Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in
Die verwagte grootste mielie-oes nóg van 15,631 miljoen ton, sowel as die grootste soja-oes ooit op 1,34 miljoen ton, maak van Suid-Afrika die enigste netto-uitvoerder van mielies en soja op die kontinent. Wat besonder insiggewend is, is dat na raming meer as 90% van hierdie twee gewasse van blanke kommersiële boere is, wat dui op hul uitsonderlike vermoë te midde van vyandige binnelandse politieke en ekonomiese gesindhede en maatreëls. Ons salueer hierdie produsente – van hul soort is daar nie beter in die wêreld nie.
Gestorwe SABC-joernalis Suna Venter (32) a.g.v. gediagnoseerde stresveroorsaakte hartaantasting is in haar stryd om mediavryheid ontvoer, in die Melville Koppies natuurreservaat aan 'n boom vasgebind en die gras om haar aan die brand gesteek, sy het verskeie doodsdreigemente ontvang, daar is by haar woonstel ingebreek, sy is met 'n windbuks in die gesig geskiet, sy is drie keer aangerand, haar motorremkabels is gesny en haar motorbande is stukkend gesny. Sy was een van die omstrede SABC 8 joernaliste wat deur destydse SABC-bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng geskors is omdat hulle nie by sy diktatoriale voorskrifte wou inval nie. Venter as lid van die RSG Monitorverslagspan is later ná regsingryping deur Solidariteit in haar pos herstel, terwyl Motsoeneng uiteindelik weens grootskaalse korrupsie en wangedrag uit die SABC ontslaan is.
Tydens 'n vergadering van die Finanskomitee van die Parlement gister het dit aan die lig gekom dat die SAA die afgelope twee maande 'n totale verlies van R734 miljoen gely het. Dit volg op die verlies van R4,8 miljard in die vorige finansiële jaar. Op hierdie stadium het die SAA skuldbetalingsverpligtinge van R9 miljard om na te kom op 30 Junie 2017. Na berig word, onderhandel die SAA tans met die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) vir befondsing van die nasionale lugdiens.
In antwoord op 'n Parlementêre vraag blyk dit daar meer as 8 000 Polisievoertuie landswyd is wat nie in werkende toestand is nie. Die meeste is in Gauteng met meer as 2 000 voertuie en in die Oos-Kaap met sowat 1 500. In totaal is daar 48 247 Polisievoertuie in die land, wat beteken dat meer as 16% uit orde is en dat daar slegs een Polisievoertuig beskikbaar is vir elke 5 Polisiebeamptes. Inmiddels is die huidige moordsyfer vir die land 50 moorde per dag, terwyl bereken word dat elke 7 sekondes 'n verkragting plaasvind.
Die ware betekenis van SEB kan ons nie beter saamvat as in de volgende aanhaling van Adrian Rogers, in lewe 'n gesiene Amerkaanse pastoor: "You cannot legislate the poor into prosperity, by legislating the wealthy out of prosperity. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work, because the other half is going to take care of them and when the other half gets the idea that it does no good to work, because somebody else is going to get what they work for, that, my dear friend, is the beginning of the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it."
Nadat Suid-Afrika in 2016 die ergste droogte in dekades ervaar het en ses provinsies as rampgebiede verklaar is, nl. KZN, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap, tesame met sekere distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, ‘n Droogtetaakspan (DTT) gestig bestaande uit Agri SA, die Land Bank, Agbiz, African Farmers’ Association of SA (Afasa), TLU SA; die Dept. van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Nasionale rampbestuursentrum (NDMC), SA Grain Milling, IDC; Bankevereniging SA (BASA), Graan SA en ander kommersiële banke. Die DTT het wyd met verskillende regeringsinstansies oor 'n lang tydperk oor die droogtekrisis beraadslaag en ernstige vertoë gerig vir droogtehulpfinansiering, maar die regering het dit grootliks geïgnoreer. Waar die regering wel fondse as droogtehulp gekanaliseer het, het die DTT bevind dat die diensverskaffers wat deur die regering aangestel is om as middelpersone en –instansies op te tree, a.g.v. swak hantering, onbevoegdheid en korrupsie veel te wense oorgelaat het, om die minste te sê. Nou berig Agri SA dat getuienis gevind is dat slegs sowat 5% van droogtehulp ten bedrae van sowat R1 miljard wat regeringsinstansies bewillig het, by die boerderysektor uitgekom het. Derhalwe is die OB, OG en Skoor gevra om die droogtehulpproses as geheel te ondersoek ten einde onreëlmatige, verkwistende en korrupte praktyke te identifiseer.

Prof. Henk de Jager is aangewys as die nuwe rektor en vise-kanselier van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), met diensaanvaarding 1 Junie 2017. Hy kom in die plek van prof. Thandwa Mthembu, wat die pos in September 2016 verlaat het vir die nuwe pos as rektor van die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT). De Jager, wat voorheen adjunk-rektor Skeppendheid en Betrokkenheid aan die SUT was, het die afgelope tyd waargeneem as rektor. Die studenteprofiel van die SUT is meer as 90% swart en gekleurd, maar De Jager word duidelik hoog aangeslaan deur sy alma mater en het die voorsitter van die SUT-Raad Mike Mohohlo gesê die SUT sal onder die leierskap van De Jager sy plek as 'n toonaangewende universiteit vir Tegnologie verstewig.

'n Mens kan jou vandag kwalik die lewe sonder die Internet voorstel, maar weet jy wanneer en hoe die Internet ontstaan het? Tim Berners-Lee is in Londen gebore en het aan Oxford Universiteit studeer, waar hy 'n rekenaar uit 'n ou TV-stel gebou het. Hy het 'n pos by 'n Switserse maatskappy, CERN, in Genève aanvaar, waar hy die behoefte gesien het dat rekenaars met mekaar moet kan “praat”. So het hy in 1989 die eerste embriomodel vir die Internet geskep en van daar het dit stap vir stap maar spoedig en met die insette van baie mense gesneeubal. Die res is inderdaad geskiedenis en vandag is die Internet die eiendom van die mensdom. Berners-Lee bedryf vandag in die VSA 'n maatskappy Web Foundation – vir meer besonderhede besoek www.webfoundation.org.
Toespraak deur Roy Jankielson tydens die debat oor die begrotingspos vir die Kantoor van die Premier, gehou by die Vierde Raadzaal in Bloemfontein, 23 Maart 2017. Lees meer hier: https://t.co/O7FMw2Rwgp
Runners Emporium as winkel wat spesialiseer in skoene, kleredrag en toerusting vir die verskillende vorme van die hardloopsport - padwedloop, landloop en terreinwedlope - het pas in die Pretty Gardens Leefstylsentrum geopen. Al die beproefde handelsmerke soos New Balance, Asics, Brooks, Saucony, Salomon, Mizuno, Adidas, ens, word aangebied. Wat Runners Emporium egter uniek maak, is dat die eienaar, Claus Kempen, ‘n deurwinterde pad- en terreinwedloper is, terwyl die bestuurder van die winkel die bekende afrigter en oud-atleet, Rufus Botha, is. Dit beteken dat by die winkel eerstehandse en die beste advies is; nie net m.b.t skoene en ander toerusting nie, maar ook wat betref oefenprogramme, wedloopbeplanning, voeding, ens. Claus het die Comrades al 11 keer en die Twee Oseane 10 keer suksesvol voltooi, wat beteken hy het sy permanente nommers in albei hierdie die wêreldbekende ultramarathons verwerf. Daarby het hy talle standaardmarathons (42,2 km) en van die veeleisendste rowwe terreinwedlope (“trail runs”) in die land op sy kerfstok. Die resumé van Rufus is ewe indrukwekkend – hy het reeds op ouderdom 4 jaar sy eerste landloop gehardloop en in 1969 was hy die jongste atleet (7 jaar) wat die moordende Harrismith Bergwedloop (15 km) voltooi het. Hy het verskeie wêreldrekords in verskillende ouderdomsgroepe opgestel. In 1987 het hy begin om langasems af te rig en het tot dusver 27 atlete (multisportsoorte ingesluit) gebrei wat Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig het. Een hiervan is Louzanne Coetzee wat onlangs die eerste volkome blinde vroue-atleet in die wêreld geword het om die 5 000 m in onder 20 minute afte lê. Sy het met haar gids Khothatso Mokone die vorige wêreldrekord, wat 16 jaar gelede opgestel is, met bykans 50 sekondes verpletter. Louzanne tree as “ambassadeur” vir Runners Emporium op. Runners Emporium is dus nie net n spesialis hardloop winkel met die produkte wat aangebied word nie, maar ook wat betref uitsonderlike diens en advies. Ten slotte sê Claus en Rufus die pryse van Runners Emporium is uiters mededingend. Hulle nooi ook alle bestaande en voornemende hardlopers uit om die winkel te besoek en met hulle te gesels.
- Johann Dannhauser Die jongste rondom Sirië bied ‘n ewe verstommende blik op hoe huidige internasionale gebeure inderwaarheid werk. Eenvoudig en kortliks gestel kom dit daarop neer dat Westerse intelligensie-agentskappe, by name die CIA, die Britse MI5 en die Franse, saamgewerk het om pres. Bashar al-Assad van Sirië as ‘n stabiele faktor in die Midde-Ooste tot ‘n val te probeer bring – soos wat hulle met Ghadaffi van Libië en andere gedoen het. Assad het egter verbete vasgeskop en gevolglik verval Sirië in ‘n bloedige burgeroorlog met militêre opposisiegroepe, wat in effek niks anders is as militante Moslem-terroriste nie. Hulle word deur die Weste as “goeie” terroristegroepe gekategoriseer en dus steunwaardig met wapentuig en militêre logistiek. Terselfdertyd word die ekstremistiese terroristiese ISIL Moslemstaat in ‘n deel van Sirië en Irak gevestig en pleeg hulle onmenslike wreedhede. ISIL word deur Turkye, ‘n NAVO-bondgenoot, gesteun, o.a. d.m.v. ‘n reuse olietoevoerroete na Turkye en vandaar na die res van die wêreld. Dit verskaf grootliks die finansiering aan ISIL vir hul terroristestryd. Dit is in hierdie scenario dat Rusland onder pres. Vladimir Putin ingegryp het met grootskaalse militêre lugaanvalle en deur aanhoudende bombardering is die ISIL-toevoerroetes grootliks vernietig. Sodoende is ISIL feitlik verslaan en die oorlog in Sirië geswaai in die guns van Assad. Die Weste, veral die VSA, probeer paniekerig ‘n “skietstilstand” in Sirië beding d.m.v. samesprekings in Europa wat ten doel het om ‘n algemene verkiesing in Sirië te hou waarin Assad nie die paal sou haal nie. Of die Weste met hierdie oogmerk gaan slaag, is op hierdie stadium ‘n ope vraag. Wat ook opsienbarend aan die lig gekom het, is dat in die Siriese stad Mosul, wat onder beheer van ISIL was, die Universiteit van Mosul gebruik is om navorsing te doen om basiese kernbomme te vervaardig. Satellietfotos toon dat hoewel die Amerikaners Mosul gebombardeer het, die Universiteit van Mosul altyd ongeskonde gestaan het. Met die Russiese lugaanvalle is die universiteit egter effektief geneutraliseer. Intussen sit die Koerde op die ander grens van Turkye hul eeuelange stryd om onafhanklikheid binne ‘n eie land onverpoosd voort. Aanvalle deur Koerde, met hul sterk Christen-inslag, op die Moslem-beheerde Turkye word deur laasgenoemde met meedoënlose wreedheid beantwoord soos bv. die summiere vernietiging van die stad Cirze. Die jongste is dat Rusland besluit het om militêr grootliks uit Sirië te onttrek, maar sê dat hulle binne ‘n kwessie van ure weer kan terugkeer. Inmiddels blyk dit dat wat oorgebly het van ISIL, oorskuif na die kwesbare Tunisië en dat aldaar ‘n ekstremistiese Moslem-front geopen word. Die huidige gebeure in Sirië is dus tans die nr. 1 kookpot in die wêreld – en ‘n opsienbare aanduiding van hoe die internasionale winde in werklikheid waai.
- Hugo Hayes, VCHO Bloemfontein. Die Christelike Onderwyskongres, aangebied deur die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) op 3 en 4 Maart 2016 te Pretoria, het kritieke tendense aan die lig gestel, terwyl belangwekkende besluite geneem is. In die eerste plek is bevestig dat Christelike Onderwys midde in die huidige hoofstroom humanistiese sekulêre onderwysbeleid in SA steeds springlewendig is. In talle staatskole word Christelike onderwys bedryf, terwyl ‘n nuwe generasie Christelike privaatskole funksioneer. Handhawing van Christelike onderwys oor drie en ‘n halwe eeue was egter geen maklike saak nie en word ‘n opdraande stryd steeds gevoer. Op die afgelope kongres is die kritieke rol van die Christelik-belydende onderwyser sterk beklemtoon. Hierdie belydenis behoort die onderwyser dag na dag voor die vraag te stel: Wat is die implikasies van Christus se beslag op my lewe? Die onderwysfilosofie toon egter duidelik groot “gletserskeure”. Dit moet as radikaal bestempel word, aangesien dit 'n algehele skeiding tussen geloof en wete tot gevolg het. Die kenmerke van hierdie nuwe tydperk is o.m. die opkoms van radikalisme, fundamentalisme en religieuse fanatisme. Dit is te wyte aan die vakuum wat gelaat word a.g.v. 'n onderwysfilosofiese verskuiwing weg van die Christelike beskouing. Daarenteen hou belangrike kenmerke van Christelike onderwys die volgende in: Skrifgebondenheid, 'n Christelike onderwysfilosofie, Christelike opvoedings-/opleidingsdoel en Christelike vakonderrig. Voorts is op die kongres die gesin as kultuurgemeenskap in die kleine beklemtoon. Taal, gewoontes, tradisies, ens., vorm alles deel hiervan. Kinders/jongmense aan hulself oorgelaat, sonder doelgerigte geleide ondersteuning en vorming in konsekwente Christenskap, is so sleg as om nie-Christelikes te nooi om die vormingswerk oor te neem, met dan katastrofiese gevolge vir sowel kerk as samelewing. Daar is ook bevind dat die geleidelike aftakeling van die vak Lewensoriëntering soos in die NVK voorgeskryf, ’n wesentlike bedreiging inhou. Wié God vir die kind is, hoe sy/haar identiteit en selfbeeld oor opklimmende grade heen vernietig word en die uiters verwarrende lewensbeskouing wat uiteindelik as gevolg hiervan gevorm word, is in gedrang. Implisiet word die kind van die wesenlike begrippe van Christelike identiteit beroof en uiteindelik van geloof self. 'n Uiters belangrike verwikkeling uit die kongres is dat kennis geneem is van die stigting van 'n onafhanklike onderwysliggaam, bekend as die Instituut vir Privaat Onderwys (IPO). Dit is gebore uit die nood wat ontstaan het om die Christelike alternatief sonder inmenging van buite te kan bedryf en behels die daarstelling van 'n volledige onafhanklike onderwysstelsel op alle vlakke van onderwys. Die IPO sal inklusief wees, is op Christelike waardes geskoei en sal streef na ‘n standaard van uitnemende onderwys. Dit sal 'n eie onafhanklike kurrikulum daarstel wat met differensiasie rekening hou. Dit sal voorts sy eie eksaminering behartig as 'n instituut vir waardegedrewe onderwys. Die stigting van die IPO het reeds die nodige binnelandse sowel as buitelandse akkreditasie en erkenning ontvang. Dit sal as 'n maatskappy sonder winsoogmerk funksioneer. Enige navrae oor die Onderwyskongres kan gerig word aan Hugo Hayes by tel 051-525 2341/2267 of 076 817 6269 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Dikwels word na dr. HF Verwoerd verwys as “die vader of argitek van apartheid”, maar dit is interessant wat die volgende geskiedkundige feite, veral omtrent die rol van Britte, sê: * In 1809 is die sg. Native Pass Law deur die Britse regering in die Kaap gepromulgeer om swart mense te dwing om ‘n pasboek te dra – Verwoerd was toe nog nie eens gebore nie. * In 1865 het die Britse administrateur Sir Theophilis Shepstone swart mense in die provinsie van Natalia verbied om enige stemreg te hê – Verwoerd was toe ook nog nie eens gebore nie. * In 1894 het Cecil John Rhodes ‘n gekleurde man, Krom Hendriks, verhoed om aan die nasionale kriekettoer na Engeland deel te neem – Verwoerd was toe een jaar oud. * In 1905 het Rhodes skole in die Kaapprovinsie verplig om wit Britse en swart kinders te segregeer – Verwoerd was toe 12 jaar oud. * In 1913 is d.m.v. die Britse Native Land Act 2 swart mense verbied om grond te besit – Verwoerd was toe 20 jaar oud en nog ‘n student. * In 1925 het die Britse minister HW Sampson die Act on Labor Demarcation gepromulgeer waardeur ‘n onderskeid tussen blankes en swartes gemaak is – Verwoerd was toe 32 en nog nie in die politiek nie. * In 1927 is die Immorality Act in die Britsbeheerde Natal gepromulgeer ten einde intimiteit tussen swart en wit te verbied – Verwoerd was toe 34 en steeds nog nie in die politiek nie. * In 1936 is afsonderlike verteenwoordiging in die Parlement gepromulgeer deur die Britsgesinde gnl. Jan Smuts – Verwoerd was toe 43 en as koerantredakteur steeds nog nie in die partypolitiek nie. * In 1945 het die Native Urban Area Act swartes verbied om langer as 72 uur in ‘n wit stedelike gebied te vertoef – Verwoerd was toe 52 en aan die begin van ‘n politieke loopbaan, maar nog nie in ‘n besluitnemingshoedanigheid in die Parlement nie. * Die term “apartheid” is selde indien ooit deur Verwoerd gebesig, maar dit is wel deur dr. DF Malan gemunt. * Tydens sy premierskap 1958-66 het Verwoerd die beleid van afsonderlike ontwikkeling geformuleer en aktief uitgevoer – wat hemelsbreed verskil van die negatiewe konnotasie van “apartheid”.
‘n Mediaverklaring van die Christen-Demokratiese Party (CDP) lui gedeeltelik soos volg: "Dit is 'n hartseer dag vir die Stad van Tshwane en Pretoria om deur 'n man soos Burgemeester Kgosientso Ramokgopa bestuur te word. "Meer as 'n dosyn polisiemotors en Caspers met ‘n horde veiligheidspersoneel het op Dinsdag, 12 April 2016, buite 'n skool in Valhalla saamgedrom met die aankoms van Tshwane uitvoerende burgemeester Kgosientso Ramokgopa. Dit blyk toe die okkasie is dat die burgemeester 'n park in die middel van die woongebied aan ‘n Moslemgroep kom oorhandig het vir die oprigting van ‘n moskee. “Die inwoners van Valhalla is toegang tot die skoolsaal verbied, alhoewel die vergadering deur die Kantoor van die Speaker gereël is en hulle met belastinggeld die gebottelde water verskaf het. Die vergadering is geopen deur uit die Koran te lees en Islamitiese gebede te sing. ‘n Paar inwoners is egter ná aandrang teësinnig tot die saal toegelaat. “Ramokgopa het die vergadering geopen deur die Moslemgemeenskap te prys vir hul bydrae aan die ANC. Hy het ook na sg. Afrikaner-Christelike enklaves verwys en hul gedreig met integrasie met ander gelowe, of hulle daarvan hou of nie. In antwoord op ‘n vraag van ‘n paar inwoners ’Wat van die Christelike geloof?’ het hy hulle as rassisties en onopgevoed bestempel en gesê dat die Moslems ‘n behoefte het om vir hulle te bid. “Ramokgopa het voorts gesê dat indien opponerende inwoners nie die bou van 'n moskee in die gebied goedkeur nie, hulle iewers anders kan gaan woon, ‘n verklaring wat met dawerende applous deur die Moslemgehoor ontvang is. Hierdie situasie is presies wat met Hindoe-inwoners van Laudium en met Christelike inwoners van Erasmia gebeur het toe hulle uit hul huise gedwing is as gevolg van 'n Islamitiese inval en het talle van hulle na Valhalla verhuis. “Ramokgopa het verklaar dat hy gaan toesien dat daar ‘n moskee in elke moontlike woongebied regoor die Stad van Tshwane opgerig gaan word." Meer besonderhede by ds. Theunis Botha van die CDP by 083 657 2482.
Die Afrikaanse fliektoneel bloei behoorlik met die een na die ander hoogstaande produksie wat geproduseer word. Een van die jongstes is Mignon Mossie van Wyk waarin die 16-jarige nuweling Tanika Fourie die hoofrol speel. Dit kom uit die hand van die bekroonde regisseur Darrell Roodt. Fourie word soos volg aangehaal: “Mossie is ‘n fliek sonder vloek en vuil taal en met vaste beginsels. Min flieks vandag kan daarvan getuig. Dit het Christelike beginsels.” Sy speel teenoor ‘n ander jong akteur, Deanre Reiners (19) en die draaiboek gaan deels oor kalwerliefde en tiener wees en deels oor vrouemishandeling.

Die volgende aanhaling uit ‘n persoonlike nuusbrief van broer Andrew, stigter van Geopende Deure spreek vanself: “Ek is byna 90 en ek het die grootste gedeelte van my lewe op reis die wêreld oor spandeer om vervolgde gelowiges te bemoedig en te versterk. Ek het baie dinge gesien! Maar ek het nog nooit erger vervolging gesien as wat tans in die Midde-Ooste plaasvind nie. “Daar is ‘n voorbedagte aanval op die Kerk met die doel om dit te vernietig. Vir die eerste keer voed Geopende deure, deur plaaslike vennote en kerke, 25 000 Christenfamilies elke maand net om hulle aan die lewe te hou. As ons nie voedselpakkies beskikbaar stel in Sirië en Irak nie, sal mense sterf, of moet emigreer net om te oonleef. “Dit is ook die eerste keer wat ons aan so baie getraumatiseerde Christene aandag gee. Weens die ontvoerings, kapings, moorde en verkragtings, worstel mense emosioneel en geestelik - en sommiges neem hul eie lewens. Ons neem meer traumaberaders in diens en lei ook meer op as ooit vantevore. Geopende Deure het dié situasies en die omvang daarvan nog nooit vantevore beleef nie. Nie in 60 jaar se bediening nie! “Die vlak van wreedaardigheid is absoluut boos. Toe IS-militante Sinjar in Irak binnegeval het, het hulle die Yazidi-mans in ‘n ry Iaat staan, doodgeskiet en met ‘n stootskraper in ‘n massagraf ingestoot. Daarna is 5 000 vrouens en kinders geneem en as seksslawe by die markte in IS-grondgebied verkoop. Cala was onder hulle. Sy’s net 11 jaar oud en is herhaaldelik deur IS-militante verkrag. Sy het haar lang swart hare afgesny om minder aantreklik voor te kom. Genadiglik het Cala ontsnap en hulp by ‘n sentrum vir getraumatiseerde meisies gekry. Sy is herenig met haar ma en susters, wat ook ‘n jaar in slawerny deurgebring het. Haar ma het nou ‘n babaseuntjie na haar tyd in gevangeneskap. “Vir Cala, haar familie, en duisende ander gelowiges, is die teëspoed nog nie verby nie. Die lrakse gemeenskap word meer Islamities, en Christene is onder geweldige druk - veral Gelowiges vanuit ‘n Moslemagtergrond. Dis byna onmoontlik om enige vorm van kerklewe te handhaaf, en feitlik die hele Christelike gemeenskap het verdwyn uit groot dele van Irak. “Meer as 140 000 lrakese leef in moeilike omstandighede as vlugtelinge. Hulle weet nie wanneer - en of - hulle ooit sal kan terugkeer huis toe nie. U voorbidding en ondersteuning sal gelowiges soos Cala help oorleef - beide fisies en geestelik - deur hulle te voorsien van dringende kos, klere, mediese sorg, traumaberading, Bybels, dissipelskap en bemoediging.” Vir meer besonderhede, besoek www.opendoors.org.za.

In die hofsaak van Solidariteit vs. Tshwane Munisipaliteit het die Arbeidshof in Johannesburg vandeesweek bevind dat die gebruik van ’n kwotastelsel in die werkplek onwettig is. Kragtens die hofuitspraak moet die munisipaliteit mnr. Jan Pretorius, ’n waterouditbeampte, bevorder en terugwerkend vergoed. Regter Faan Coetzee het onder meer bevind dat die munisipaliteit onbuigsaam opgetree het toe hy Pretorius telkens vir bevordering oor die hoof gesien het. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid, waarvolgens daar suiwer op grond van ras en geslag teen mnr. Pretorius gediskrimineer is, op ’n kwotastelsel neerkom wat strydig is met die Wet op Diensbillikheid. Volgens dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, is die uitspraak enig van sy soort aangesien dit die eerste keer is dat die hof bevind het dat daar d.m.v. ʼn kwotastelsel onbillik teen ’n blanke man gediskrimineer is. “Die hof het bevind dat om poste net aan die hand van die nasionale rassedemografie te vul óf selfs vakant te laat ten koste van geskikte wit mans, onwettig is. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit geen regsgronde gehad het om ʼn toepaslik gekwalifiseerde kandidaat uit die onderhoudproses te laat nie. Boonop het hulle ook nie in ag geneem dat die pos ʼn skaars vaardigheid vereis nie,” sê Hermann.
AfriForum het ’n projek geloods om deur die prosesse van openbare deelname aan die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en begrotingsprosesse insette te lewer waardeur munisipale dienste regdeur die land verbeter kan word. Die projek het ten doel om AfriForum-takke te mobiliseer om dienste-, instandhoudings- en ontwikkelingbegrotingsdokumente te ontleed en sinvolle insette in die openbare deelnameprosesse te lewer. Munisipaliteite is dan ingevolge wetgewing verplig om insette te oorweeg en moontlik te implementeer. Die nuutste verslag van Ratings Africa toon dat 60% van munisipaliteite in SA nie finansieel volhoubaar bestuur word nie en dat daar ’n noue verband is tussen swak munisipale bestuur en swak ekonomiese groei, wat beteken dat mense in SA moet opdok vir munisipaliteite wat nie die mas opkom nie. Wat intussen help, is dat die Nasionale Tesourie munisipaliteite tot ’n 6%-tariefverhoging op dienste beperk het en hulle sodoende verplig om 8% van hul begroting op infrastruktuurinstandhouding aan te wend. Sodoende kan onbekostigbare dienstariefverhogings en die verval van infrastruktuur verhoed word. Lede van die publiek kan ook by die projek betrokke raak deur hul dorp se naam na 45344 te SMS (R1 per SMS). Vir meer besonderhede, kontak Marcus Pawson by 072 085 3835 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Bladsy 1 van 2

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge