ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Diepste vernedering van Springbokrugby nog vierkantig gelê voor diskriminerende kwotas van mislukte ANC-regering -►Taxi-oorlog: Vierderangse korrupte taxiverenigings kan nie kompeteer met eerstewêreld Uber-taxidiens -►“The US has great strength and patience, but if it is forced to defend itself or its allies, we will have no choice but to totally destroy North Korea.” – pres. Donald Trump voor VN Algemene vergadering -►HTS Louis Botha, Bloemfontein: Verkragting van 14-jarige deur drie skoolseuns – nog geen skorsing -►Korrupsie kos SA jaarliks minstens R27 Miljard en 76 000 werksgeleenthede – Min. Van Ekonomiese Ontwikkeling Ebrahim Patel

Oorsig oor ATKV

Met die algemene jaarvergadering van die ATKV gehou 23-24 Mei by ATKV-Buffelspoort het die uittredende besturende direkteur Japie Gouws die volgende opsommende oorsig oor die organisasie gegee: “Die ATKV vier vanjaar sy 87ste bestaansjaar, maar is veel meer as net die organisasie met 316 ATKV-takke landswyd en in Namibië en sewe gewilde vakansieoorde - ons missie en visie is om van Suid-Afrika ’n beter plek te maak, en ons beskou taal en kultuur as die ideale instrumente om persepsies te verander. Deur ons talle projekte landswyd bou die ATKV brûe tussen gemeenskappe met die gemene deler ’n liefde vir Afrikaans. Ons is bekend as die mees inklusiewe Afrikaanse kultuurorganisasie, nie net ten behoewe van Afrikaans-huistaalsprekers nie, maar ook toenemend tot voordeel van addisionele sprekers van Afrikaans. Die inklusiwiteit word ook gereflekteer in die samestelling van die 316 takke, waarvan 64% vir volwasse lede en 36% jeugtakke is. Sowat 52% van die takke bestaan uit geïntegreerde takke of takke uit bruin- en swart gemeenskappe.” Vir meer inligting, besoek www.atkv.org.za.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge