ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Dit is 'n onverbiddelike stryd – die stryd van nasionalisme vs. eenwêreldstaat. Die mensdom is deur God geskape in verskillende maar gelykwaardige volks- en nasionale identiteite, maar die Bose wil die mensdom saamdruk in 'n grys identiteitlose massa sodat hy die wêreld kan beheer.

Dit is dus die stryd tussen 'n natuurlike nasionale identiteit en die kunsmatige sg. Nuwe Wêreldorde (NWO) oftewel Illuminati oftewel Internasionale Geldmag. Hieruit spruit huidig in die wêreld die stryde van die Kataloniërs, die Koerde, die Britte, die Tibetane, die Vlaminge, nasionalistiese Amerikaners, ens., ja, ook van regsinnige Afrikaners.

Tans is Katalonië 'n prima voorbeeld: Die vreedsame versugting van 'n homogene nasionalistiese volksgroep om net hulself te regeer, word met geweld en teen beskaafde norme vir reg en geregtigheid onderdruk, sê die NWO reguit hulle gaan onafhanklikheid nie erken nie en dreig hulle selfs om die Kataloniese leier te vermoor.

Nog 'n voorbeeld is pres. Donald Trump – sonder om al sy optredes te probeer vergoeilik, is dit duidelik dat hy met sy beleid van “America first” reëlreg ingaan teen die NWO met hul bose planne. Daar is derhalwe 'n verbete aanslag om van hom ontslae te raak – kyk gerus hoe NWO-media soos die TV-kanale CNN en BBC gif spoeg teen hom.

Die lyne is dus getrek en ook Afrikaners sal vir hulself persoonlik moet besluit aan watter kant hulle hulself skaar.

Die afgelope paar dae was president Donald Trump op opspraakwekkende wyse deurmekaar met twee verskillende Midde-Oosterse lande, nl. Turkye en Iran.

Wat Turkye betref het Trump uit vergelding omdat 'n Turkse beampte in diens van 'n Amerikaanse konsulaat in Turkye deur die veiligheidsdiens gearresteer en ondervra is vir beweerde anti-regeringsoptrede, visumdienste by Amerikaanse konsulêre en diplomatieke kantore in Turkye opgeskort. Dit beteken in effek Turke kan nie meer vryelik na die VSA reis nie.

Betrekkinge tussen die twee lande is tans op 'n laagtepunt en is verder verswaar deur 'n opmerking van Trump dat “it looks as if Turkey is on the side of ISIS.” Baie Amerikaners meen Trump het daarmee 'n lang versweë waarheid blootgelê.

Sover dit Iran aangaan, het Trump in 'n beleidstoespraak by die Withuis sterk standpunt ingeneem teen die wat hy noem diktatuur in Iran en gesê dat die veelparty ooreenkoms wat verlede jaar met Iran gesluit is oor sy kernprogram, die “worst deal is America has ever entered into”. Hy het verklaar dat hy weier om die ooreenkoms namens die VSA te sertifiseer, hoewel hy kort gestop het om die ooreenkoms heeltemal op te sê.

Terwyl meer as 90% van stemme uitgebring in die Kataloniese referendum ten gunste was van afstigting van Spanje en onafhanklikheid, word ongelooflike druk op Kataloniërs geplaas om nie op hul eie te gaan nie. Eers het die Spaanse polisie ongekende geweld toegepas op vreedsame kiesers, hul stemlokale gesluit en stembusse gekonfiskeer en daarna het die Spaanse regering gedreig om die outonome status van Katalonië op te hef, sou hul leiers eensydige onafhanklikheid uitroep, wat hulle egter tot dusver nog nie gedoen het nie.

Katalonië met sy 7,5 miljoen inwoners en eie geskiedenis en kultuur, is die rykste provinsie van Spanje met 'n bydrae van 20% tot die BNP.

In verdere druk op Kataloniërs, het Frankryk en die Europese Unie gesê hulle sal nie onafhanklikheid vir Katalonië erken nie, terwyl 'n Spaanse regeringswoordvoerder gesinspeel het dat in geval van onafhanklikheidsverklaring die Kataloniese leier Carles Puigdemont vermoor kan word. Dit is duidelik dat hierdie uitdrukking van vreedsame nasionalisme deur die mense van Katalonië ten alle koste deur die Nuwe Wêreldorde (NWO) met hul strewe na wêreldbeheersing teengestaan word.

Volgens die World Nuclear Assosiation (WNA) stel, benewens Suid-Afrika, die volgende lande in Sub-Sahara Afrika aktief belang om kernkrag vir hul energiebehoeftes aan te skaf: Ghana, Kenia, Namibië, Nigerië, Senegal, Tanzanië, Uganda en Zambië. Van hierdie lande is reeds deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) geïnspekteer ten einde vas te stel of hul infrastruktuur geskik is vir die vestiging van kernkragsentrales.

Van die ander verwikkelinge in hierdie verband is dat die Russiese kernkragagentskap Rosatom beoog om 'n Sentrum vir Kernwetenskap en -tegnologie in Zambië te vestig, terwyl Kenia ten doel het om 'n 1 000 MW kernkragsentrale gevestig te hê teen 2027. Die oorhoofse doel is om d.m.v. kernkrag die opwekking van elektrisiteit af te bring na 'n lae koolstofenergievlak.

Verskeie diamante groter as 100 kt is gedurende die eerste helfte van vanjaar by die Letseng Diamantmyn in Lesotho uitgehaal. Die oopgroefmyn in die Malutiberge bestaan uit twee kimberlietpype 200 m van mekaar af.

Die myn is een van die grootste van sy soort in die wêreld en verskaf werk aan ongeveer 1 600 mense, waarvan 97% Lesotho burgers is. Die myn, wat aan die internasionale maatskappy Gem Diamonds behoort, het 'n geraamde lewensduur tot 2038.

Die huidige diamantprys is $2 000 - $2 500 per kt. Die slyp, sny en polering van die diamante uit die Letseng Myn word by die aanleg van Gem Diamonds in Antwerpen, België, gedoen.

15 Oktober is wêreldwyd gevier as Handwasdag en waartydens die fokus spesifiek geval het op die higiëniese voordele van gereeld hande was. In SA word die veldtog in hierdie verband deur die Waternavorsingskommissie (WNK) gedryf.

In 'n mediaverklaring wys die WNK daarop dat daar skadelike sowel as skadelose bakterieë oral aanwesig is en 'n belangrike manier om inname van skadelike bakterieë te voorkom, is om gereeld hande te was. 'n Mens, veral kinders, kom daagliks in ontelbare situasies waar skadelike bakterieë aan die hande kom en die beste wyse om inname deur die mond of selfs infeksies van die oë, neus en ore te voorkom, is om gereeld hande te was.

Dit is 'n eenvoudige konsep, maar noodsaaklik vir die bevordering van gesondheid en die voorkoming van siektetoestande. Mense word aangemoedig om logies met die onderwerp om te gaan en veral te sorg dat nadat hulle geld gehanteer het of in openbare plekke was wat as “vuil” geklassifiseer kan word, hul hande te was. Dit geld veral voordat geëet word, maar ook voordat in die bed gekruip word of ander menslike interaksies uitgevoer word.

Navorsing het getoon dat meer as 80% van kinders verlede jaar 'n professionele gesondheidskundige besoek het a.g.v.'n gewone infeksie, iets wat andersins deur verstandige higiëne voorkom kon gewees het. Voorts het navorsing aan die lig gebring dat daagliks meer as 2 000 kinders wêreldwyd aan diarree sterf, terwyl bereken word dat gereelde hande was ‘n miljoen sterftes per jaar wêreldwyd kan voorkom.

Vir meer besonderhede en goeie wenke, besoek www.wrc.org.za.

Die wat bestempel word as die grootste kunsmuseum ter wêreld, is pas in die V&A Waterfront in Kaapstad geopen, met die tema Kuns van Afrika en sy diaspora. Dit staan bekend as die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa en het tot stand gekom met die omskepping van 100 jaaroue konkreet graansilo in 'n ultramoderne museum teen 'n koste van sowat R500 miljoen.

Die museum beskik oor 6 000 m2 vertoonruimte, 100 galerye, 'n daktuin, 'n boekwinkel en 'n restaurant met kroeg. Persone onder 18 het gratis toegang tot die museum dwarsdeur die jaar.

Soos die afgelope ses jaar, beplan Ditsem Nuus om vir vanjaar weer ‘n Kalender van Geloftefeeste op te stel van waar dit ookal in die wêreld gehou word. Deur die jare het die Kalender, met sy basiese programbesonderhede en kontakdetail, gegroei tot ‘n projek wat inslag vind onder Afrikaners en uitstekend ondersteun word. In 2013 is in die Kalender 109 Geloftefeeste landswyd gelys, in 2014 is 125 Geloftefeeste gelys (waarvan een te London en een te Christchurch), in 2015 is 139 Geloftefeeste gepubliseer en verlede jaar 150 Geloftefeeste.

Hiermee die skakel na die volledige 2016 Geloftefeeskalender. Die Kalender verskyn ook op die Facebook-blad wat vir die Geloftefees geskep is, asook op www.ditsem.net.

Die ervaring het getoon dat die Geloftefeeskalender tasbaar bydra om Afrikaners opnuut bewus te maak van die Gelofte en die nakoming daarvan, asook om hulle aan te moedig om 'n Geloftefees naby hulle by te woon. Die Geloftefeeskalender vir vanjaar sal DV in die gedrukte formaat van die Desember 2017 uitgawe van Ditsem Nuus gepubliseer word, asook in die aanlyn weergawe van die koerant, terwyl, soos in die verlede. interaktiewe skakels na die Kalender weer geplaas word op al die aanlynforums van Ditsem Nuus.

Indien kennis gedra word van ’n Geloftefees wat moontlik nog nie in die Kalender opgeneem is nie, kan die basiese besonderhede deurgegee word aan Retha by Ditsem Nuus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 081 719 9390.

Ten einde die publikasiekoste van die Kalender te help dra, verwelkom Ditsem Nuus borgskappe van welwillende instansies of persone – enige iets van R500 tot R7 000 vir ’n volblad. Erkenning word in die Kalender aan borge gegee met logo en kontakbesonderhede, soos gesien kan word in die 2016 Kalender, terwyl ‘n elektroniese kopie van die Kalender ook voorsien word aan borge vir gebruik en verspreiding na goeddunke. Die kontakbesonderhede vir borgskappe is dieselfde as hierbo genoem.

Volgens die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap (IEA) is sonkrag die energiebron wat wêreldwyd die vinnigste groei – van die 165 GW hernubare energie wat in 2016 opgewek is, was ongeveer die helfte van die projekte met sonpanele toegerus, wat sowat 74 GW opgewek het. Meer as die helfte van laasgenoemde syfer is in China opgewek.

Tussen 2011 en 2016 het China sy kapasiteit vir hernubare energie met 318 GW vergroot. Daarenteen wek Afrika en die Midde-Ooste veel minder hernubare energie op – tussen 2011 en 2016 is kapasiteit met slegs 16 GW vergroot, maar daar word verwag dat in die volgende ses jaar sowat 37 GW meer bygevoeg gaan word. Denemarke sal na verwagting teen 2022 die markleier wees met bykans 70% van sy energie wat van hernubare bronne gaan kom.

By die onlangse Gauteng Infrastruktuur Beleggingskonferensie het premier David Makhura gesê die provinsie kort R1,8 triljard om sy infrastruktuur op te gradeer na die standaard waarop dit behoort te wees. Vir sowat 412 infrastruktuur projekte wat oor die volgende 15 jaar vir Gauteng beplan word, word R1,6 triljard benodig, terwyl nog R2 miljard deur die provinsiale regering benodig word.

Makhura het daarop gewys dat Gauteng sowat 35% bydra tot die BNP en volgens hom behoort Gauteng die leiding te neem vir die algemene ekonomiese herstel van SA.

Die Industrial Development Corporation (IDC) het bekendgemaak dat sy portefeulje vir goedgekeurde befondsing van projekte vanjaar die rekordbedrag van R15,3 miljard beloop. Daarby is die IDC op koers om sy portefeulje by 2020 na R100 miljard te vergroot.

Baie van die IDC projekte is in die hernubare energiesektor. Die IDC het in die jongste finansiële jaar 'n wins van R2,2 miljard getoon – heelwat beter as die R223 miljoen vir die vorige finansiële jaar.

Voorts het die IDC 83 transaksies ten totale bedrag van R4,7 miljard vir swart nyweraars uitbetaal – 'n 63% styging op die syfer vir die vorige jaar. Die teikenbedrag vir SEB in 2018 is R7,4 miljard.

Honderde ontstelde Transnet-pensioenarisse het verlede Woensdag op Kerkplein in Pretoria bymekaargekom en meer inligting geëis oor hul hofsaak teen Transnet en om uit te vind wat deur die Parlement gedoen word om hul haglike finansiële situasie te beredder. Die byeenkoms is toegespreek deur adv. Anton Alberts, Parlementêre woordvoerder van die VF Plus oor Vervoer en het gesê dat nie Transnet of die regering enige simpatie met die pensioenarisse het nie, ondanks tekens van ʼn skikkingsooreenkoms.

Vroeër het die Parlement ná openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, nl. die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF) met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal kan word. Die totale bedrag betrokke kan tot R3,2 miljard beloop.

Sedertdien het dit die afgelope naweek aan die lig gekom dat die Gupta maatskappye Regiments Capital en Trillian alreeds op 'n manier geskep het uit die Transnet pensioenfondse – 'n totale bedrag op hierdie stadium van sowat R500 miljoen word genoem.

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Bladsy 1 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge