adendorff bannier

In ‘n mediaverklaring sê die FAK: “Afrikaans dans op die note en lirieke van die FAK-Sangbundel en om dit met n splinternuwe baadjie uit te gee, getuig van die lewenskragtigheid van Afrikaans, veral in n tyd waar ons taal op vele terreinne op die kantlyn geskuif word. Geslagte Afrikaanse kinders het met die FAK-Sangbundel grootgeword en om hierdie rede is ou liedjies steeds gewild. Teen hierdie agtergrond het die FAK  die enorme taak aangepak om ‘n tweede druk van die FAK Sangbundel Volume II uit te bring met omvangryke hersiening. Die eerste FAK-Sangbundel is in 1937 uitgegee met 314 liedere, terwyl in 1961 die tweede, hersiene Nuwe FAK-Sangbundel onder hoofredakteurskap van Dirk de Villiers verskyn het met n bykomende 74 liedere. In 1979 het ‘n derde sangbundel die lig gesien met toevoeging van nuwe Afrikaanse liedjies wat oor die afgelope 40 jaar deel van die Afrikaanse musiekerfenis geword het. Uiteindelik kon die FAK in 2012 die nuwe FAK-Sangbundel Volume II uitreik, met bykomend 400 nuwe Afrikaanse liedjies wat geskryf is sedert 1979. Nuwe kategorieë sluit o.a. in: immergroen en populêr, kleinkuns, kinderliedjies, geestelike liedjies, tradisionele liedjies; kunsmusiek en koormusiek. Die bundel bevat ook ’n rubriekindeling, ’n register van liedere se titels en eerste reëls. In die jongste bundel maak kunstenaars soos Chris Chameleon, Anton Goosen, Anneli van Rooyen, Coenie de Villiers, Laurika Rauch, Bok van Blerk en selfs die Heuwels Fantasties bydraes. FAK-Sangbundel Volume II, druk twee, is beskikbaar by Proetea Boekhuis en uitgesoekte boekwinkels. Vir meer besonderhede, kontak Johan Jansen van Vuuren by 012 301 1777 of 083 265 5533 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor Banier web

wow kitsblits