie en dit terugverwys na die Parlement met die kommentaar dat iets van die wetsontwerp of iets prosedureels strydig met die Grondwet is en dat die wetsontwerp weer hersien moet word. Vir die volle teks van hierdie wetsontwerp, kliek hier.

Met die debat oor hierdie wetsontwerp in die Parlement het Malema van die EFF 'n mosie ingedien dat alle swart Parlementslede, insluitende die ANC, moet saamstaan en goedkeur dat 'n wet geformuleer en aanvaar word wat grond- en eiendomsontneming magtig. Die mosie is egter met 261 teen 33 stemme verwerp.

Dit was 'n wonderbaarlike slag vir voorgenome grondgryp en het bewys dat daar 'n formidabele element van swartes in die land is wat grondontneming sonder vergoeding afwys – 'n bemoedigende teken. Desondanks word die eise om grond in blanke besit al skerper en is as gevolg hiervan is die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit in Maart 2017 deur Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar - slegs tot en met 17 April 2017. Hierdie wetsontwerp het duidelik ten doel om grond van blankes met 'n steelhou in te palm, inderwaarheid om blankes te ontneem van die reg om grond te besit.

Volgens die wetsontwerp sal, indien dit aangeneem word, geen blanke meer eerste die keuse hê om grond te koop nie en sal blanke boere eers wanneer die minister en moontlike swart grondkopers nie belangstel nie, landbougrond kan koop. Selfs landbougrond uit bestorwe boedels word ook aan die beoogde wet onderwerp en moet dit eerste aan die minister en potensiële swart kopers aangebied word voordat dit deur blanke erfgename of ander blankes uit die boedel aangekoop kan word.

Die minister sal ook ingevolge die wetsontwerp landbougrond kan onteien in gevalle waar nie op 'n bedrag tussen die departement en die grondeienaar ooreengekom kan word nie. Vir die volle teks van die wetsontwerp, in Engels, kliek hier.

 http://www.gov.za/documents/regulation-agricultural-land-holdings-bill-draft-17-mar-2017-0000

Midde-in die rumoer oor grond en die kontroversie rondom die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit staan die feite van die breë aangeleentheid kortliks soos volg:

  • Volgens historiese vestigingspatrone in wat later Suid-Afrika sou word sedert die 17de eeu, het blankes op onbewoonde grondgebiede gevestig en nêrens grond onregmatig beset nie.
  • Blankes het beskawing in SA ingebring deur wet en orde toe te pas, die wiel bekend te stel, plase en dorpe op te meet, geboue op te rig, paaie, brûe en spoorlyne te bou, mynbou toe te pas en 'n Christelike staatstruktuur te vestig.
  • Die vermoë om grond produktief te benut in die algemene belang, is 'n sleutelfaktor.
  • Sowat 33 000 kommersiële, meesal blanke, boere maak dat SA 'n netto uitvoerder van voedsel is - die enigste op die vasteland.
  • Die mislukkingskoers van grond wat ingevolge “grondhervorming” aan swart boere gegee is, is nagenoeg 95%. Boonop verkies swart begunstigdes meesal geldelike uitbetaling bo grond as sulks.
  • Daar is baie meer grond in staatsbesit en gereserveer vir tradisionele swart gebiede soos die Transkei, QwaQwa, ens., ens. as wat die aanvraag huidiglik onder swart mense is vir produktiewe benutting. Dit op sigself maak dit oorbodig dat grond by blankes gevat moet word om aan sg. “grondhonger” swartes te gee.
  • Sedert die nuwe SA bedeling na 1994 het almal toegang tot grond in SA wat nie vir swart en bruin mense gereserveer is nie, d.m.v. die vrye mark meganisme van vrywillige-verkoper-vrywilige-koper.

Dit is waar die saak tans staan en voel Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant dat 'n petisie teen beplande grondgryp soos vervat in die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, so sterk as moontlik ondersteun moet word en by die Parlement ingedien behoort te word ter ondersteuning van Parlementslede wat albei wetsontwerpe geskrap wil hê. Sonder om reaksionêr te wees, meen ons dat die 1975 Wet steeds voldoende voorsiening maak vir die kwessie van onteiening in die openbare belang.

Derhalwe vra ons ons lesers drie sake:

Terwyl in SA ‘ n politieke storm woed oor grondhervorming het die Sunday Timesberig Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinte het na bewering R2 miljoen “kommissie” ontvang vir die verkoop vn ‘ n plaas in Limpopo ter waarde van R97 miljoen ten gunste van ANC-kaders. Nie een van die twee begunstigdes verskyn glo op die departementele databasis as moontlikebegunstigdes vir grondeiese nie, terwyl hulle glo ook nie beskik oor ‘ n sakeplan of enige landbou-ervaring nie.
Inmiddels is die DG van dieselfde departement, Mdu Shabane, geskors nadat ‘ n forensiese ondersoek aan die lig gebring het dat hy betrokke was by die onregmatige aanskaffing van plase. Verlede jaar is die adjunk-DG van dieselfde departement afgedank vir korrupsie.

Met sy toespraak  by die 105-jarige vieringe van die ANC op 8 Januarie 2017 in die Orlando Stadion, Soweto, het pres. Jacob Zuma voet in die hoek gesit vir grondgryp in SA deur te verklaar dat die Wetsontwerp op Onteiening vanjaar met spoed deur die Parlement gedryf wil word en dringend en drasties geïmplementeer staan te word. Daarmee het hy die seën van die ANC en die regering uitgespreek op die toenemende persepsie dat blankes die grond van swartes gesteel het en dat dit derhalwe regmatig en moreel sou wees om blanke grond gartis op te eis en te beset. Hierdie aandrang klink al sterker op bv. in Parlementêre debatte en besprekings soos uitgesaai word op die DSTV Parlementêre kanaal 408, asook onophoudelik op DSTV kanaal 407 van ANN7 van die Guptas. Dan is daar natuurlik die ekstremistiese EFF wat voor in die koor dans. Dit het as’t ware mode onder talle swartes geword om te glo blankes het die grond gesteel en dat dit dus sondermeer opgeëis behoort te word. Die verdere implikasie is dat die Wetsontwerp op Onteiening voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding van enige roerende en onroerende besittings en bates. Sodoende word die tafel gedek vir ‘n Zimbabwe-scenario te lande.

Tridor Banier web

wow kitsblits