ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Monochroom Reënboog: Pre-1994 bedeling

‘n Boeiende en vloeiende roman wat afspeel teen die agtergrond van die drie dekades voor die oorgang na ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika, met die titel Monochroom Reënboog het pas in boekvorm uit die pen van skrywer André Fourie verskyn. Fourie is die afgelope 13 jaar met sy gesin in Engeland woonagtig, maar sy passie vir Suid-Afrika brand hoër as ooit. Die verhaal, fiksie gebaseer op die werklikheid, word vertel deur die oë en ervaring van die hoofkarakter Abrie Cronjé en dek vanaf die dag van die sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966. Die storie word grafies vertel hoe die landsomstandighede daardie tyd, met treinry, inryteater, Spiekeries se sportuitsendings, sportboikotte, Bosoorlog, ens. daaruit gesien het. Enkele woordkeuses word gebruik wat mag ontstel en vandag nie polities korrek is nie, maar dit weerspieël die karakter van die Afrikaner van die tyd wat met foute en al nogtans van Suid-Afrika ‘n land gemaak het waarop met reg trots kon wees en wat allesbehalwe so sleg was as wat kritici dit deesdae maak. Die boek is nie polities nie, maar bloot ‘n werklikheidsgetroue sout-van-die-aarde verhaal. Die boek met ISBN nr 10:1507659393, is beskikbaar by Amazon, Protea en Exclusive Books. Ook as e-boek beskikbaar by Leserskring of kan bestel word by Desiré Hurst by 012 345 5541 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Foto: Andre Fourie De Camp Courant: Besonders oor ABO-konsentrasiekampe ‘n Besonderse boek ter herdenking van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 – 1902 onder die titel De Camp Courant is pas gepubliseer. Die boek is ‘n samestelling van die 16 uitgawes van De Camp Courant wat vanaf Augustus 1998 tot 2003 – dus voor, tydens en na die 100-jarige herdenking in 2001 - ter ere van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe deur ‘n reëlingskomitee onder voorsitterskap van wyle mev. Lucia van den Berg uitgegee is. In die uitgawes word verhale uit die ABO vertel wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Dit alles is nou in ‘n boek deur Gerrie van der Walt van Bloemfontein saamgevat en ‘n beperkte aantal eksemplare gepubliseer. Die boek, ‘n ware Africana, kan bestel word @ R140 by Gerrie van der Walt by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 051 446 3975 of 083 380 5277.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge