Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Opspraakwekkende nuwe inligting oor die Anglo-Boere-oorlog (ABO) het aan die lig gekom uit resente navorsing van die Potchef-stroomse Universiteitsargivaris Celesté Reynolds en die Amerikaanse sendeling-navorser eerw. Stowell Kessler en wat gepubliseer is in die boek Konsen-trasiekampsterftes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899 - 1902.
Reynolds het bevind dat daar minstens 32 712 wit slagoffers was waarvan sy die name en ander persoonlike besonderhede kon vind. Voorheen is die Britse militêre kampsyfers van 27 000 wit slagoffers as korrek aanvaar. Haar syfers toon die aansienlike verskil van meer as 5 500 wit slagoffers.
Voorts het dit aan die lig gekom dat daar minstens 21 000 swart en bruin slagoffers was wat voorheen geen vermelding in geskiedenisboeke en ander kampverslae gekry het nie.
Terwyl die Britse militêre registers 49 konsentrasiekampe aangetoon het, het Kessler en Reynolds bevind daar was altesame 124 kampe. Daarvan was 59 kampe vir wit burgerlike gevangenes en hul huisbediendes wat saam deur die Britse soldate en hul swart en bruin helpers (30 000 van hulle was bewapen) opgeruim is, terwyl 65 kampe vir swart en bruin burgerlike gevangenes gebruik was.
Die Britte het meer as 30 000 plaasopstalle afgebrand, terwyl die boorde, wingerde en landerye verwoes en miljoene stuks vee doodgemaak is. Karkasse is in damme, putte en ander waterbronne gegooi om drinkwater te vergiftig.
Altesame 160 000 wit mense, meeste vroue en kinders, is gevange geneem en onder ellendige omstandighede in die kampe saamgehok. Onderweg na die kampe is beduidende getalle vroue en kinders meermale verkrag. In die kampe het meer as 22 000 kinders onder 16 jaar gesterf.
In die Republiek van die Oranje-Vrystaat is 43 594 bruin mense in kampe opgehok, terwyl in die Vrystaat, Natal en die Transvaalse 75 819 swart mense deur die Britte gevange gehou is. Van die swart en bruin mense wat in die konsentrasiekampe gesterf het, kon van net 1 339 die name en herkoms vasgestel word. Die Britse militêre het eenvoudig geen identifikasiestelsel vir hierdie kampslagoffers in werking gestel nie.
Reynolds se databasis, wat Kessler se statistieke en identifikasies insluit, toon dat altesame 34 051 wit, bruin en swart kampslagoffers positief geïdentifiseer kon word deurdat hul name, plekke van herkoms, geboorte- en sterftedatums, en oorsaak van dood in registers aangeteken was, of dat hulle op ander maniere uitgeken kon word.
Reynolds het die nuutste rekenaartegnologie gebruik om toevallige dupliserings en ander onjuishede te kon identifiseer sodat sover moontlik foute uitgeskakel kon word. Haar navorsing is in 'n MA-verhandeling vervat wat sy cum laude verwerf het.
Haar geïllustreerde boek met hierdie navorsing, getiteld Konsentrasiekampsterftes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, is deur die FAK uitgegee. Dit word deur Protea-Boekhuis in Pretoria en Stellenbosch versprei.
‘n CD-ROM met die kampgegewens daarop is by elke boek ingesluit. Dit kan op enige tuisrekenaar oopgemaak word sodat lesers die name en ander besonderhede van mense wat in die kampe omgekom het, kan nagaan.
Dit is die eerste keer dat so 'n genealogiese opname oor kampslagoffers van die Anglo-Boereoorlog bekostigbaar en gebruikersvriendelik gepubliseer word.
Navrae aan Reynolds by tel 083 455 8565 of e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Bestel die boek by Protea-Boekhuis in Pretoria of Stellenbosch by www.protea boekhuis.com, 012 362 5663 of 1563 of 021 882 9100 of e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV

MasterCard credit cards and Visa If you apply for both