Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Afrikaanse boeke oorheers publikasietoneel

Afrikaanse boeke is besig om die publikasietoneel van nuwe boeke in SA te oorheers en dit val saam met ‘n algemene bloeitydperk van gepubliseerde boeke in die land. Waar algemene boekhandelaars in 2004 net meer as 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse boeke kon verkoop, het hulle in 2015 amper 3,8 miljoen Suid-Afrikaanse boeke van die hand gesit. In 2004 was net 22% van die plaaslik gepubliseerde boeke Afrikaanse boeke (teenoor 77% in Engels). Teen 2015 het die omset van Afrikaanse boeke tot 49% van die totaal toegeneem, teenoor die aandeel van Engelse boeke wat tot 50% afgeneem het. Die toptien-boeke in die kategorie volwasse fiksie is almal Afrikaanse boeke. Ook in die geval van kinderboeke is die toptien-boeke almal in Afrikaans. Van die toptien boeke in die kategorie volwasse nie-fiksie is ses uit die tien Afrikaanse boeke. Verlede jaar is 890 nuwe Afrikaanse boeke gepubliseer teenoor 1 117 in al die ander tale (Engels ingesluit). Volgens die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (Pasa) se “Annual Book Publishing Industry Survey” is altesaam 1 999 nuwe Afrikaanse gedrukte en e-boeke in 2014 in Suid-Afrika gepubliseer, teenoor 1327 in Engels en 546 in die nege Afrika-tale. Hierdie syfers kom uit ‘n artikel Goeie syfers spreek boekdele deur Nicol Stassen van Protea Boekhuis in Volksblad van 8 Oktober 2016. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Plan met staatsdienspensioene vir SAL... http://fb.me/204dbBDY0     Raubex gee honderde miljoene vir SEB... http://fb.me/27JlwMQ62     Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind... http://fb.me/1v6TBHWIW     Stryd teen Trump en Putin... http://fb.me/1qPQAXM2Z     Trump op eerste buitelandse besoek... http://fb.me/29uFJWorW     Beoordeling van huidige situasie in SA... http://fb.me/1mziRmcXx     Energieprogram kan ontwikkeling in Bo-Karoo bepaal... http://fb.me/1md92br6Y     Reuse Christen-kerk in China gebou... http://fb.me/6CbG18UeH     Harde woorde van SARK vir Zuma... http://fb.me/26Csh1mjx     Sowat R36 miljoen vrugteloos op nuwe Vrystaatse Wetgewergebou... http://fb.me/3dQ5VLAF4        Reusevergoeding oor regstellende aksie... http://fb.me/1oH5zCik6     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8K0LjgaQm     Dohne Merinos produksieveiling... http://fb.me/5AXDqt4F4     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8Yv7VuYYg     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8EceuW9s8     Kursus in Pekan verbouing... http://fb.me/1XPGKXl1x     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/1kpQEiQEq     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/7X058faaC     Stryd om Afrikaans as hoftaal... http://fb.me/8scZR8kMs 

ATKV