ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Orania vier kwarteeu

Geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap 40 km van Hopetown oppad na Vanderkloof, vier Orania as dorp en Afrikanergemeenskap wat ten doel het die vestiging van ‘n Afrikanervolkstaat, vanjaar sy 25ste bestaansjaar.

Die geskiedenis van die Orania-konsep strek terug na 1991 toe ‘n private maatskappy op inisiatief van prof. Carel Boshoff die voormalige dorpie van die Dept. van Waterwese gekoop het. Laasgenoemde het die dorpie in die sewentigerjare gebou vir sy destydse werknemers aan die PK le Rouxdam (nou bekend as Vanderkloofdam) en kanaalstelsel.

In 1991 het Orania bestaan uit hoofsaaklik monteerhuise, ‘n gemeenskapsentrum, skoolgeboue, ‘n hospitaal, swembadkompleks en ander gemeenskapsfasiliteite, tesame met strate, elektrisiteit en ander infrastruktuur. Die grondgebied wat aangekoop is het in totaal ongeveer 1 500 ha beslaan, waarvan 440 ha geproklameer is en 1 200 ongeproklameer.

Die vestiging van ‘n Afrikanergemeenskap was ‘n pioniersproses, veral wat betref toepassing en handhawing van die beginsel van slegs eie arbeid. Daar was uiteraard suksesse en mislukkings, met inwoners wat gebly het en ander wat gekom en gegaan het.

Desnieteenstaande het ontwikkeling op verskillende terreine geleidelik plaasgevind en huidig uit ‘n totale inwonertal van 1 200 is daar ‘n sterk gevestigde komponent wat plaaslike ontwikkeling dryf. Al meer besighede spring op, skoolgetalle neem toe, woonhuise word gebou en infrastruktuur brei uit.

Geleë op private grond, word Orania in die praktyk bestuur deur ‘n Dorpsraad, wat verantwoording doen aan die direksie van Vluytjieskraal Aandeleblok (VAB). Al die munisipale dienste van ‘n normale dorp word gelewer, maar wat Orania tans van die meeste ander munisipaliteite in die land onderskei, is dat dit finansieël gesond is en oor geen skuld beskik nie. Die Dorpsraad ontvang geen staatssubsidie nie.

Die afgelope jare het private individue plaasgrond aangrensend aan die dorpsgrond van Orania stuksgewys aangekoop sodat daar tans ook ‘n groter Oraniagebied is.

Wat van kernbelang van die konsep van Orania is, is dat dit in wese gebaseer is op Afrikanervolkskap en nie op ras nie. Die uitgangspunt is dat Orania ‘n eie tuiste is vir spesifiek die Afrikaner en almal wat met sodanige volkskap identifiseer. Orania diskrimineer nie op grond van velkleur nie, maar differensieër wel aan die hand van die gegewe etnisiteit van die mensdom.

Om dus die reg van Orania op Afrikanerskap te wil ontsê, is om te probeer om die reg van Britte op Britanje, die reg van Duisers of Duitsland, die reg van Chinese op China, die reg van Tswanas op Botswana, die reg van Xhosas op die Transkei, ens., te ontsê.

In hierdie oorsig oor Orania vier kwarteeu val die soeklig op enkele hedendaagse tersaaklike aspekte.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge