Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Storm oor “nuwe” naam van ABO

‘n Storm het losgebars oor die aankondiging van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein in samewerking met die nasionale Dept. van Kuns en Kultuur om die benaming Anglo-Boere-oorlog (ABO) te verander na die “Suid-Afrikaanse Oorlog”. Die aankondiging is sopas gedoen met die bekendstelling van die uitgebreide Gedenkmuur en Tuin van Herinnering wat op die terrein tussen die Oorlogsmuseum en die Vrouemonument gebou is.
Op die gedenkmuur is die name aangebring van 51 970 mense wat in die ABO in Britse konsentrasiekampe gesterf het – na bewering 27 927 blankes en sowat 24 000 swartes. Op die gedenkplate op die muur word die oorlog in Afrikaans, Sotho en Engels aangedui as die “Suid-Afrikaanse Oorlog”.
Van die kritiek op die herbenaming is dat dit in werklikheid ‘n verklaarde oorlog was tussen die Britse regering en die regerings van die Zuid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaatse Republiek, met laasgenoemde twee wat gereageer het op die eensydige agressie van die Britse Ryk teen hul onafhanklikheid. Daar word voorts daarop gewys dat hoewel swart mense ook slagoffers in hierdie stryd was, dit slegs die Britte was wat hulle in ‘n gevegshoedanigheid aangewend het en nie die Boeremagte nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV