Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Insiggewende verslag oor Afrikaanse leserstalle

Die uitvoerende hoof van Maroela Media, Susan Lombaard, het 'n insiggewende verslag op die Internet gepubliseer oor Afrikaanse leserstalle, wat in die eerste plek daarop dui dat die Afrikaanse lesersmark die afgelope jaar aansienlik gegroei het. Dit is hoofsaaklik omrede daar 'n groeiende verskuiwing was van Afrikaanse lesers vanaf die gedrukte media na Afrikaanse digitale platforms. Sy sê in haar verslag: “Indien mens in isolasie na die nuutste ABC-sirkulasiesyfers vir Afrikaanse gedrukte media kyk, sien jy dat die sirkulasiesyfers van koerante en tydskrifte onrusbarend vinnig val, met koerante wat 'n daling van 9% toon. Neem jy egter digitale syfers van dieselfde publikasies ook in oënskou, is die prentjie vir Afrikaans uiters positief.” Lombaard wys daarop dat die tendens is dat Afrikaanse gedrukte media vir hulself digitale modelle skep, wat i.t.v. inkomste opmaak vir die verliese van hul gedrukte publikasies. Terselfdertyd het Maroela Media, met ‘n gemiddelde maandelikse unieke leserstal op hul webwerf van 1 416 445 vir die eerste kwartaal vanjaar, ook geskep uit die lesers wat van die Afrikaanse media verlaat het. Daar het dus 'n kruisbeweging van Afrikaanse lesers na verskillende digitale digitale platforms plaasgevind, met terselfdertyd nuwe Afrikaanse digitale lesers wat bygekom het. Die somtotaal is dat daar meer Afrikaanse lesers is as ooit.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge