Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Facebook toon ongelooflike resultate

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie.

Afgesien daarvan dat die Internet op sigself ‘n rewolusie in menslike kommunikasie veroorsaak het, het die ontploffing van sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram, WhatsApp en vele ander, veral onder die jeug van die wêreld ingrypend verander hoe mense leef, wat hulle dink, wat hulle koop en waarna hulle streef. Hierdie platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal.

Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld.

Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard).

Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. Interessant is dat volgens die Facebook-resultate die gemiddelde inkomste per Facebook-gebruiker in Noord-Amerika ongeveer $20 (sowat R270) in alleenlik die 4de kwartaal van 2016 was – op met 68,5% vanaf $13.70 in die ooreenstemmende kwartaal in 2015.

Volgens die stigter van Facebook, die veelbesproke Mark Zuckerberg wat die onderneming in 2004 saam met voormalige vennote begin het, is die kapasiteit vir Facebook op hierdie stadium om veel meer advertensies te dra, feitlik versadig en moet na ander vorme van inkomste-generering gekyk word, soos die videomark wat groot onderontginde potensiaal het. Zuckerberg het sy oog op China, mits die streng sentrale beheer van die Kommunistiese regering aanvaarbaar geakkommodeer kan word.

Van die digitale era – ook genoem die vierde industriële rewolusie – word gesê dat tegnologie elke 18 maande verdubbel in krag en halveer in koste. Wat die digitale rewolusie massiewe momentum gee, is die digitale koppeling van verskillende komponente soos Google met al sy fasette, webwerwe, forums, e-handel, allerlei toeps, notifikasies en vele meer - te veel om in hierdie beperkte ruimte te noem.

Daar word beraam dat daar in 2020, 80 miljard gekonnekteerde digitale apparate in die wêreld sal wees en dat die waarde van die globale Internet-ekonomie $14,7 triljard sal beloop.

Die punt is dat dit vir die gewone intelligente Internet-gebruiker en besighede wat by die digitale era aangepas het, moontlik geword het om sonder groot koste selfs miljoene mense te bereik vir bemarkingsdoeleindes.

Ook natuurlik die media is meegesleur deur die digitale era en is vandag die meeste tradisionele media soos koerante, tydskrifte, radiostasies, TV-kanale, ens. getransformeer in geïntegreerde multimedia-ondernemings. Dit is dus ook die voorhandliggende rigting vir Ditsem Nuus – ‘n pad wat die koerant reeds besig is om te loop. 

Wat met hierdie digitale rewolusie ook opmerklik bly, is dat, soos huidige politieke en ekonomiese gebeure in die wêreld wys, behoudende lewenswaardes, koestering van eie identiteit en nasionalisme ononderdrukbaar hul plek behou. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge