Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Ode aan Bloemfonteinse stadsaal

Dit kan nie in woorde beter gestel word as wat Marlene van Zyl van Bloemfontein dit in die volgende brief in Volksblad van 23 Junie 2017 gedoen het nie: Statig stil en sterk het jy gestaan... In die langste donker nag van 21 Junie 2017 - is jy vernietig... Hierdie is vir dié van ons wat in jou, saam met jou, langs jou en in bewondering van jou, grootgeword het. As kind het ons voor op die grasperk piekniek gehou... Skooldebatte, redenaars, talentkompetisies en blommerangskikkings is op jou verhoog en tafels vol snyroos-uitstallings, binne jou gehou... Politieke vergaderings, kunstenaars en sangers het van jou gebruik gemaak... Jou kort straatjie het dit so maklik gemaak vir die bruide en matriekafskeid-dames om voor die deur afgelaai te word! Met die troues en danspartye wat hier gehou is, is die perfekte houtvloer losgemaak en het dit meegegee vir effek... Jy was so veelsydig met al jou sysale vir kleiner geleenthede. Jou houtraamvensters het lig ingelaat om jou uniekheid te bewonder en van buite ‘n warm gevoel gelaat van perfekte vakmanskap... Jou dak was hoog en oorkoepelend vir beskerming en samehorigheid van die Blommestad - Bloemfontein! Jou marmervoorportaal met koperafwerking getuig van welvaart... Jou sandsteenmure pragtig mooi en sterk. Dit staan nog met net die reuk en kleur van verwoesting. Jou voordeure is almal nog gespaar van die vlamme en toe - om die hartseer van wat daarbinne gebeur het te probeer verbloem... My hart is seer. Bloemfonteinstadsaal - ons gaan jou mis!
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge