Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Koershou in ‘n deurmekaarwêreld

12983954_10207575301555390_5835676998535452242_o.jpg

Foto’s - flitse van kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur = KAN in die
Voortrekkerbeweging

girls_no_red.jpg

Prioriteite.jpg

4-1024x769.jpg

12961429_10207575431038627_32541995121341972_o.jpg

Die Voortrekkerbeweging is in die eerste drie dekades van die 20ste eeu gebore uit 'n besef dat die Afrikaner midde-in 'n oorlewingstryd op maatskaplike, ekonomiese en politieke terrein slegs 'n sinvolle hede en toekoms kan skep indien daar ook op 'n praktiese wyse omgesien kan word na die lewensvaardighede van sy skoolgaande jeug. Dit het gelei tot die stigting van die Voortrekker-beweging in 1931 te Bloemfontein op inisiatief van CF Visser, met die spesifieke doel om die Afrikanerjeug op 'n vrye Christelike grondslag te posisioneer, met verbinding aan hul trotse Afrikaner-erfenis en met gerigtheid op eietydse uitbouing daarvan. Heel gepas is Hou koers as die amptelike leuse aanvaar.
Tot eerste hoofleier is die gerespekteerde dr. NJ van der Merwe verkies, terwyl Die Voortrekkers organisatories in vyf gebiede ingedeel is, nl. Kaapland, Vrystaat, Transvaal, Natal en Suidwes-Afrika (later Namibië), wat elk weer in kommando's opgedeel is.
Die Voortrekkers het van meet af aan hul eie identiteit ontwikkel, met eiesoortige uniforms, kentekens, range, hiërargiese struktuur en toekennings – alles gegrond op dissipline, vrye assosiasie, spanwerk en doelgerigtheid. Voorts het aspekte soos buitelugaktiwiteite, kampe, samesang, spoorsny, omgewingsoriëntering, Bybelvasvra, kampvuurkonserte, kultuur-kennis, kosmaak, lewensvaardighede en meer, kenmerkend van die beweging geword.
In 1939 het Die Voortrekkers die plaas Doornkloof in die distrik Lindley, oorspronklik die eiendom van Voortrekkerleier Sarel Cilliers, as hoofkwartier aangekoop. Gedurende die 20ste eeu was die geskiedenis van die Voortrekkers ten nouste verbind met dié van die Afrikaner en is bv. gedeel in hoogtepunte soos die eeuherdenking van die Groot Trek in 1938, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria in 1948 en Republiekwording in 1961.
Ter aanpassing by die nuwe grondwetlike bedeling in die land, het Die Voortrekkers tydens hul 1993-kongres besluit dat ras nooit weer die maatstaf vir lidmaatskap sou wees nie, maar vrye vereenselwiging met die identiteit en waardes van die Afrikaner. Hierdie riglyn staan steeds soos 'n paal bo water.
In die 21ste eeu het Die Voortrekkerbeweging sterk herleef en kon met die vierjaarlikse nasionale kongres 13-14 Julie 2017 te Bloemfontein gewys word op nuwe hoogtepunte, soos rekordledetal, die herinstelling van 'n struktuur vir Natal, 'n moderne en uitgebreide kommunikasienetwerk en bruisende geesdrif vir Afrikaner-identiteit. In sy openingsrede by die kongres, gehou in die Grey Kollege Reüniesaal, het die hoofleier dr. Danie Langner die moderniteit, professionaliteit, standvastigheid, diensbaarheid, paraatheid, openheid en geloof van die hedendaagse Voortrekkerlid beklemtoon.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge