ditsem website banner no 1 2017

-►ANN7 DStv en New Age koerant deur Manyi vir R450 miljoen verkoop aan blanke hater -►DA sê kernooreenkoms is sopas bewys as deel van Zuma staatskaping -►NWU Fakulteit van Ingenieurswese lewer unieke sonaangedrewe motor -►R30,4 million people in South Africa of 55% live in poverty – Stats SA -►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Opspraak-wekkende nuwe boeke

Pas het drie nuwe boeke met opsienbare politieke inslag verskyn en wat elk merkwaardige insig verskaf oor die terreine wat gedek word. Die eerste is van die geskorste hoof van die Valke in KZN, genl.-maj. Johan Booysen - nog nooit skuldig bevind nie - waarin opspraakwekkende getuienis aan die lig gebring word oor die web van nepotisme en korrupsie wat tans in SA wetstoepassingsagentskappe opereer. Getiteld Blood on their hands – Genl Johan Booysen reveals his truth, is die boek ‘n onverskrokke weergawe van hoe polities gekook is om van sleutelpersone soos Vusi Pikoli, Mxolisi Nxasana, Glynnis Breytenbach, Anwa Dramat, Shadrack Sibiya, Robert McBride en Johan van Loggerenberg wat nie binne die web inpas nie, uit die stelsel te werk. Die tweede is van twee voormalige senior amptenare van die SA Inkomstediens (SARS), Johan van Loggerenberg en Adrian Lackay en getiteld Rogue – The Inside Story of SARS’s Elite Crime-busting Unit. Dit is die verhaal van hoe ‘n gespesialiseerde ondersoekeenheid binne SARS misdaadsindikate soos dwelmvervaardigers en pêrlemoensmokkelaars, asook talle hoë profiel belastingontduikers aan die pen laat ry het. Dit is egter slegs die spreekwoordelike ore van die seekoei en die boek verskaf opsienbare insig oor die huidige politieke stryd tussen die Zuma-faksie en Minister van Finansies Pravin Gordhan. Derdens het die oud-Zimbabwêr Hannes Wessels pas sy oogoopmakende boek A Handful of Hard Men, The SAS and the Battle for Rhodesia bekendgestel. Dit vertel die heroïese verhaal van die destydse Rhodesiëse Special Air Service Regiment oftewel, wat in die Rhodesiëse bosoorlog nie hul gelyke gehaad het nie en inderdaad die oorlog gewen het – ‘n oorlog wat egter op diplomatieke en politieke gebied verloor is. Aldrie hierdie boeke kan maklik m.b.v. Google op die Internet opgespoor word.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits