Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Afrikaans in howe gekniehalter

In 'n mediaverklaring skryf HNP-leier Andries Breytenbach soos volg: “Dit is nie net die regering wat Afrikaans probeer vernietig nie. Die regsprekende gesag veg sy aan sy met hom teen ons taal en kultuur. Wanneer dit hulle pas, beroep die spul huigelaars hulle op die SA Grondwet, maar wanneer hulle die Afrikaner wil verkleineer, verdruk en vertrap, kan die Grondwet met sy kastige waarborge ewe gerieflik geïgnoreer word. “Mongoeng het mos reeds uitspraak gelewer dat ‘any reliance by white South Africans, particularly white Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history finds no recognition in the Constitution’. Saamgelees met die uitspraak, maak besluite soos die onderhawige ‘n klug van Mongoeng se uitspraak dat ‘The African world-outlook that one only becomes complete when others are appreciated, accommodated and respected, must also enjoy prominence in our approach and attitudes to all matters of importance in this country’. “Maar natuurlik is miskenning van Afrikaans nie vir dié Afrikanerhater ‘n ‘matter of importance’ nie, want in sy oë is die Boere-Afrikaner nie deel van die ‘others’ wat waardeer, geakkommodeer en gerespekteer moet word nie. Tog ironies dat dié hoofregter die imperialis, lord Charles Somerset, wat twee eeue gelede ook Afrikaans uit die howe geban het, so na-aap! “Sy houding vindikeer ons volk se verwerping van die heersende grondwetlike bedeling waarin ons die vyandskap van die vreemde owerheid en sy vennote moet verduur, en ons aandrang op selfbeskikking. Intussen kan by gerus bedink dat werklike of vermeende onregte van die verlede nie goed gemaak kan word deur die pleeg van nuwe onregte in die hede nie. Dit blaas net haat aan.”
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Plan met staatsdienspensioene vir SAL... http://fb.me/204dbBDY0     Raubex gee honderde miljoene vir SEB... http://fb.me/27JlwMQ62     Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind... http://fb.me/1v6TBHWIW     Stryd teen Trump en Putin... http://fb.me/1qPQAXM2Z     Trump op eerste buitelandse besoek... http://fb.me/29uFJWorW     Beoordeling van huidige situasie in SA... http://fb.me/1mziRmcXx     Energieprogram kan ontwikkeling in Bo-Karoo bepaal... http://fb.me/1md92br6Y     Reuse Christen-kerk in China gebou... http://fb.me/6CbG18UeH     Harde woorde van SARK vir Zuma... http://fb.me/26Csh1mjx     Sowat R36 miljoen vrugteloos op nuwe Vrystaatse Wetgewergebou... http://fb.me/3dQ5VLAF4        Reusevergoeding oor regstellende aksie... http://fb.me/1oH5zCik6     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8K0LjgaQm     Dohne Merinos produksieveiling... http://fb.me/5AXDqt4F4     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8Yv7VuYYg     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8EceuW9s8     Kursus in Pekan verbouing... http://fb.me/1XPGKXl1x     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/1kpQEiQEq     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/7X058faaC     Stryd om Afrikaans as hoftaal... http://fb.me/8scZR8kMs 

ATKV